Foto’s: Helikopter val in Centurion

Die toneel waar ‘n helikopter Donderdag (18 April 2019) in Centurion geval het. (Foto: Best Care-ambulansdienste)

ʼn Helikopter het Donderdagmiddag langs die Zwartkop-gholflandgoed in Centurion geval.

Luidens inligting deur Emer-G-Med het die voorval op die hoek van Ou Johannesburgweg en Ruimteweg gebeur.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-paramedici, is op die toneel en sê dit is blykbaar ʼn weermaghelikopter wat neergestort het. Twee mense is in die ongeluk beseer.

Een van die mans het kritieke beserings opgedoen, terwyl die tweede persoon ernstig beseer is. Hulle word tans deur die weermag per helikopter na ‘n hospitaal vervoer.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die oorsaak van die ongeluk is nie tans bekend nie.

Simphiwe Dlamini, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weermag, het by navraag gesê hy dra geen kennis van die voorval nie.

Motoriste is versoek om die gebied te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jem ·

Eish. Ook opgemerk SANDF se woordvoerder dra nie kennis van die voorval nie. Politiek het niks hiermee uit te waai nie.

B-man ·

Ek weet nie hoekom nie, maar ek “vermoed” ook dis ‘n weermaghelikopter.

Hennie ·

Lugmag helikopter, die weermag/leër het nie helikopters nie.

Cherokee ·

Hennie, die weermag bestaan uit die leër, vloot en lugmag. Die woord is beskrywend.

Hennie ·

Ek is bewus daarvan Cherokee, dit irriteer my as mense na die leër/army verwys as die weermag. Dit is hoekom ek sé dit is ‘n lugmag helikopter.

Cherokee ·

Dankie dat jy dit uitklaar Hennie. My reaksie was op jou weermag/leër. Maar soos jyself ook uitwys, vele mense dink nie daaroor dat grondmagte, seemagte en lugmagte in geheel ons weermag is nie. My tyd het ek spandeer in die Namib se duine alhoewel ek, as daar konflik sou opduik, ‘n vragvliegtuig sal vlieg.

Boerboel ·

Seker so 40 miljoen plus om hom te vervang of hoe? Ek dink die een het sy laaste vlug gehad!

Runner ·

En soos dit vir my lyk het die fan bo nie gedraai toe hy die grond tref! Baie snaaks ne geen teken van in rotate ook nie. Beteken alles het net gestop soos n klip grond toe.

Neels ·

Darem weer n hoopie sckrap wat na Kuba gaan vir hetstel (copy )vir namaalsel

Spinning Wheel ·

What goes up must come down. Spinnin’ wheel got to go ‘round…. … Blood Sweat and Tears – 1969.

Hannalene Greyling ·

Ek het in Highveld in my huis gestaan toe n hekikopter hoor vlieg en by myself gedink wat vir n ou rammelkas. Hoop net hy val nie op ons nie.

Ma ·

Afrikaanse pilot en vlug ingeneur ook afrikaans. Hulle ht seergekry maar name word ni bekend gemaak ni om hul gesinne te beskerm. Bid asb vir hulle en hulle vrouwns en kinders. Hulle is baie ver van hulle huise af

Oom Koos ·

Teen die tempo gaan die weermag een van die dae geen helikopters oor hê nie.

grieta schutte ·

Ek wil net almal by Maroela Media n geseende passfees toe wens.Hou so aan jul doen wonderlike werk.Puik berigte en altyd “spot on “

IK ·

Augusta A109 volgens The Citizen en Dhlamini het ook intussen bygekom en sê niemand is ernstig beseer.

Koos de Meyer. ·

Hulle het laag oor ons in Doringkloof gevlieg. Dis nie ‘n vlug ingenieur nie. Die regte benaming in Afrikaans is ‘n boord tegnikus.

ChrisE ·

Die Agusta is ‘n Italiaans ontwerpte tuig. As ek dit nie mis het nie het hulle saam met die Britte se Westland groep saamgesmelt. Dit is/was op ‘n stadium een van die vinnigste helikopters in bedryf. Wat ek “gehoor” het, was die “toestande” in Suid Afrika nie baie gunstig vir die helikopter nie. (Net soos die Grippen ook nie). Daar was aanvanlik tegniese probleme met die helikopter ondervind maar is glo aangespreek. Ek dink dit was ook een van die aankope van die “wapenskandaal”.

Ma ·

Izak, ken jy die twee afrikaanse wit manne wat in die ongeluk was? Wie is jy om sommer net te besluit dat hulle waardeloos, arogant en onkundig is of verstaan ek jou verkeerd? Dit is iemand se pappa en iemand se man. Hulle is hoogs bekwaam.

George in Bloem ·

Met hierdie ouens in beheer het ons niks te vrees nie. Hier sal ‘n “ondersoek”kom wat ons nooit weer van sal hoor nie,en dan is als weer ok.Die SANDF se “woordvoerder” is bewus van alles wat aangaan hy mag ons net nie se nie……hahahahaha!…yeah right. Die vermaak wat hierdie sirkus propvol narre ons nou byna daagliks mee vermaak kan mens nie koop of op DSTV sien nie(hulle herhaal in elkgeval te veel). Dankie tog die 2 manne het nie seergekry nie. Ek dink erens is daar ‘n bekommerde tegnikus……

Basson ·

Onse weermag, Vloot, lugmag en wat ook al gaan nog taxis gebruik.

Lienkie P ·

@ma…baie sterkte vir u en die 2 manne se gesinne. Bid hulle volkome en spoedige herstel toe?

Veilig in die buurtes ·

Die goed moet nie toegelaat word om oor woonbuurtes te vlieg nie!

anton ·

Byna niks word meer instand gehou in s.a nie!!! want daar is nie meer regte ”mechanics” oor nie.
As ek enige staats vliegtuig of helikopter moes vlieg sou ek weier. Jy sit jou lewe op die spel.
Daarom vlieg ek ook lankal nie meer SAL nie! nie eers verniet sal ek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.