Hondjie lewend geslag vir ‘ritueel’

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is baie grafies van aard en is nie geskik vir sensitiewe lesers en kinders nie.

ʼn Klein hond is Donderdagaand glo deur ʼn 26-jarige man van Sasolburg in die Vrystaat tydens ʼn vermeende ritueel doodgemaak en geslag.

Marlien Pieterse, woordvoerder van Vereeniging en Vanderbijlpark se Dierebeskermingsvereniging (DBV), het Vrydag gesê die voorval het in die Zamdele- informele nedersetting plaasgevind.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die hond met ʼn hamer op die kop geslaan en met ʼn tou verwurg is. Die hond is oopgesny en die hart is verwyder. Die verdagte het die hond se bloed oor sy lyf gesmeer,” het Pieterse gesê.

Pieterse het gesê volgens ooggetuies het die hond vir ʼn paar minute lank erg van die pyn getjank terwyl dit lewend geslag is.

“Daar word beweer dat die hond as deel van ʼn ritueel geoffer is en dat die hart deur die verdagte geëet is. Daar word ook geglo dat enigiemand wat in aanraking met die hond se bloed kom, sal doodgaan aangesien dit vervloek is,” het sy bygevoeg.

“Die hondjie se karkas het op die vloer van die huis gelê en al sy organe het uitgepeul. Daar was bloed oral in die kamer. Ek sal nooit dié ontstellende toneel  vergeet nie,” het inspekteur Lycinda Visser gesê.

Die hond se karkas is na ʼn onafhanklike dierehospitaal geneem vir ʼn nadoodse ondersoek.

Die verdagte is deur die Zamdela-polisie in hegtenis geneem op aanklag van dieremishandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

HANS ·

Die “verdagte” is seker by die Mediese Raad as n “Tradisionele Geneesheer” geregistreer.

Tdw ·

Of is aangesê deur ‘n geregistreerde “tradisionele geneesheer” wat om te doen om sterk te word of gesond te word.

Natasha ·

Dit is baie hartseer om n dier so wreed te moet moor vir n mens se eie gewin. Hoop geregtigheid geskied vir die arme diertjie.

Theodeen ·

Ek is prakeloos… Hoe kry jy dit oor jou hart om n onskuldige dier so wreed dood te maak? Hierdie gewetenlose swaap verdien nie eers die tronk lewe nie, die swaap moet vir die gemeenskap gegee word om van n voorbeeld gemaak te word. Maar laat ek raai hy gaan net n vet boete kry en weg stap. Maak my siek om te sien waartoe mense in staat is…..

Justa ·

Dis maar een geval wat onder die aandag van die DBV gekom het. Hoeveel ander wreedhede word teenoor diere getoon waar geen haan na kraai nie. Suid-Afrika is waarlik n siek land. Die strawwe vir diermishandeling moet baie vinnig en drasties hersien word.

Elbie ·

Ek is verbysterd, ek kan nie sulke dinge hanteer nie! Die arme hondjie. Dis siek siek siek net iemand met GEEN respek vir lewe sal dit doen! Jou GEMORS!!

Sanet ·

Ag nee! Waarom doen mense sulke wrede sinnelose dinge. So gevoelloos terwyl hy die pyn van diertjie kan hoor!

zen ·

Kan ek die oog vir oog en tand vir tand toepas….? Maak my siek!!! Ek hoop daar word toegepas aan hom wat hy aan die hond gedoen het!!

Winston ·

Hierdie gedrag is verklarend van aanvalle, moorde en verkragting in SA. Siek. Absokuut siek!

veruschka ·

Het seker weer n nuwe terapie gekry van n toordokter om Aids te genees.

Luiperd ·

Tipies van die barbare wat in hierdie land vrylik rondbeweeg. Die rede waarom hulle so optree en waarom die plaasmoorde ens so verskriklik geweldadig is, is omdat hulle nie ‘n gewete het nie. Daardie sin van reg en verkeerd is ‘n Westerse gebruik wat hulle aangeleer het. Dit kom nie natuurlik nie.

RSA ·

Gooi hom in n hok saam n pitbull, dat hy sy hart ook probeer uitsny.

Berhalet Beukes ·

Dis afskuwelik en barbaars! Dis ‘n sataniese ritueel! Sogenaamde tradisionele sangoma snert moet verban word want dis niks anders as ‘n satanisme onder ‘n skuilnaam nie! Maar ons is reeds uitgelewer aan ‘n duiwelse spul en almal dink dis verregaande dat ons regering werklik ‘n spul duiwels aanbidders is, wel watter normale regering laat sulke tradisies toe? Dis skokkend hoe mense en diere verslind word vir muti en enige een wat dit noem wat dit is word uitgekryt as ‘n conspiracy theorist. Dit is ook snert! Wanneer gaan ons as ‘n nasie opstaan en NEE sê vir dit wat om ons aangaan?

Theresa ·

Al wat ek met sekerheid van sulke mense kan se is, hulle is demonies. Hierdie man se dade is afgryslik.

Maryna ·

dan word die trad healers NOGALS betaal vd staatskis lekker man lekker die duiwel is SO besig in SA hy dink hy is op n holiday-camp …..maarGod slaap nie Hy sal die hele gespuis vernietig !

Charmaine ·

Kan amper nie glo wat ek lees nie…siek verby,wreedaard en die grootste moordenaar!!!

Elbie ·

Dit kom mos vir hulle so natuurlik soos om onskuldige mense in hul huise aan te val. So waarom sal hulle n weerlose dier anders behandel. WALGLIKE BARBARE!!

Ben ·

Spaar die belastinggeld en bring hom vir my om opgelei te word met my eie ritueel. Ek waarborg die resultaat daarna!

Ruby ·

Ek sit met trane in my oë en dit ruk my hart om te dink deur die vrees en pyn waardeur daardie onskuldige hondjie moes gaan.

Mag elke mens wat ‘n ander mens/dier leed aangedoen het sy dag kry.

Dit is so so hartseer :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.