Foto’s: Hier is ons nuwe Mej. SA!

Shudufhadzo Musida (Foto: Mej SA)

Shudufhadzo Musida (23) van Ha-Masia in Limpopo is Saterdagaand as die 62ste Mej. Suid-Afrika gekroon.

Die kroningsgeleentheid het vir die eerste keer in die geskiedenis van die Mej. SA-kompetisie aanlyn plaasgevind. Dit is regstreeks van The Table Bay Hotel in Kaapstad uitgesaai.

Thato Mosehle, Lebogang Mahlangu, Melissa Nayimuli, Natasha Joubert en Shudufhadzo Musida is as die top-vyf aangewys. Thato, Natasha en Shudufhandzo is hierna as die top-drie aangewys voor die kroon op Shudufhadzo se kop geplaas is. Thato is as eerste prinses en Natasha as tweede prinses aangewys.

Mej. SA se top-drie sal vanjaar almal vir die eerste keer internasionaal deelneem. In die verlede het slegs die top-twee aan die Mej. Heelal- en Mej. Wêreld-kompetisies deelgeneem, maar vanjaar sal een van hulle ook aan die Mej. Supranasionaal-kompetisie deelneem.

Sasha-Lee Olivier, wat as Mej. SA oorgeneem het nadat Zozibini Tunzi as Mej. Heelal aangewys is, het Shudufhadzo gekroon.

Shudufhadzo het tydens haar vraag-en-antwoord-sessie klem gelê op die belangrikheid van geestesgesondheid.

Shudufhadzo Musida word as Mej. SA 2020 gekroon (Foto: Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

“Ek wil die narratiewe wat daar tans oor geestesgesondheid is verander. Ons het ʼn kollektiewe verantwoordelikheid om die stigma van geestesgesondheid te verwyder en te wys hoe ons as ʼn samelewing geestesgesondheid sien. As Mej. SA sal ek ʼn verteenwoordiger wees van die skoonheid, veerkragtigheid en diversiteit wat ek in hierdie land sien,” het sy gesê.

Indien Shudufhadzo later een van die internasionale kompetisies wen, of indien sy om een of ander rede nie haar verpligtinge kan nakom nie, sal Thato by haar oorneem.

Behalwe vir die pragtige kroon ontvang Shudufhadzo ook R1 miljoen in kontant, sowel as pryse ter waarde van R2 miljoen.

Shudufhadzo ontvang ook ʼn luukse gemeubeleerde woonstel in Sandton, Johannesburg én ʼn Mercedes Benz C200. Ander pryse sluit in skoene, klere, grimering, parfuum, velbehandelings, nael- en haarsorg.

Thato ontvang as eerste prinses R250 000 in kontant en Natasha R100 000. Al 10 finaliste ontvang ook R25 000 in kontant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elsabe ·

Pragtig. Ek wens haar sukses by die volgende kompetisies. Ek persoonlik dink hul uitrustings is hierdie jaar van die mooiste ooit. Het elk hul eie ontwerper gehad, of?

Andrew ·

Indeers maak minder as 5% van SA uit, nou hoe wil jy he iemand wat minder as 5% van die land verteenwoordig moet , die land verteenwoordig.

katerinadiekat ·

Indiers wat in SA gebore is, is SA burgers. So eenvoudig soos dit.

Kompas ·

Ek wil ook graag weet. Sy was by verreweg die mooiste meisie. Uitslag baie teleurstellend.

Elise ·

Ek stem saam. Alhoewel Shudu pragtig is, was Dr Ramdev vir my die wenner.

Ruby ·

Ek stem saam, sy is absoluut pragtig, maar ek weet hulle kyk ook na ander faktore en nie net die gesiggie nie. Ramdev was my gunsteling.

nell ·

”In the eye of the beholder” maar beslis nie in my oog nie. Elke kultuur het sy eie vooropstelling van wat skoonheid is – nou hoe de drommel kan jy uit daardie roesemoes van deelnemers/kulture kies wie skoonheid/intelligensie verteenwoordig???? EN hoe hou jy politiek uit die beoordeling uit???

Blomme ·

Sy nie noodwendig die beste keuse as jy na die volle pakket kyk.. Maar sy is intelligent hoor. Sy het ń beter antwoorde op albei die vrae gegee as die van die ander 4 en toe weer by finale vraag.

Antoinette ·

Ek is verstom. Net soos met mej Heelal.
Ramdev beslis die mooiste. Sou nie een van die 3 enige kans gegee het nie as dit bloot oor skoonheid gegaan het nie.

shari ·

St was van die begin at my favourite. Het geweet sy sal heelpad gaan die oomblik toe ek haar sien.Stunning!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.