[Foto’s] ‘Hoë-impak-botsing’ eis vier

'n Foto van die toneel. Foto: Netcare 911

‘n Foto van die toneel. Foto: Netcare 911

Vier mense, waaronder twee kinders, is dood en ses beseer, nadat twee voertuie Vrydag op die N3-snelweg buite Harrismith in die Vrystaat gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici van Netcare 911 was omstreeks 18:30 onder weg na Johannesburg met ʼn pasiënt, toe hulle sowat 3 km buite die dorp op die ongelukstoneel afgekom het.

“Twee voertuie het trompop gebots en die een voertuig se wrak en wrakstukke wat wydverspreid op die toneel gelê het, was ʼn aanduiding van ʼn hoë-impak-botsing. Die ander wrak is ʼn ent van die pad af in die veld op sy dak aangetref,” het Botha gesê.

Paramedici het die beseerdes ondersoek. “Twee klein kinders en twee volwassenes was ongelukkig reeds dood. Drie mense het kritieke beserings opgedoen en drie is ernstig beseer.”

Paramedici van verskeie ambulansdienste het saam gewerk om die mense te stabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is.

Die polisie ondersoek die presiese oorsaak van die ongeluk.

'n Foto van die toneel. Foto: Netcare 911

‘n Foto van die toneel. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Varkie ·

Volgens fiskika as twee voertuie albei 100km/h na mekaar toe ry en bots is dit asof jy 200km/h in n soliede muur vas ry vir albei gevalle.. so dat enige iemand in sulke omstadighede oorleef is n wonderwerk

Sakkie ·

Spoed se dinges as jy na die 2de foto kyk sal jy sien daars n n dubbel sperstreep vir die voëls geverf KOP AAN KOP

Philip Koen ·

Nonsens, jy het seker die fisika in ‘n comic boekie gelees. Hoekom moet mense altyd kommentaar lewer oor iets waarvan hulle niks weet nie?

CQ ·

Spoed is nie altyd die skuldige nie!!
Ons was Kersfees Limpopo toe van Kaap provinsie… Mense het GEEN RESPEK vir padreels nie. Vat verby op sperstrepe. Vat verby op draaie en blinde hoogtes. Verbeel hulself die pad behoort aan ieder en elk en ander moet net padgee.
Wilde Weste…..
Mense wat 50km/h ry wat ander verstreer en irriteer en dan raak mense ongeduldig. Nee. Dis nie NET spoed nie. Dit is ook patete wat eerder tuis moes bly en “driving miss. Daisy” moes kyk.
Dudes wat dink hulle is cool en op hul 7de rugwerwel lê agter die stuur. …

Deon ·

Almal blameer altyd spoed maar in negentig persent van die tyd is dit n gebrek aan grysstof die oorsaak.

Veritas ·

Deon,weens die feit dat dit as ‘n ‘hoe -impak botsing’ beskryf word, kan mens met redelike sekerheid laat aanneem dat spoed wel ‘n rol gespeel het. Dit is egter ook ‘n feit dat ‘n kop-aan-kop botsing, waar albei voertuie teen 100 km/u gery het, ook so beskryf kan word. Ek is egter geneig om met Gert saam te stem. Die feit dat een voertuig ,’n ent van die pad af, op sy dak, gevind is, laat my dink dat spoed wel die oorsaak kon wees.

SNEL ·

Wel, as dit nie spoed is nie wonder ek ook net as jy 120km moet ry en een flikker ligte vir jou om in die geel verbode streep te kom dat hulle verby kan kom…Wat ry hulle dan? n Ander 120km as ek? As jy ook nie in die geelstreep beweeg nie, dan gaan hulle jou sommer verby in die geelstreep. Punt is weinig hou by die padreëls, en die handjie vol van ons wat wel daarby hou (al weet ons polisie staan nie op elke hoe en draai nie) se lewe word onnodig deur die sotte wat dink die pad behoort aan hulle in gevaar gestel. Mense steur hulle ook nie aan dubbel lyne waar hulle nie mag verbygaan of om op n heuweltjie verby te gaan nie. Baie van die ongelukke kan voorkom word as mense hou by die padreëls.

Chris Ws ·

Veritas,spoed is nie die oorsaak van hierdie ongeluk nie.n’ Idioot agter die stuurwiel van een van die voertuie was die oorsaak.Spoe het BYGDRA tot die geweldige ernstigheids graad van die ongeluk.Dis wat duisende motoriste NIE WIL of KAN verstaan nie.Waars die dae toe rekening kunde +wiskunde+wetenskap nog op skool aangebied was?!

