Foto’s: Honderde op Tafelberg vasgekeer ná 2 sterf

Die reddingsoperasie is aan die gang op Tafelberg (1 Januarie 2018). Foto: Twitter via @fionadomkowicz

Twee mans is Maandagaand op Tafelberg in Kaapstad dood terwyl honderde mense vir ure op die berg gestrand was tydens ʼn dramatiese reddingsoperasie.

Twee mans en ʼn vrou het vroeër die dag met die Arrow Final-roete op die berg geklim toe hulle geval het. Albei mans het gesterf.

Johann Marais van die Wildernis-soek-en-redding (WSAR) het gesê reddingswerkers het die kabelkar gebruik om met ʼn toustelsel by die drie mense uit te kom, wat veroorsaak het dat ongeveer 800 mense vir langer as vyf ure op die berg gestrand was.

Die WSAR kon daarin slaag om laat Maandagaand by die mans se liggame uit te kom en die vrou is opgehys na die bokant van die berg voordat sy met ʼn kabelkar van die berg af geneem is. Dit was nie onmiddellik duidelik of die vrou beseer is nie.

Die kabelkar het daarna geloop om al die mense wat nog op die berg vasgekeer was veilig na onder te bring. Die liggame van die twee mans is vroeg Dinsdagoggend eers van die berg verwyder.

Talle mense het op sosiale media uitgevaar oor die vertragings en dat hulle so lank op die berg vasgekeer moes wees.

Tafelberg Veiligheid het egter die besoekers geloof vir hul geduld, en dat hulle kalm gebly en hul samewerking aan die owerhede gegee het. “Julle is almal net soveel deel van hierdie operasie,” het die groep op sy sosialemediaportaal geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

M ·

Ja nee…. tipies… vaar uit op sosiale media oor jy ‘n paar uur vertraag is… terwyl 2 mensies hulle lewens verloor het en daar geliefdes is wat iemand aan die dood afgestaan het…

Adriaan ·

Ek dink nie hulle was ongelukkig omdat hulle vir n paar uur vertraag was nie, maar eerder omdat dit 5 ure lank was.

My mening ·

Duidelik was diegene wat ontsteld was nie aan die ontvangkant van gebeure, Maklik om te sê dat sulke avonture verbied moet word dan sal sulke ongelukke nie plaasvind. Moet dus ook nie in ‘n motor klim om ongelukke te vermy. Ek sien egter op internet dat jy maklik kan verdwaal op die roete, dus is iemand vertroud met die pad ‘n pluspunt alhoewel ook roeteinstruksies gegee word. Met enige wildernis staproete is ‘n stapper wat voorheen op die roete was ‘n pluspunt.
Ek glo egter dat dit ‘n seldsame gebeurtenis was inaggenome die hoeveelheid mense wat daar stap. Sterkte vir die betrokkenes.

Pieter ·

Is ek darem op Twitter uitgekryt oor dieselfde siening!! Maar jy is reg – ek was teenwoordig toe ‘n Asiese gesin, met kinders van vier en ses jaar oud, vertel is dat die kinders maklik die berg kon afstap et nagemaakte Crocs. …

lollie ·

Niemand het verdwaal nie. Dit was ‘n groep absailers waarvan een ‘n toergids was.

Sêmaarnet ·

Ag regtig Adriaan? Asof die nood reddingspanne aspris hulle tyd gevat het. Daai klakouse kon die nag op ‘n klip bo-op die berg deurgebring het, dan was hulle nogsteeds beter af as die twee oorlede mans en beseerde vrou!

Danette ·

Vanoggend het ek gelees dat all die berg klimers nog lewendig was, maar well beseer. Wat het gebeur? Het hulle geval terwyle hul om hulp gewag het?

Pop ·

Ek sou ook ongelukkig gewees het. Mense wat hierdie uiterse gevaarlike dinge aanvang soos om teen loodregte kranse rond te klouter stel ander se lewens ook in gevaar as hulle in die moeilikheid beland. En dit gebeur gereeld dat mense “gered” moet word.

