Foto’s: Hoender op grond afgespoel; KFC reageer

Argieffoto ter illustrasie Foto: tja.co.za

Argieffoto ter illustrasie Foto: tja.co.za

Die kitskoskettinggroep KFC het reageer nadat foto’s op sosiale media versprei is wat wys hoe rou hoender op die vloer met water afgespuit word.

Die foto’s wat wyd op sosiale media versprei is, is by ʼn KFC-tak in Braamfontein geneem. KFC het onmiddellik die tak gesluit terwyl hy die saak ondersoek het. In ʼn verklaring op sy Facebook-blad het KFC gesê daar is intussen vasgestel dat die hoender weggegooi is en nooit bedoel was om verkoop te word nie.

“Die hoender op die foto’s het nie aan ons standaarde van hoë gehalte voldoen nie en die Braamfontein-tak het dit dus eenkant gesit om daarvan ontslae te raak. Dit is ʼn goeie ding, maar die manier waarop die produk hanteer is om dit uit die weg te ruim het definitief nie aan ons prosedures voldoen nie,” het KFC gesê.

Volgens die kitskosgroep is daar streng voorgeskrewe maatreëls wanneer dit kom by die verwydering van kos. “Ons het die saak reeds ferm met die eienaar en verantwoordelike persone opgevolg. Ons neem dit baie ernstig op,” lui die verklaring.

KFC het verduidelik dat die hoender gewas is aangesien daar ook hoender tussenin was wat reeds op die KFC-wyse gaargemaak is en die betrokke persone dit vir die bestuur wou wegsteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

KarooKlong ·

Ek ook nie. Gehalte is nie meer wat hulle adverteer nie.

Neptunus ·

Piet, is dit nou voor hulle ‘n “padkafee” geraak het?

Elize Olivier ·

Ag sies! Dis net siek!!!! Sal ni weer my mond aan enige vorm van KFC sit ni!!! Dis pateties

Rudi ·

Ai tog… jy weet mos KFC is ‘n franchise, ne? Dit beteken elke winkel word deur ander mense bestuur. Dis nou alweer nes daai wolhaarstorie oor die Spur toe almal besluit hulle gaan nooit weer soontoe nie. As mens regtig ophou om by enige plek kos te koop as gevolg van een ding wat by een van daai franchise se winkels skeefgeloop het, sal jy binnekort van die honger omkom. Kalmeer net… wat nie doodmaak nie, maak vet

Lynette ·

Verseker sal jy nie van honger omkom nie leer net self kosmaak al die kosplekke se kos is in elk geval ongesond

Isabel ·

Hoekom moet die hoender afgespuit word as dit weggegooi gaan word!!!!Dit maak nie sin nie,hulle kon dit mos net so gevries weggegooi het.

Neptunus ·

Dit was ‘n groot bestelling, toe’t die opsigter gesê hulle moet solank in die pad val daarmee…

Dave ·

Ek ondersteun jou vraag Isabel. Dit was ook my vraag toe ek die berig (Rudi dog dit is ‘n artikel!) gelees het. Ignoreer ‘Rudi’ se beterweterigheid – hy lewer waarskynlik hoenders af vir KFC.

Bokkie ·

ek koop nie meer kfc nie, wat hulle standaarde is nie wat dit vroer jare was nie. En jy weet elke kfc in die land proe die hoenders anders. So nee dankie.

U c Uys ·

Worcester is die swakste in die land klaa maar word nuks gedoen nie wag baie lank ook maar baie swak eienaars vra vir workers

Neptunus ·

Dis hoekom die Blou Bul nie KFC ondersteun nie. Hy eet mos nie van die vloer af nie…

Louisa ·

Hoekom hoender was? Dit is darm te vergesog die antwoor. Kan dit nie glo.

Francis Linstrom ·

Dit klink na n flou storie. Ek sidder as ek dink wat in die meeste kombuise van kitskosplekke en die restaurante aangaan

Bielie ·

Wat eintlik die storie is, is dat die werkers goedkoop hoenders koop, slag by KFC en dan leen hulle net van die kolonel se 21 secret herbs en spices en maak hulle eie KFC. Dis soos ‘n barman wat sy eie drank werk toe vat en aan die baas se kliente verkoop vir sy eie sak.