Veritas ·

Chris Ws. As jy my kommentaar weer lees sal jy agterkom dat ek albei scenarios probeer verduidelik. Die dae toe ek van fisika geleer het, was daar nog geglo dat momentum (wat veroorsaak het dat die een voertuig meters vêr in die veld op sy dak lê) hier ter sprake is. Sover my kennis strek, is daar ‘n verhouding tussen massa en snelheid wat iets met momentum te doen het. Onthou jy soiets? Ek stem saam dat die een bestuurder ‘n idioot was. Dit is die ou wat te vinnig, in die omstandighede gery het. Die kans is ook baie goed dat dit dieselfde persoon was, wat in die proses was om verby te steek. Jy kan dit sny soos jy wil maar spoed is die grootste oorsaak van ernstige ongelukke op ons paaie. Gaan vra enige wetstoepasser of paramedikus. Net ‘n idioot ry vinniger as wat verkeersomstandighede toelaat.

Sperstreep ·

Ek sien op die foto ‘n DUBBELE SOLIEDE SPERSTREEP !! Mag ek nooit ooit so haastig raak om sekondes te probeer wen ten koste van ander mense se lewens. Ja, goed, hier kon ‘n fout ingesluip het wat aanleiding gegee het tot hierdie ongeluk maar ‘n ‘hoë-impak-botsing’ vertel die hele storie dat uitermatig hoë spoed dit veroorsaak het gekoppel aan die blatante verontagsaming van verkeersreëls. Daar is al jare gelede ‘n evaluasie gedoen oor bestuursvernuf. Dit kom daarop neer dat punte (uit tien) gegee word om vaardigheid te toets. Een persoon sal ‘n draai kan hanteer teen 120 km/h terwyl ‘n ander dit kan doen teen hoogstens 80 km/h. So ook afstandskatting om by voertuie verby te gaan. Die toepassing van veiligheid gaan heelwat verder as padwaardigheid van voertuie nl. is daardie een agter die stuur ‘padwaardig’? Herskryf K53 om die praktiese toets en vernuf van bestuurslisensiekandidate in te sluit. Daar moet dus ‘n kopskuif gemaak word oor die voorreg om ‘n lisensie te hê teenoor die reg om dit te hê. Maroela se beperking op spasie van aantal woorde maak dat ek ongelukkig hier sal moet ophou oor wat ek wil sê.

Was jy daar ·

Ek wil net se ek dink dit is baie lelik om sommer klaar aan te neem wat die oorsaak was. Natuurlik kan spoed n opsie wees maar hoe kan mens net so harteloos se dis te min grystof of spoed of watookal. Was jy daar? Dit kon enige rede gewees het en ja miskien selfs een van die redes wat julle genoem het maar liewe land mense. 4 mense is DOOD! 2 van daai was onskuldige kinders en dalk was die drywer van die kaar waarin die mense dood is nie eers die oorsaak van die ongeluk nie. Have a heart. Jy was nie daar nie. Dink oor en bid eerder vir die families wat geliefdes verloor het.

Simon ·

Spoed op sigself totaal ongevaarlik. Vergelyk supersoniese vliegtuie en Formule 1 renmotors.

Spoed GEKOPPEL AAN onverantwoordelikheid, verontagsaaming van padreels, onpadwaardige voertuie en/of bestuurs onder invloed van dwelmmiddels soos alkohol IS VERSEKER n RESEP vir groot en dodelike ongelukke.

Ek het altyd groot meelyde met passasiers-wat-n-plek-SOEK-om-te-gebeur. Hulle het gewoonlik geen bydrae gelewer tot die botsing nie.

Die Harrismith gevaar ·

Kyk ek ry daardie pad gereeld en ek moet se busse, taxi en selfs trokke vat mekaar verby op daardie pad. Wanneer dit reen of stof storm is kan mens hoegenaamd niks sien nie. Het al n paar keer af die pad op grond gegaan met my kinders om n o geluk te vermy!
My gebede aan die gesinne wat die slegte nuus moet kry vandag. Heel moontlik die onskuldige mense wat se lewens geneem is.
Daardie pad is regtig gevaarlik.

Eben Kitching ·

Dit sal help as SA elektroniese spoedaanwysers gebruik soos in Duitsland. As dit byvoorbeeld sneeu veranded die spoed na 80km/h en almal gehoorsaam daardie reel. As ‘n vragmotor daar onpadwaardig is dan word dit verbied om verder bestuur te word. Die reels moet ook met motors toegepas word.

Ouma ·

Dit is baie hartseer maar n trompop botsing gebeur meestal waar een persoon n verkeerde besluit maak. Soed was verseker betrokke as jy na die wrakstukke kyk. Ek se altyd as jy stadiger ry is die kanse dat jy n botsing kan vermy soveel meer en jy kan moontlik beheer oor die voertuig behou. RIV.

