Foto’s: Hier is ANC se prioriteite vir 2015

Pres. Jacob Zuma en adjunkpres. Cyril Ramaphosa by die ANC se 103de herdenking in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma en adjunkpres. Cyril Ramaphosa by die ANC se 103de herdenking in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het Saterdag elektrisiteit, grond, plaaslike regering en die stryd teen korrupsie as hoogste prioriteite vir 2015 aangewys tydens die ANC se 103de herdenkingvieringe in Kaapstad.

Hy het ongeveer 40 000 ANC-ondersteuners by die Kaapstad-stadion toegespreek. “Laat ons onsself weer toewy aan die kernwaardes van die ANC, naamlik selfdissipline en diens aan die mense,” het hy gesê. “Kom ons roei lede en verteenwoordigers uit wat korrup is, verdeeldheid saai en die eenheid en kohesie van hierdie wonderlike beweging ondermyn.” Hy het gesê die ANC moet homself weer toewy aan die beginsels van die Vryheidsmanifes wat hy 60 jaar gelede aangeneem het.

“Die regering moet onthou dat ons hier is om die mense te dien; die mense is nie hier om ons te dien nie,” het hy gesê.

Die ANC het ondersteuners met busse en treine van regoor die land na die Wes-Kaap gebring ná ʼn week waar Zuma arm gemeenskappe besoek en gesê het die provinsie word deur die “verkeerde mense” bestuur.

Zuma het gesê die ekonomiese ongelykheid en minderheidsvoordeel duur voort en dat die regerende party dit sal verander en die land se middelklas, “veral die swart middelklas”, sal bevorder.

Hy het ook eenheid versoek in die verdeelde alliansie en gesê Cosatu is die “grootste strydende mag vir die regte van werkers” en gewaarsku dat dit slegs die werkgewers is wat sal baat by ʼn verdeeldheid in die arbeidsbeweging. “Ons benadruk dat die integriteit en eenheid van Cosatu ononderhandelbaar is. Ons lede het ʼn rewolusionêre plig om die integriteit en eenheid van die alliansie te beskerm.”

Hy het ook baie tyd spandeer aan die stryd teen korrupsie en gesê daar is ʼn wanpersepsie dat die ANC hoofsaaklik aanspreeklik is daarvoor. “Dit kan nie so wees nie. Dit is nog ʼn wanverteenwoordiging van feite,” het hy gesê. Hy voer aan die ANC is uniek in sy pogings om korrupsie uit te roei in die staatsdiens. “Ons kan nie toelaat dat die vlaag van korrupsie wat die samelewing verteer en ekonomiese ontwikkeling stuit, voortgaan nie.” Hy het gesê die ANC moet steeds voortgaan om korrupsie in die staat, die privaat sektor en onder sy lede uit te roei.

Oor Eskom het Zuma gesê die regering bly toegewyd om kernkrag, gas en hernubare energiebronne te ondersoek om sy steenkoolgebaseerde kapasiteit te komplementeer. “Ons land het kreatiewe en pragmatiese oplossings nodig om die verskaffing van ons elektrisiteitsbehoeftes te verseker.”

Hy het die kwessie oor grond verbind aan die geskiedkundige punte in sy toespraak, en gesê onteiening is die hart van die ongeregtighede wat Afrika-mense gely het en bygevoeg wetgewing om herverdeling te bespoedig, sal hierdie jaar ingestel word. “Ons benadruk dat die Grondwet reg is, maar erken dat die gebruik van die ‘gewillige koper, gewillige verkoper’-beleid al te lank voortduur en die uitslag is nie bevredigend nie. Ons verbind onsself daartoe dat die grond aan ons mense teruggegee sal word en die ANC beroep homself op sy regering om vinnig op te tree om die wetgewing vanjaar in plek te stel om seker te maak dat dit gebeur,” het Zuma verduidelik.

Hy het bygevoeg dat beslissende stappe gedoen sal word om verdere plaasuitsettings te verhoed en eer die arbeidsbeweging dat hy die lot van die landbouwerkers bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fanie ·

Kom ons roei lede en verteenwoordigers uit wat korrup is.
Die idioot is dan die voorbok korrupte.

Francois nel ·

Stem, die arme swaap en die breinlose idiote wat hom ondersteun leef in ‘n droomwereld

Sparkle ·

Hoeveel keer wil Zumpie nou nog korrupsie uitroei? Hierdie frase is seker teen die tyd ñ staande punt op sy lieglys. Grondhervorming is die volgende frase wat staande is op die lieglys. Hierdie is dinge wat die oningeligte kiesers wil hoor en wat lekker val op die oor. Volgende jaar se verkiesing word nou al voorberei wtend dat die tyd minder word. Na die verkiesing is dit te laat vir die oningeligtes om dan hul foutjie om te keer. So word die kiesers se liggelowigheid uitgebuit tot hul eir nadeel. As hulle hul oë oopmaak sal hulle sien dat dit nie net die blankes is wat swaarkry nie, maar hul eie mense ook.

Gerhard Bezuidenhout ·

Zuma betaal sommer eerste Nkandla se gesteelde geld terug en doen dan die eerbare ding en voertsek uit jou pos uit want jy is n verleentheid vir die land. In 21 jaar het jy en jou ANC net afgebreek en niks opgebou nie behalwe stadions wat tans wit olifante is . Ons is moeg vir n rowerbende.

Drieks ·

100% reg wat jul sé.
As pappa en mamma sleg is, sal ons kinders ons navolg.
Die ANC is in sy eie doodloop straat omdat hul aanbewind gebly het deur leuns.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.