Foto’s: Historiese plaashuis in Paarl brand af

Met die brandweerspan se aankoms op die toneel was die grasdak van die plaasopstal reeds in vlamme gehul (Foto: Drakenstein Farm Watch, Facebook)

Groot kommer heers nadat nóg ʼn historiese gebou Woensdagaand in die Paarl deur vlamme vernietig is. Dié gebou was ʼn plaasopstal op die Roggeland-plaas wat uit die 1700’s dateer. Dit was glo die tweede gebou wat op dié spesifieke plaas tot ʼn puinhoop omskep is, weens vermoedelike brandstigting.

Die Paarl se brandweer het die Drakenstein-plaaswag en die Kaapse Wynland-distrik se brandweer tussen 19:00 en 20:00 na dié grasdakplaashuis in Roggelandweg in die Dal Josafat-gebied laat ontbied.

Daan van Leeuwen Boomkamp, die plaaswag se bevelvoerder, sê met hul aankoms op die toneel was die grasdak van die plaasopstal reeds in vlamme gehul.

Brandweerspanne het ongeveer twee uur lank gespook om die brand in bedwang te bring (Foto: Drakenstein Farm Watch, Facebook)

Die plaaswag het binne minute 4×4-brandweerwaens laat kom om die brand te blus. Die Paarl en Kaap Wynland-distrik se brandweerspanne het albei verskeie tenkwaens en waterpompe op die toneel gehad.

“Ons het als in ons vermoë gedoen om die vlamme te blus, maar ons kon ongelukkig nie die historiese gebou red nie. Die huis is vernietig,” sê Van Leeuwen.

Die Paarl en Kaap Wynland-distrik se brandweerspanne het albei verskeie tenkwaens en waterpompe op die toneel gehad (Foto: Drakenstein Farm Watch, Facebook)

Van Leeuwen sê die brandweerspanne het ongeveer twee uur lank gespook om die brand in bedwang te bring.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar brandstigting word sterk vermoed.”

Verlede jaar het ʼn byna 200 jaar oue historiese plaashuis op die Eben-Haëzer-plaas in die Paarl afgebrand.

Van Leeuwen sê dit is hartseer om te aanskou hoe Paarl sy historiese strukture een vir een in brande verloor. “Ons kry amper op ʼn weeklikse grondslag met brandende geboue te doen. Meestal is die brande gestig.”

Dié plaasopstal was glo die tweede gebou wat op dié spesifieke plaas tot ʼn puinhoop omskep is, weens vermoedelike brandstigting (Foto: Drakenstein Farm Watch, Facebook)

Die plaashuis is deur die brand vernietig (Foto: Drakenstein Farm Watch, Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Samuel ·

In hierdie land moet alles eenvoudig afgebrand en afgebreek word. Dit gaan seker weer oor kolonialisme?

Sandra ·

Ons land se geskiedenis word stadig maar seker vernietig. Wil Westerse voordele en luukshede hê, maar geen waardering vir diegene wat vir die ontwikkeling verantwoordelik was nie. Gaan maar aan en kyk waar alles eindig.

Hettie ·

Dit is nie toevallig dat al die historiese geboue ewe skielik aandie brand raak nie !

Misky ·

Sekere groep van ons land se mense wie se hande jeuk en nie ‘n vuurhoutjie kan los nie…..

Chris dupreez ·

En so vernietig die eff stadig maar seker alles uit die koloniale tydperk

Anoniem ·

Jip en daar gaan nog ‘n stukkie geskiedenis en nooit sal daar ‘n haan kraai oor die booswigte wat dit
veroorsaak het nie. Hulle het nie ‘n geskiedenis van hul eie nie want alles word vernietig voor dit nog behoorlk tot stand gekom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.