Anpniem ·

Wat ‘n vermorsing van kos, terwyl ander mekaar vermoor en dood gaan van hongersnood.
Wat van afval kos vir SPCA en alle ander diere in hokke, dieretuin, ens. ens. ????
Dit gaan te goed met ons. Werkers mors, dis mos iemand anderste se geld.

Neptunus ·

Asof dit nie wreed genoeg is om diere in hokke aan te hou nie, nou wil jy hulle nog KFC ook voer?

Asjas ·

Jou hart sit in regte plek maar ongelukkig is hoender wat af is dodelik vir mense en diere, maar ek stem tog saam met jou, baie kos wat weg gegooi word kan vir die DBV gegee word maar dit is seker net te veel moeite.

geskok. ·

My gevoel met meeste van die gebeure is dat die mensdom n tekort het aan self respek en respek vir hul medemens.As die hele land net nader aan die woord leef en ander behandel soos hulle behandel wil word dan sal sulke onsmaaklike dinge nie vorendag kom nie.Ek glo nie een van daardie werkers sal van die grond af eet nie.

Ilse van Eck ·

Hoekom was dit dan afgespuit as dit nie gebruik sou geword het nie. Daar was gese op tv nuus dat hul die hoender moes ontdooi. Hul moet n ander verskoning uitsoek!!!! Koop nie weer KFC nie!!!!

FC ·

Baie min mense sal uiteet in enige restaurant en nog minder by enige kitskos plek as hulle sien hoe daar met kos gewerk word. Dan praat ek nie eers van die goeters wat in die kos gegooi word om dit beter te laat smaak nie (soos msg).
Mens kan egter nie absoluut nooit uiteet en moet dus baie kieskeurig wees. Kfc is baie lankal op my rooi lys na baie slegte ervarings – was nog nooit so siek nie.
Ander kitskos plekke lieg openlik oor hulle maniere van kos voorbereiding. Hulle below bv “flame grilled” maar jy sien die “flame griller” nerens nie.
Ons behoort beter beskerming teen hierdie plekke te eis en dis hoog tyd dat strenger wetgewing moet ingestel word

helena ·

Hul moet somr westonaria se kfc ok bietjie bekyk!Ek kan meer opnoemdois pasteties. Hou maar by huiskos!

Neptunus ·

Westonaria? As KFC maar julle enigste probleem was. Die plek moet eintlik onder kwarantyn geplaas word.

Dave ·

Jy het my so pas laat besluit dat as ek weer ‘Flame Grilled’ op ‘n spyskaart sien gaan ek vra om die vlambraaier te sien. ‘n Kok in Westgate het my meer as ‘n dekade gelede vertel dat ‘smoked’ word uit ‘n botteltjie berook.

wayne terblanche ·

ha ha! nee man, julle verstaan nie. dit was n “special order” vir die metro spietkops!!!

Dave ·

…en vir Eskom! Ek dink ons moet nou op ‘n KFC-Shedding gaan.

Neptunus ·

Hoekom die hoenders was? Dis voor-die-hand-liggend mense. Daar was geen manier dat die werkers dit sou weggooi nie, indienas dit werklik waar is dat dit nie meer aan klante opgedis sou word nie. Die werkers het dalk beplan om dit self te verkwansel op ander plekke, of dit sommer huistoe te vat. “Têkawê…”

Dave ·

Strategiese stelling: ‘ ..indien dit werklik nie aan kliënte opgedis sou word nie.’

Wonder net ·

As die hoender nie aan kfc standaarde voldoen nie, hoekom dit nie net saam met die R2.00 donasies wat by elke aankope geskenk word aan die behoeftiges gee nie?

Neptunus ·

Kom ons wees bietjie positief: Ten minste weet ons nou hierdie tak van KFC spoel hulle hoender af. Kan die ander bewys lewer dat hulle dit ook doen?

Charmaine ·

Ek dink Kfc lieg dis net om hul naam te beskerm hulle sou daai hoender weer verkoop het hul is net uitgevang dink hulle ons is stupid. ..

Herman ·

Die verklaring van kfc klink maar flou en na n groot leeun! Die man dink ons as publiek is onder n hoender uitgebroei! Huiskos is maar die beste en goedkoopste.

