Foto’s: Honderde voertuie vernietig toe weermagbasis brand

Honderde voertuie is Donderdagaand by ’n weermagbasis in Pretoria vernietig. (Foto: Tarien Cooks)

Honderde voertuie is Donderdagaand vernietig toe ’n weermagperseel in Pretoria in vlamme opgegaan het. Dié perseel is in Wallmannsthal, noord van die roosplaas Ludwig’s Roses, geleë.

Die presiese oorsaak van die brand is nie in dié stadium bekend nie, maar dit wil voorkom of ’n veldbrand ontstaan en na die weermagperseel versprei het.

“Dit was ’n geweldige brand. Die wind was ook uiters sterk, wat dit haas onmoontlik gemaak het om teen die vlamme te baklei,” sê Johan Botha, voorsitter van die Sinoville-brandbestrydingsvereniging (SBBV).

Volgens Botha is die SBBV omstreeks 19:20 na die toneel ontbied, waar honderde weermagvoertuie reeds by hul aankoms in ligte laaie was.

 Minstens 70% van dié voertuie was glo teen 20:30 heeltemal uitgebrand.

Honderde voertuie is Donderdagaand by ’n weermagbasis in Pretoria vernietig. (Foto: Tarien Cooks)

Botha sê die voertuie het “baie naby mekaar tussen lang gras” gestaan. Dit wil ook voorkom of geen brandbane in plek gestel was nie.

Hoewel die oorsaak en omvang van die skade eers later bepaal sal word, blyk dit dat meer as 500 weermagvoertuie, waaronder motors, bakkies en vurkhysers, in die brand vernietig is.

Botha sê hy sal die perseel Vrydagmiddag weer besoek om sy brandverslag te voltooi.

Die SBBV het in samewerking met die Apiesrivier-brandbestrydingsvereniging (-BBV) ongeveer vier ure gespook om die brand geblus te kry.

“Die weermag gebruik gewoonlik hul eie hulpbronne as so iets gebeur, maar dit lyk of hul toerusting dalk nie gewerk het nie. Die Tshwane-brandweerdiens het ook later kom help om die brand te blus,” sê Tarien Cooks, ’n lid van die Apiesrivier-BBV.

Honderde voertuie is Donderdagaand by ’n weermagbasis in Pretoria vernietig. (Foto: Tarien Cooks)

Volgens Cooks het die rook Vrydagoggend nog dig oor die perseel gehang, maar alles is in dié stadium onder beheer.

Cooks meen indien die voertuie op grond en nie tussen lang, ongesnyde gras gestaan het nie, sou dit nooit aan die brand geslaan het nie.

“Dit is duidelik dat daar nie voldoende voorsorg getref is nie en dat die perseel nie behoorlik in stand gehou word nie.”

Volgens Cooks het die brand gelukkig nie na omliggende eiendomme versprei nie.

Sy sê voorts dis nie die eerste keer dat so iets gebeur nie.

Meer as ’n 100 voertuie is in 2015 vernietig toe die perseel ook weens ’n wegholveldbrand vlamgevat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Frank ·

Jip, wil nie daardie voertuie waarvan baie dienspligtiges intieme kennis dra, in die “verkeerde” hande laat val nie…… Net ingeval… Dis die konspirasie gedeelte.
Dink die waarheid is egter maar net totale gebrek aan onderhoud van brandpaaie rondom en deur die perseel.

Werner ·

As ons nie na onsself kan omsien nie is dit verby.Maak maar reg want met hierdie niks werd regering sal die anargie wat besig is om die land oor te neem .Buite beheer spiraal want die weermag kan nie eers n vuur baklei nie.

miavos ·

Sou iemand ‘n lys kan maak van die bates en laste van Suid-Afrika? Presies hoe gesond is die ekonomie? Hoe paraat is ons? Hoe gesond is gemeenskapsdienste? Ens.? ‘n Eerlike ontleding sal op prys gestel word!

melaney ·

Miavos as jy eerlikheid in hierdie land soek, gaan jy baie lank soek.

Esme ·

Dit is ‘n baie maklike vraag maar die antwoord is die moeilike gedeelte. Ek glo nie ons sal ooit so ‘n Ontleding sien nie en ons vrae aangaan Covid sal ook nooit beantwoord word nie.

Hennie ·

Hoe moeilik is dit om jou weermag perseel te be veilig teen ‘n brand? Baie maklik, maar oë weë, verstand is daar nie!

