[Foto’s] ‘Hoë-impak-botsing’ eis vier

'n Foto van die toneel. Foto: Netcare 911

‘n Foto van die toneel. Foto: Netcare 911

Vier mense, waaronder twee kinders, is dood en ses beseer, nadat twee voertuie Vrydag op die N3-snelweg buite Harrismith in die Vrystaat gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici van Netcare 911 was omstreeks 18:30 onder weg na Johannesburg met ʼn pasiënt, toe hulle sowat 3 km buite die dorp op die ongelukstoneel afgekom het.

“Twee voertuie het trompop gebots en die een voertuig se wrak en wrakstukke wat wydverspreid op die toneel gelê het, was ʼn aanduiding van ʼn hoë-impak-botsing. Die ander wrak is ʼn ent van die pad af in die veld op sy dak aangetref,” het Botha gesê.

Paramedici het die beseerdes ondersoek. “Twee klein kinders en twee volwassenes was ongelukkig reeds dood. Drie mense het kritieke beserings opgedoen en drie is ernstig beseer.”

Paramedici van verskeie ambulansdienste het saam gewerk om die mense te stabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is.

Die polisie ondersoek die presiese oorsaak van die ongeluk.

'n Foto van die toneel. Foto: Netcare 911

‘n Foto van die toneel. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert

Spoed, spoed en nogmaals SPOED!!!!!

Deon

Almal blameer altyd spoed maar in negentig persent van die tyd is dit n gebrek aan grysstof die oorsaak.

Sperstreep

Ek sien op die foto ‘n DUBBELE SOLIEDE SPERSTREEP !! Mag ek nooit ooit so haastig raak om sekondes te probeer wen ten koste van ander mense se lewens. Ja, goed, hier kon ‘n fout ingesluip het wat aanleiding gegee het tot hierdie ongeluk maar ‘n ‘hoë-impak-botsing’ vertel die hele storie dat uitermatig hoë spoed dit veroorsaak het gekoppel aan die blatante verontagsaming van verkeersreëls. Daar is al jare gelede ‘n evaluasie gedoen oor bestuursvernuf. Dit kom daarop neer dat punte (uit tien) gegee word om vaardigheid te toets. Een persoon sal ‘n draai kan hanteer teen 120 km/h terwyl… Lees meer »

Mr D

Stem saam grys stof!!!

Was jy daar

Ek wil net se ek dink dit is baie lelik om sommer klaar aan te neem wat die oorsaak was. Natuurlik kan spoed n opsie wees maar hoe kan mens net so harteloos se dis te min grystof of spoed of watookal. Was jy daar? Dit kon enige rede gewees het en ja miskien selfs een van die redes wat julle genoem het maar liewe land mense. 4 mense is DOOD! 2 van daai was onskuldige kinders en dalk was die drywer van die kaar waarin die mense dood is nie eers die oorsaak van die ongeluk nie. Have a… Lees meer »