Riaan ·

Hier in klerksdorp kan ju ook nie meer KFC koop nie.Was nou die laaste verbrande smaak gehad ,en in my kind se burger n wurm op die blaar slaai.LOL darem wurmpie gekry voor sy kop af gebyt is.Wonder net hoeveel al gemis

John ·

So gooi KFC wal. So ñ gebeuertenis gaan hulle francise skade berokken. Praat met enigiemand wat by ñ restaurant of die sulkes francaises gewerk het en die persoon sal vir jou inlig dat hy/sy nooit kos daar sal koop nie agv die feit dat hulle weet hoe die kos behandel en voorberei word. Hier is die hoender op die grond met ñ tuinslang gewas wat totaal in enige taal of gemeenskap , NEE is.
Ons is egter so verval in ñ derde wereld dat so iets aan die orde van die dag is en skrikwekkend, AANVAARBAAR.

Dave ·

…en na jou laaang relaas sluit jy jou skrywe deur te besluit dat die 3rde wêreld standaarde tóg AANVAARBAAR is.

Hermann Jacques Keyser ·

Good evening to all, this act of disrespect for the hospitality business is unacceptable, and yes preparing food must be done with care and with honesty, such unhealthy manner is calling on all out let’s to take heed on cleanliness when preparing, the community and health facilities have the tight to check any facilities ( franchise ) to inspect any irregularities and may introduce a better form of health and wellness for future problems,

Kind regards
Hermann Jacques Keyser

Health Watch South Africa

PILOSA Organization South Africa
NPO 075 420

Cecilia ·

Dankie Neptunus, my dag is gemaak.
Maar ek wil darem ook net se: Kom ons vra die hoenderwasser sy kant van die storie…

Geraldo ·

Ek het al rotte, groot swart rotte met kos in bel gesien rond hardloop by Montana, Kolonade KFC

Ben ·

Dis nou om ‘n mens die hoenders in te maak as jy sulke snert van ‘n klomp “chickens” wat besighede bestuur, hoor.

Lila ·

Witpoortjie en Wilrogate se KFC is ook pateties. Koop jare lank al nie meer KFC.

Asjas ·

Ons hele gesin was was vreeslik siek na een aand se KFC, dit het ons ‘n jaar gevat voordat ons dit weer gewaag hetmaafr nog NOOIT weer by dieselde tak nie!

Louis ·

Ek eet nie meer KFC nie. Nie as gevolg vand die tipe stories nie, maar as gevolg van alomvattendie diens ( of die gebrek daaraan ) asook, deesday kry hy klein stukkie hoender saam met jou 2 kg olie.

KFC se kos is lankal nie meer wat dit was nie, en ek wil my nou nie in ‘n blik druk nie, maar ek wil sê dat dit nou regtig in die afgelope 3 jaar so agteruit begin gaan het.

Sorodi ·

Nee wat, die skrif is aan die muur! Dae van uiteët is verby! Pryse is hemel hoog en kwaliteit en diens is uiters swak! Ons moet maar eerder ons eie wegneem etes by die huis maak! Dit gaan soveel goedkoper uitwerk en boonop is die internet vol resepte wat mens kan aflaai om die restaurante se geheime souse en speserye te bekom!

Feeks ·

Ek wonder ook dat as die hoender nou kamtig NIE vir menslike gebruik was nie, waarom moes dit op SO manier ontdooi word en nog getel word?

Neptunus ·

Dis getel om gelykop te verdeel tussen die werkers. Kan jy jou indink hoe hulle sal mes steek as een meer as die ander een kry? Selfs in die seerowerstories word alle buit getel en regverdig uitgedeel.

Gideon ·

KFC op Ellisras/ Lephalale pateties- hoender maak mens doodsiek- my kinders was eendag siek, toe ons by huisdokter instap en begin vertel wat ons simptome is- toe vra hy- ” het julle Kentucky geëet” dit wys mos net! Nooit weer nie.