JJ ·

Spoed! Wil net noem dat ek op een van ons land se besigste hoofweë gesien het dat heelwat volgelaaide voertuie met sleepwaentjie en fietse ens op, heel gemaklik teen 170k/h ry. Ek ry motorfiets en as ek nie ten minste by 140 hou nie gaan baie voertuie my van die pad afry. Dit is scary om te sien wat bestuurders dink van hul geliefdes

Varkie ·

Nou praat jy !! Ek ry self die N1 soms na Jhb vanaf Pretoria en jy wil nie weet hoe skiet hulle verby my nie ! Gewoontlik nie eers oordentlik verby vat nie nee, hulle mis jou net-net en dink nie wat daai trek van lug tussen jou en die kar doen aan jou balans en bestuur nie

Kobus ·

Al ry altwee voertuie teen 120 km.u is die gesaamentlike spoed 240. Toetse het gewys dat selfs teen 60 km.u kan dit noodlottig wees as daar nie lugsakke en gordels gebruik wird nie.

Frans C ·

Voor die 120 kmpu spoedgrens was dit 70 mpu (112 kmpu). As jy agter ‘n voertuig ry teen die spoed en hy stop skielik voor jou het jy 96 meter nodig om te stop, as jy op en wakker is en jou reaksietyd 0.67 sekondes is. Die afstand bestaan uit 21 meter reaksietydafstand en 75 meter stopafstand. Jy kan dus verstaan hoekom karre inmekaar vasjaag op ‘n snelpad, veral as iemand se aandag dalk afgelei is deur iets in die motor.

Ek sê dus bring die spoedgrens af na 110, want spoed is altyd ‘n bydraende faktor, want stilstaande voorwerpe kan nie bots nie.

ada ·

Wat van n band wat dalk gebars het of dalk vir iets uitgeswaai het tesame met spoed en ongeduldigheid? Te min tyd dan om te stop weens spoed.

Chris Ws ·

Frans C ek stem vir die verlaging van die spoedperk OP ALLE paaie MAAR sonder daadwerklike wetstoepassing,maw BAIE meer spoedlokvalle sal alles nutteloos wees soos tans die geval is.Ons Ry van Rustenburg tot in Komatipoort op die N4 en kry net 2 spoedlokvalle .Dis waar die groot probleem is.

Bokkie ·

Sodra jy in jou motor klim om te ry maak nie saak waarheen nie moet die persoon weet hy of sy moet verantwoordelik ry.Alleen in die motor of nie

KP ·

Jy kan spoedgrens af bring na 60km per uur en daar sal nog kop aan kop botsings wees. Dit is die wetteloosheid in die land wat die oorsaak is. Dan is daar die wat dink die land met al sy paaie behoort aan hulle, hulle mag maak net soos hulle wil, dom, dom , dom!!!!!!

Van ·

Hulle moet hier doen wat hulle in Australia doen, Na jy jou leerling lisensie het moet jy 100 uur prakties doen, dit vat sowat 6 maande. Miskien gaan dit dan beter.

Buitestander ·

Wet toepassers moet meer klem op bewegings oortredings let as op ‘n een punt te staan.
Bewegings oortredings moet swader gestraf word!
Daarom is dit noodsaaklik dat wetstoepassers saam met die verkeer moet beweeg en nie op een punt te staan nie.
Gee elke toepasser sê ± 100-200 killometers om te patroleer en ongelukke sal halfveer.

Abie ·

Mense oorskat hul bestuursvermoë en die belangrikste is wetteloosheid. ‘n Ongeluk is n band wat bars terwyl jy binne die wet bestuur en dies meer. Waar n ongeluk plaasvind wanneer jy die wet oortree en mense se dood veroorsaak is dit moord.

Jacques ·

Ek ry daai pad gereeld. Die spoed grens daar is 80km/h. Ek kan wel sê dat amper niemand dit ry nie. Ek verstaan ook nie hoe die mense daarmee weg kom nie aangesien daar average spoed kamers daar oor al op is. Wys weereens wat n klug ons land se wetstoepassing is.

Naas Vermaak ·

Meesal sinnelose kommentare…spoed sal altyd ‘n rol speel.., stilstaande voertuie bots nie. Vinnige bestuurders sal altyd met ons wees…ek’s ook een. Stupid bestuurders sal ook altyd met ons wees…ek’s nie een nie…verder net GENADE dis al…

Frans C ·

Die beste antwoord wat ek jou kan gee is ,gaan na ‘n ‘scrap yard’ en kyk hoeveel nuwe veilige motors lê daar aan stukke en jy sal sien dat vinnig en veilig nie sinoniem is nie. Spoedgrense is met goeie redes daar.

Johan ·

Mense, hulle pas net die belangrikste reël van die K53 bestuurders toets toe. Hou links gaan regs verby. Of daar nou verkeer van voor is of nie. Geen simpatie vir jou wat volgens die padreëls en familie veiligheid toepas nie.

Louis ·

Johan as die K53 bestuurstelsel net aangepas word om beter best op pad te sit sal al klaar verskil maak op ons paaie. Ons sit met afgewaterde bestuurders toets wat al hoe lank al aankom en nooit aangepas word. Aspirant bestuurders kry ook nooit opleiding van best skole en instrukteurs op paaie wat nie in dorp is of aandbestuur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.