Foto’s: Honderde in Pretoria ruk op teen plaasaanvalle, -moorde

Honderde mense het die afgelope naweek in Pretoria saamgetrek om aan nóg ’n optog teen plaasaanvalle en -moorde deel te neem.

Die organiseerders van die organisasie Unite Against Farm Murders and Attacks het ʼn groot opkoms verwag.

“Dit was vreedsaam en ’n groot sukses,” sê Kallie Roux, een van die organiseerders.

Honderde mense het Saterdag in Sefako Makgatho-rylaan in die noorde van die stad bymekaar gekom en het daarna deur die stad se strate en hoofweë tot by die Uniegebou gery.

“Die regering moet daarvan kennis dra dat ons besorg is oor die plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika. Ons wil hê dat die regering drastiese stappe moet doen om dit hok te slaan en dat die planne wat reeds op die tafel is, in werking gestel word.”

Roux glo dat die talle optogte teen landelike misdaad landwyd nou die regering se aandag op die probleem vestig.

Hy verwys spesifiek na pres. Cyril Ramaphosa se jongste nuusbrief waarin die president hom sterk uitgelaat het oor die moord op Brendin Horner, ʼn jong Vrystaatse plaasbestuurder wat voorverlede week wreed in die omgewing van Paul Roux vermoor is.

Tog moet daar nóg druk op die regering geplaas word, meen Roux.

Hy verwys ook na die wreedheid wat soms met plaasaanvalle en -moorde gepaard gaan.

“Dit is ʼn terreurdaad teen die land se voedselsekerheid.

“Ons wil nie oorlog maak nie. Ons is vreedsaam. Ons wil net ons stem laat hoor dat plaasaanvalle en -moorde ’n groot probleem is. Ons wil ook in solidariteit met die boeregemeenskap saamstaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek salueer elkeen van julle wat daar was! Baie dankie uit die diepte van ons harte!

#Boere lives matter!!!

Fedup ·

Brilliant.
Now let’s hear the mad hatter and his little garden gnome’s complaints.
I absolutely love this.

My siening ·

Cyrel dit sê iets vir jou en wat die minderheid kan doen. Stop moord op boere!

Thelsa ·

Saluut vir elkeen wat daar was. Die Rooi Baret se mond is nou gesnoer. Hulle sou dit kastig komstop het. Moenie julle aan bangmaakpraatjies steur nie.

Riaana ·

Jip, wonder wat se gtootbek Malemma nou, ons het klas en waardes wat hy en sy trawante nooit sal besit nie, sy masjien geweer en ons waardes… Se baie… Wonder of hle Boere kultuur versyaan… Glo nie

Sylvia ·

Baie dankie vir almal wat daar was en verteenwoordigend was vir die van ons wat nie daar kon wees nie, weet net ons bid saam met almal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.