geiriteerd ·

Julle almal is so negatief oor KFC n al praak ek dit nie goed nie kan ek nie minder met julle saamstem nie dit is een tak en dit het uitgekom en die saak word hanteer dit beteken nie elke KFC is so nie en ek glo dat die hoender nie verkoop sou word nie want niemand is dom genoeg om sulke dinge oop en bloot te doen as hulle weet wat die gevolge is nie dus stem ek saam dat dit nie verkoop sou word nie en as niemand by hierdie plekke kos koop nie gaan al daardie mense hulle werk verloor en die werkloosheid in ons land is alreeds geweldig hoog ek vra dat julle objektief na die saak kyk

geiriteerd ·

Is hierdie nie ‘n forum om vrylik jou eie opinie te lig sonder persoonlike aanvalle nie? Ek kyk na die menslike aspek van die saak en hou ni daarvan dat almal aangaan asof KFC die nuwe ISIS is nie dis slegs een tak waar hierdie gebeur het en met beter monitering kan die diens en kos ook verbeter, moennie my verkeerd verstaan nie ek is nie ‘n groot aanhanger van KFC nie ek kyk bloot na die menslike aspek

Sollie ·

Liewe geiriteerd – gaan kyk gerus op hellopeter.com HOEVEEL mense kla daar oor die hoenderplek. En dis slegs die wat moeite doen om te kla. Dis beslis NIE net een tak nie, ek verseker jou.

Jeanetta Taljaard ·

Dis nie oop en bloot gedoen sodat iemand moes sien nie. Dit is bloot die arrogansie van ons samelewing in SA en staatmaak op die goedgelowigheid van party mense. Ek sit my mond nie aan KFC nie, want dit maak my hondsiek. Ek wonder hoekom?

susan ·

wat die oog nie sien nie loop die hart nie van oor nie.Sit kameras binne en buite all resturante dan sal jy darm n ding sien. So sal almal netjies werk met kos en daar sal ook werk verskaf word aan nog werkloses om die kameras te monitor.Los die probleem op moet nie daarvan probeer wegkom nie! Dit gaan oral soos by KFC!

geiriteer ·

Ek stem saam eerder as om ‘n florerende bedryf te boicot kan hulle dit beter monitor wat gaan help om armoede te bekamp en die vertroue in hierdie plekke herstel sowel as die kwaliteit van die kos ook verbeter

Elfie ·

Ek eet GLAD nie kitskos. GA! Wat is so moeilik aan self kook? AS ons gaan uiteet is dit by plekke wat ons uitgesoek het en waar ons absoluut weet hoe dinge gaan. Ek betaal eerder baie vir kwaliteit as om 4 maal per maand gemors te eet net omdat dit “goedkoop” is of net om te kan uiteet. GEEN sg familierestaurante ens nie. So honger was ek nog nooit. G’n wonder meeste mense sukkel met cholesterol en hoë bloedruk en vetsug nie. Al die gemorskos, dis wat.

Feeks ·

Armando dalk is ‘geiriteerd’ die baas by die veel besproke KFC.

Monique ·

Wonder nou net as niemand geweet het van die hele storie nie…. Dan het ‘n hele paar mense van die vloer af geeet. Hulle se mos wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie ;) … Siesa!!!!!!

Jan ·

Ek is seker hulle kon aan ‘n veel beter verskoning dink as aan die nonsens. Het nooit gedink dis nodig om weggooi kos eers af te was nie.

ladybug ·

Almal braak nou gal, en ja, ons weier om nou weer Kentucky te koop, maar soveel keer hoor mens maar van ander wegneemete restaurante in wie se kombuise ook maar naarhede aangaan …. Maar ja, dit laat my ook met ander oë na Kentucky kyk en wonder of my gesin se gesondheid die geld werd is wat mens betaal vir porsies wat al kleiner en kwaliteit wat al swakker, en diens wat meer power word by die dag!

Ek skaam my vir julle Kentucky!

Eish! ·

Ek eet seker 2 maal ‘n jaar by ‘n kitskos plek iets. Net drie redes: no 1: te arm, no 2: ek haat souse (altyd ‘n tamatie, mayo, brand mengsel) 3: gesondheid (ek gril vir olie en weet nooit wat in kos is nie.
Al wat ek miskien eet is pitza en dan bou ek my eie gedoente bo-op.
Vandag is ek baie bly ek is arm. Ek probeer dink wanneer laas ek Kentucky geeet het en kan regtig nie onthou nie. Dankie tog!

Peet Schabort ·

Soos die tyd aanstap sal geen haan weer daaroor kraai nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.