Klipkop ·

Ek wonder baie waar was diegene met verstand se verstand toe hulle die land oorgegee het aan die kommunistiese plunderbendes. Ek is so moeg om altyd te probeer regmaak wat met opset verbrou word. Dis steeds die tendens. Voorkoming is tog altyd beter as genesing, maar dis asof ons niks daaruit leer nie. Dis soos om vir jou kind te leer dat om promiskuus en kuis te wees outyds en preuts is en as die liewe kind dan swanger raak en selfs vigs kry skielik mense te begin dagvaar en baie duur behandeling kry om die arme kind se lewe te red. Ons gaan nog lank en baie duur betaal vir ons eie dwaasheid, maar ek weet ook nou al teen die tyd dat mense daarvan hou om dit te hoor nie. Daarom ploeter ons maar voort.

Andre ·

Nowathe. Dit beteken die o het net sy stertjie verloor langs die Vaalrivier.

SlinkseKoljander ·

Lekker kan die regering nou teen tien keer meer die geld terug eis, en dan trokkies van China koop vir `n appel en ui om hierdie te vervang. Die ANC is so diep in die skuld dit is nie eers snaak hoe hulle geld probeer maak nie.

Martie Smartie ·

Weermaglede sal darem seker afslag kry as hulle uber ? Vir die minister, n vinnige uber asb hys haastig

FJ ·

Sover ek weet is die staat ‘self insured’. Die belastingbetaler betaal dus vir die gemors.

Jack ·

In my dae het ons swerf wagte gehad 24/7 in die basis (8SAI) Enige brand of rokie sou onmiddelik raakgesien gewees het….ons was paraat.DIe klomp weet nie wat dit beteken nie.

Petrie ·

Nalatigheid, nalatigheid, nalatigheid, nalatigheid. Swak bevelvoerders, patetiese goeters met unforms wat veronderstel is om soldate te wees. Daag hulle almal voor n krygsraad want hulle het strategiese weermagtoerusting vernietig weens hulle onbekwaanheid en agterlosigheid.

JM ·

Alles in hierdie land sal eventueel in vlamme opgaan. Te lui en onbevoeg om hul verantwoordelikhede na te kom. Gelukkig is daar nog ‘n minderheid wat verstand het.

Johan ·

Waar is die bevelvoerder en verantwoordelike onder offisiere? Geen wagdiens nie, geen dissipline nie , geen sin vir verantwoordelikheid nie, geen brand bestrydingsplan nie, geen instandhouding van die terrein nie. Niks!

In my dae moes nie net jou stewels blink nie. Bewaar jou as ‘n sigaretstompie op die basis rondlê!

Krygsraad die hele kaboedel!

Boerkind ·

En hulle (ANC) wil ons vertel van verpligte gesondheidsorg, inentings en digitale inentingpaspoorte, aftreeplanne (ja, jy hoef nie te gewerk of bygedra het nie, jy KRY R7500 pm), en die herstel van die ekonomie… LOL!!

Misky ·

Hulle sal nie ophou totdat die hele SA in as lê nie!!! Ek sien swarigheid voorlê

Blikke ·

Siestog…hulle het net die paar voertuie uit ons weermag oorgehad….en nou het hulle niks!!! Nou ja Potivaar vi julle….dit beteken loop waar julle wil wees…..sal dalk n paar lede goed doen…

Albert ·

Dit maak geen verskil of dit 1 of 300 voertuie is. Hul weet in elk geval nie wat om met dit te doen. Weermag is net daar om elke maand hul pense vol te hou. Lankal nie meer gevegsgereed

Werner ·

Net oor en oor word daar bewys dat die ANC regering net nie kan regeer nie. Alles is re-aktief en nie pro-aktief nie. Geen beplanning en geen voorkoming nie.
En absoluut geen aanspreeklikheid nie

Andre ·

Hulle is nie daar om gras te sny nie! Hulle maak oorlog teen maskerlose vyande.

Nie Verbaas ·

Dit is omdat die ANC lede totaal hopeloos is. Voertuie word nie gestoor waar daar lang gras is nie. In ons dae was die parkeerterreine skoon en sonder gras. Hulle is mos the sleg om in die basis se tuine te werk soos ons gedoen het in die ou dae. Die verlies van die voertuie is slegs te danke aan onnoseheid en slegtigheid.

Deon ·

Ek het “kampe” by 4voertuig reserwe park in wahlmanstall gedoen, hierdie is ‘n rooilig

Miskruier ·

Die kubane het die voertuie nog nie aan die loop gekry nie??

