
Die toneel waar ‘n helikopter Donderdag (18 April 2019) in Centurion geval het. (Foto: Best Care-ambulansdienste)
ʼn Helikopter het Donderdagmiddag langs die Zwartkop-gholflandgoed in Centurion geval.
Luidens inligting deur Emer-G-Med het die voorval op die hoek van Ou Johannesburgweg en Ruimteweg gebeur.
Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-paramedici, is op die toneel en sê dit is blykbaar ʼn weermaghelikopter wat neergestort het. Twee mense is in die ongeluk beseer.
Een van die mans het kritieke beserings opgedoen, terwyl die tweede persoon ernstig beseer is. Hulle word tans deur die weermag per helikopter na ‘n hospitaal vervoer.
Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die oorsaak van die ongeluk is nie tans bekend nie.
Simphiwe Dlamini, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weermag, het by navraag gesê hy dra geen kennis van die voorval nie.
Motoriste is versoek om die gebied te vermy.
- (Foto: Best Care-ambulansdienste)
- (Foto: Verskaf)
- Die toneel waar ‘n helikopter Donderdag (18 April 2019) in Centurion geval het. (Foto: Best Care-ambulansdienste)
- Die toneel waar ‘n helikopter Donderdag (18 April 2019) in Centurion geval het. (Foto: Best Care-ambulansdienste)
- (Foto: Best Care-ambulansdienste)
- (Foto: Best Care-ambulansdienste)
- (Foto: Kobus van Heerden)
- (Foto: Kobus van Heerden)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
33 Kommentare
Eish. Ook opgemerk SANDF se woordvoerder dra nie kennis van die voorval nie. Politiek het niks hiermee uit te waai nie.
Lyk soos die Agusta, of is ek verkeerd ?
Ek weet nie hoekom nie, maar ek “vermoed” ook dis ‘n weermaghelikopter.
Lugmag helikopter, die weermag/leër het nie helikopters nie.
Seker so 40 miljoen plus om hom te vervang of hoe? Ek dink die een het sy laaste vlug gehad!