NEEWAT ·

NEEWAT ek sal ook uitvaar teenoor die betrokkenes as ek 5 ure gestrand moet wees op ‘n berg .. WIE het gese die mense moet daar rondklim? Dit is al die HOEVEELSTE voorval die afgelope jare en die KABELKAR is nie daar om beseerde BERGKLIMMERS in te vervoer nie .. ek sou ‘n groot bohaai gemaak het as ek vir vyf ure daar moes rondhang en in rye staan, veral as jy klein kindertjies by jou het .. die BERGKLIMMERS het dit op hulleself gebring, net so jammer soos ek vir hulle familie dat hulle oorlede is, maar ‘n bergklimmer weet wat die risikos is, en daar is al baie op Tafelberg dood. Gee nie om wat enigeen se nie, maar die klimmers het vrywilliglik die tog aangepak . die mense in die Kabelkar het verwag om in ‘n billike tyd af te kon kom .. het julle daaraan gedink dat oorsese besoekers dalk hulle vlugte verpas het en mense se kinders dalk nie kos/doeke/bottels by hulleself gehad het vir so lank nie ? O NEE kom ons dink aan die bergklimmers … Hersien die bergklimroetes en sorg dat daar nodige noodmaatreels ingestel word en moenie die toeriste verontrief nie.

Rieks ·

Al gehoor van ‘n ONGELUK? Dit gebeur in ‘n oogwink al is/was die betrokkenes ook die beste in die soort sport wat hul doen. Niemand vra daarvoor nie. Dus, onthou hierdie houding van jou wanneer ‘n ongeluk jou eendag oorkom en dan bid ons dit sal nie gebeur nie.

@ Rieks ·

EK skrik nie vir jou dreigement nie, ek het my mening uitgespreek, en jy was nie daar nie, so jy kan ook nou nie eintlik se hoe die mense verontrief was nie. EK sal niks oorkom nie, maar aangesien jy dit nou op MY toewens omdat ek nie met jou saamstem nie, moet jy pasop dat die gat wat jy vir jouself grawe JYSELF nie inval nie. HOU OP om gevaarlike sporte te doen wat ANDER mense se lewens en jou eie beinvloed ….dis SELFSUGTIG~!!

Francie ·

Neewat, ek sal graag jou kommentaar wou hoor as dit familie of vriende van jou was wat in die moeilikheid beland het.

Denise ·

Dit is vir my baie tragies dat mense so kla en dit se vir my elkeen net vir homself dit is hartseer ??????

Naas Vermaak ·

Denise, dit is ongelukkig hoe die lewe geraak het, jy’s reg. Ek wens Maroela wil die kommentaar funksie verwyder van hulle webblad – ek lees meer venyn en onredelikheid en klomp ander negatiewe goed hier raak in ‘n halfuur as wat ek andersins in baie weke , selfs maande mee te doen het in my omgang met ander mense – tragies!

Liesie ·

volgens n berig op news24 was dit n vrou van die buiteland en die gids wat gesterf het. die ander vrou is in die hospitaal. aanvanklik was berig dis 2 mans wat gesterf het., maar intussen het dit aan die lig gekom dat dit n man en vrou was.

Lize ·

Liefste Klaers oor die skamele 5 uur wat jy moes wag….onthou net volgende keer as jy op jou kabelkar avontuur gaan dat daai dekselse ding op n kabel loop en jy net so maklik in die moeilikheid kan beland soos daardie mense wat hul lewens verloor het. As die wiel vir jou draai onthou net dat jy ook graag 5 uur sou wou he om gered of gehelp te word!!!

LMF ·

Lieze ek stem saam jou om in daai kabelkar te klim is n avontier wat baie maklik in n tragedie te verander so het elke mens maar daai adranalien in jou are so klaers gaan op jul knieë en sê dankie en vir die oorledenis se families baie sterkte

Ada ·

My genade het die klaers nie respek vir die dood nie? Maak nie saak wat gebeur het nie! Daar kon n aardbewing gewees het of n fratsstorm en waaroor sou julle dan gekla het. Wie sou julle dan aangeval het? Genade have a heart! Niemand het julle forseer om Tafelberg te besoek nie! Hou tog net op om oor snert te kla en toon respek aan die mense war gesterf het en waardeer hulle moes gegaan het.

Annapatat ·

Dis lyk my hoe vandag se mense is. Inelkgeval as jy op die kabelkar gaan is daar orals borde op wat sê jy moet jou nodige goed soos water ens saam vat vir as die wind rof raak. Jy kan dan ook nie afgaan nie en moet dus-as jy daarbo is- wag tot die wind bedaar. Self daaroor kan mens nie kwaad raak nie want moeder natuur is onvoorspelbaar.. Sterkte aan die families?

Gerhard ·

Die mense wat so kla, het geen simpatie met ander mense nie, maar in dieselfde asem verwag hulle ander mense moet met hulle simpatie hê.

Delusions of grandeur…

Gideon ·

Dis mos nou maar hoe mense is….dit het hulle nie geraak nie want hulle ken nie die mense nie. So nou kan hulle kla…..ek moes al voorheen vir 3 ure in ‘n baie warm kar sit agv n ongeluk op die pad….pleks van sit het ek uitgeklim en met mense in ander karre begin gesels…..lekker mense ontmoet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.