Kokerboom ·

Skaf die weermag af..dis in elk geval net ‘n klug met meer generaals as manskappe, geen selfbeeld, geen motivering, geen doelwitte en NET ‘n las vir belastingbetalers. Stop sommer verantwoordelike bevelvoerders in tronk!

Lourens ·

Nie die eerste keer dat dit gebeur by die basis nie? so paar jaar terug ook klomp voertuie gebrand, of verbeel ek my? Ek dog nou ek lees ‘n ou berig???

Google dit, presies 4 jaar terug……

Friedrich ·

Brand bestreidings toerusting van die weermag werk nie. Geen verassing nie

JJB ·

‘n Donkie is maar ‘n onnosel en hardkoppige ding, maar selfs ‘n donkie stamp net eenmaal sy kop teen dieselfde klip… Die vlakke van argeloosheid en onkunde aan staatskant skreeu ten hemele.

Karlahari ·

Kom ons werk teen n waarde van R50,000 per voertuig. Dan beloop die verlies R25 miljoen.
Wie gaan aanspreeklik gehou word?
Dit is wat gebeur as n land op n skinkbord weg gegee word.
Geen trots. Geen benul van onderhoud nie.

Esme ·

Lang gras? Weermagbasis? Dit beteken dat die basis nie meer in gebruik is nie en ook dit dit na 1994 is. Voor 1994 was die perseel in ‘n perfekte toestand maar dit is 2021 en ja, dit wat gewerk het, werk beslis nie meer nie.

Alleen Wolf ·

Al was die basis nie meer in gebruik nie moed dit steeds ge onderhou word want daar was voertuie geberg, sou nooit in die vorige weermag gebeur het nie. Die bevelvoerder sou reguit krygsraad toe gegaan het en sy lewe in detensir barakkr deur gebring het

Mariana ·

Niks anders as nalatigheid nie. Net nog ‘n teken dat ons weermag nie meer regtig bestaan nie en die wat in beheer is, glad nie omgee nie. Nee regtig als word vernietig en verval in totaliteit. Baie hartseer oor ons land en wat hier gebeur.

Skim ·

Pateties. Wat sal van ons word as hier ‘n oorlog uitbreek, die Weermag is nie eers in staat om hul persele en voertuie instand te hou nie. Dit is so ontstellend om te sien hoe alles vergaan. Die SA Weermag was voor 1994 een van die top Weermagte in die wêreld. Paraat en gedissiplineerd . Nou het die meeste van die lede geen respek vir hul uniforms nie. Kyk maar hoe hul in die strate loop, gewone t-hemde met uniform broek. Destyds sou jy aangekla word indien jy so buite die basis verskyn. Wonder hoeveel kan sal kanonne kan hanteer sonder om hulself af te skryf.

christo ·

Swak instandhouding van die voertuig park. Die SANW het ‘n behoorlik instandgehoude voertuig park van die ou SAW geërf. Voertuig parke is voorheen instand gehou sodat daar geen gras tussen die voertuie en om die park was. Maar o weë die pajamadraers is mos onaantasbaar, want daar is nooit nagevolge vir hulle nie. Dis die voertuie wat ten duurste deur die Kubane herstel is. Verder is dit ‘n skande dat burgerlike organisasies die brand moes blus. Ons belasting sal nou nog verder verhoog word om op te maak vir die verliese.

annie ·

… miskien is voldoende voorsorg wel getref vir die verspreiding van die vlamme. Die skok te midde van die VSA en Navo se soldate dat hulle dalk regtig nou hul plig sal moet gaan doen; sowaar sal moet opstaan uit hul sonhoekie, het dalk hier ter plaatse ook ‘n vlambare golf veroorsaak.

Yvonne ·

Stadig maar seker gaan ons land in vlamme verteer word….hoe tragies het alles nie geword nie

john ·

weer eens totaal onbevoegdes in bevel hoekom werk die brand toerusting nie geen onderhoud gedoen. Hoekom staan die gras hoog tussen die voertuie. Geen onderhoud gedoen op die perseel. Waar sou jy sulke goed gesien het in die ou weermag

Robbie ·

Aangesien dit voorheen al gebeur het, sou mens dink Dat daar direk werk van gemaak was juis om beter voor bereid te wees, ongelukkig is dit ook Maar n bewys as dit nie jou voertuie is nie en ook geen bekommernis het wat gebeur met staats voertuie nie kan dit Maar brand en nou gaan iemand n vet tender kry en miljoene in hulle sakke prop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.