[Foto’s] Henri en sy meisie verskyn in hof

Henri van Breda en Daniella Janse van Rensburg in die hof  (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda en Daniella Janse van Rensburg in die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda, die man wat aangekla word van die moord op sy ouers en broer, het Woensdag saam met sy meisie in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklag van dwelmbesit.

Die staat het versoek dat die saak tot 19 Oktober uitgestel word aangesien hulle steeds op “sekere dokumentasie” wag van die verdediging. Die landdros het die uitstel toegestaan en Van Breda en sy meisie, Daniella Janse van Rensburg, se borgtog is verleng. Albei het die hofgebou vinnig verlaat.

Van Breda en Janse van Rensburg is op 5 September in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms nadat daar glo dagga in hul besit gevind is.

Henri van Breda buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Hulle het die volgende dag in die hof verskyn en Janse van Rensburg is op borgtog van R200 vrygelaat. Van Breda is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Van Breda moet ook weer op 18 November in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn waar hy teregstaan op die moord op sy ouers en broer, Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22). Hy staan ook tereg op bykomende aanklagte van poging tot moord en regsverydeling.

Van Breda (21) is op 14 Junie vanjaar op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy homself die vorige dag by die polisiestasie in Stellenbosch oorgegee het.

Die staat voer aan dat Van Breda sy ouers en broer op 26 Januarie 2015 met ʼn byl vermoor het in die gesin se huis op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch. Van Breda se suster, Marli van Breda (toe 16 jaar oud), is ook aangeval en met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas. Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

jean ·

Ek ken iemand wat met dagga in sy besit gevang is. Sommer daar in die straat is hy met R100 beboet. Sommer so. Seker ‘n minor offence. So dis vreemd dat Henri en kie in die hof moet verskyn vir besit van dagga

Marelize ·

Hy is alreeds op borgtog vir ‘n ernstige misdaad. Dis hoekom. Hy kan blywees sy borg is nie teruggetrek nie. Hoe dom moet hy wees?

Y3 ·

Jy kan nie ‘n “spot fine” kry vir besit v dagga nie, dagga is steeds ‘n dwelm middel en moet die persoon gearresteer word vir besit. Die R 100 klink vir my na ‘n afkoopboete…

verkeerd is verkeerd ·

Verkeerd is verkeerd, hulle moet maar gaan met wat die reg vereis. Jou kennis vriend wat in die straat gevang is, het waarskynlik ‘n 100.00 betaal wat nie na die staatskas toe gaan nie, wetend of onwetend maak nie saak, hy moes in die hof verskyn het, dit is nie ‘n verkeersboete. Hierdie jong man leer nie uit sy foute, verder erken die meisie alles is hare, nouja liefde is blind, ons moet maar net sien vir hoe lank. Ek is van mening dat hy haar nog in groot moeilikheid gaan bring.

Pop ·

Daar is nie n boete vir die besit van dwelms nie. Die persoon moet gearresteer word en in die hof verskyn. Dit is die wet

Piet ·

Jean, jy moet onhou dat hy uit is op borg want hy aangekla is dat hy sy mense met n byl uitgewis het. Jy is reg as jy se dis oordrewe om n gewone ou so te “nail’ vir die besit van dagga. Sou jy egter nie eerder nou wegbly van dagga af, as jy in sy skoene was nie? Die staat voer immers aan dat hy ‘n delm probleem het en dat dit in die eerste plek hierdie dade veroorsaak het.

Hexi ·

Dagga is steeds ‘n dwelmmiddel. As jy in besit v enige dwelm gevind word, moet jy ge-arresteer word. Daar is nie iets soos ‘n “spot fine” nie, dus was daai R 100 ‘n afkoop boete (bribe)…

Takkie Takuuza ·

Ek reken die saak sal uitgegooi word. Volgens die wet moet jy meer as 115 gram pappegaai-slaai in jou besit hê voor hulle aanneem dat jy gaan verkoop. Sal interesant wees om te sien wat hulle doen.

SêMaarNet ·

Ek kan nou glad nie onthou nie, maar word die meisie iewers genoem dat sy betrokke was met die moorde?

Mamparra ·

Volgens die wet moet jy meer as 115 gram pappegaai-slaai in jou besit hê voor hulle aanneem dat jy handel dryf daarmee. Sal interesant wees om te sien wat gebeur.

JB ·

Asjas, is sy definitief swanger? Ek wou se op die een foto lyk daai magie baie swanger??

Annabel Spaarwater ·

Die dogter lyk swanger. Waar is die kind se ma, en waarom kom sy nie van oorsee af en kom staan haar kind by in ten minste leiding nie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.