Foto’s: Hier is dit vandag die koudste

Sneeu buite Sutherland (Foto: Elke van Wyk)

Bloemfontein het Woensdag die laagste minimum temperatuur in die hele land aangeteken, met die kwik wat hier tot -9   ̊C gedaal het. Sutherland, Vryburg en Fauresmith was kort op dié stad se hakke, met ʼn minimum temperatuur van -8   ̊C wat in elk van dié dorpe aangeteken is.

Die kouefront wat vandeesweek die land getref het, het Suid-Afrikaners regoor die land laat bibber van die koue. Minimum temperature het Woensdagoggend tot ver onder vriespunt in die meeste provinsies gedaal.

Maroela Media het vroeër berig ’n kouefront het Maandag die Wes-Kaap en die Noord-Kaap getref en het teen Dinsdag na die binneland versprei. Dit het temperatuurdalings in groot gedeeltes van die land tot gevolg.

Sneeu het ook van Maandag in hoogliggende gebiede in die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat geval. Foto’s van sneeubedekte landskappe is sedert Maandag op sosiale media gedeel.

Sneeu op die Swartberge in die Wes-Kaap (Foto: Chanel Hanekom via Reënval SA, Twitter)

Volgens Mbavhi Maliage, ʼn weervoorspeller verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), het dele in die Vrystaat, Noordwes, Oos-Kaap en die Noord-Kaap Woensdagoggend die laagste minimum temperature aangeteken.

Volgens Maliage is -7 ˚C in Bethlehem en Ficksburg, -6 ˚C in Welkom met en -5 ˚C in Kroonstad aangeteken.

In die Noord-Kaap het benewens Sutherland se -8 ˚C Kimberley -7 ˚C en De Aar -4 ˚C aangeteken.

Sneeu het ook in Rhodes, in die Oos-Kaap, geval (Foto: Theuns Jonck via SA Weather Service, Twitter)

Vryburg het die laagste minimum temperatuur (-8 ˚C) in Noordwes bereik. Verder het Klerksdorp -7 ˚C en Potchefstroom -4 ˚C aangeteken.

In die Oos-Kaap het Barkley-Oos en Jamestown ʼn minimum van -6 °C aangeteken, gevolg deur Graaff-Reinet met ʼn minimum van -5 °C en Cradock en Queenstown met -4 °C.

Inwoners in dele van Gauteng het ook diep onder hul komberse gekruip. ’n Minimum temperatuur van -4 ˚C is in Johannesburg en Bronkhorstspruit aangeteken en -3 ˚C in Irene, Pretoria. In Mpumalanga het die kwik in Standerton tot -7 ˚C en in Secunda tot -6˚C gedaal.

Sneeu buite Sutherland (Foto: Elke van Wyk)

Maliage sê die laagste maksimum temperature wat Woensdag kan verwag word, is in Sutherland (7 ˚C), Victoria-Wes (9 ˚C), en De Aar (10 ˚C) in die Noord-Kaap; Bethlehem en Fauresmith (10 ˚C) in die Vrystaat; Barkley-Oos (8 ˚C), Jamestown (9 ˚C) en Cradock (10 ˚C) in die Oos-Kaap; en Johannesburg en Vereniging (10 ˚C) in Gauteng.

Maliage sê die snerpende koue in die binneland sal na verwagting tot die naweek duur. Temperature in die noordoostelike gebiede van die land sal teen Donderdag begin styg.

Sneeu buite Sutherland (Foto: Elke van Wyk)

 

Sneeu buite Sutherland (Foto: Elke van Wyk)

Sneeu buite Sutherland (Foto: Elke van Wyk)

Sneeu buite Sutherland (Foto: Elke van Wyk)

Sneeu op die Swartbergpas digby Oudtshoorn (Foto: Dewald Esterhuizen via Reënval SA, Twitter)

Sneeu digby Ceres, Wes-Kaap, (Foto: Annemarie Schrenk via Storm Report SA, Twitter)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Barend ·

Selfs die ysbere loop hier nou so twee-twee saam vir die koue

Adam Adriaan ·

Ja as man en vrou, daar, nie nagenoeg aan mekaar lê nie dan ryp en sneeu dit tussen hulle.

Jakez ·

Hoop die boere het onthou om 2 kortbroeke aan te trek…ha ha ha!

Cherokee ·

As jou diere nie beskerm is teen die koue nie, behoort jy nie diere te hê nie. Sorg vir hulle asseblief.

Andries ·

Met motorfiets van werk gekom half ses vanoggend en die “wind chill factor” het die temp aangedui op -16. Gelukkig is daar klere vir dit maar nie pille vir domgeite nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.