Foto’s: Hordes ruk op na die parlement oor plaasmoorde

Dr. Ivan Meyer (links) tydens Sondag se saamtrek. Foto: Verskaf

“Ons harte is seer, want die mense wat kos op ons tafel plaas, word wreedaardig in Suid-Afrika vermoor.”

Só het dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou en tussentydse federale voorsitter van die DA, Sondag tydens ʼn Swart Maandag-saamtrek teen plaasmoorde buite die parlement gesê. Hordes mense het opgeruk om hul misnoeë met plaasaanvalle en -moorde te kenne te gee.

“Ons boodskap is eenvoudig: Meneer die president, kry ʼn ruggraat en stop plaasmoorde in Suid-Afrika.” Meyer het gesê boere is die kosmandjie van Suid-Afrika en dat Ramaphosa plaasmoorde in die land moet stopsit.

“Verklaar plaasmoorde as haatspraak en prioriteitsmisdaad in Suid-Afrika. Bemagtig die polisie in landelike gebiede met meer toerusting en hulpbronne om hul werk meer doeltreffend te doen, stel ʼn eenheid in werking om hofsake rakende plaasaanvalle deeglik te monitor. Ondersteun plaaswagte met hulpbronne, toerusting en elektroniese kameras om misdaad te voorkom.”

Foto: Nasionale SWART Maandag SA/Facebook

Die doel van die saamtrek was volgens Meyer om solidariteit te toon met wit en swart boere,  plaaswerkers asook hul families. Boere en plaaswerkers leef in vrees en volgens Meyer is daar besluit om na die parlement op te ruk aangesien die president en LP’s ontken dat boere en plaaswerkers aangeval en vermoor word.

“Meneer die president, word wakker en ruik die bloed van boere oor die hele Suid-Afrika. Meneer die president, ons harte bloei vir ons boere oor Suid-Afrika heen. Meneer die president, ek was al op die toneel van ʼn plaasaanval.

Foto: Nasionale SWART Maandag SA/Facebook

“Meneer die president, dit is nie net aanvalle nie, dit is die wreedheid van hierdie misdade. Meneer die president, hierdie boere is eerlike, hardwerkende mans en vroue, en al wat hulle vra, is: Stop die plaasmoorde nou.”

ʼn Plaasmoord in Suid-Afrika het ʼn direkte uitwerking op die voedselsekerheid en politieke stabiliteit van die Afrika-kontinent. “As voorsitter van die Afrika-unie moet u [Ramaphosa] plaasmoorde veroordeel ten einde voedselsekerheid in Afrika te beskerm.”

Foto: Nasionale SWART Maandag SA/Facebook

Boere is die sleutel tot ekonomiese herstel, meen Meyer. “Dit kan nie langer so aangaan nie. Een moord is een te veel. Suid-Afrika, kom ons staan saam met ons boere, plaaswerkers en hul families.”

Meyer het ook vir ʼn minuut stilte gevra vir boere in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap wat onder vernietigende brande deurgeloop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jack ·

Waar was die geel pers tydens hierdie betoging of verswyg hulle dit omdat dit nie strook met die regerings se narratief dat daar nie so iets is as plaasmoorde en terrorisme nie?

Wat jy saai sal jy maai. Die ANC en EFF saai draketande, hulle sal nog lank met die gevolge daarvan moet saamleef. Ekonomiese herstel planne werkskepping skemas, ekonomiese groei ens sal net hersenskimme bly tot dat daar wet en orde in hierdie land kom.

Hennie J ·

Die eerste vier reels van die Lied van Jong Suid Afrika is so veelseggend:
En hoor jy die magtige dreuning
oor die veld kom dit wyd gesweef
Die lied van n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef…………

My siening ·

Ja Cyrel dis tyd om te luister, en nie net na ” my people” te reageer nie. As die land van honger onder gaan gaan jy vir misdaad teen die mensdom aan gekla word, so doen wat die boere vra want hulle is burgers van die land lank voor malema die lig gesien het. Malema het nog nooit iets positief gedoen nie.

Francois Le Cochon ·

In SA is ‘n boer ‘n blanke persoon wat Afrikaans praat. Vir baie anderskleuriges is dit ‘n skelnaam.
EK sou se^ daar moet eerder verwys word na “landbouers”, dan sluit dit almal in wat boer.

Jakes ·

N mens kan ore so groot soos n sambreel he maar as jy jouself opsetlik doof hou soos ons agbare president dan sal niks verander nie.

Hans ·

Hul gee nie om nie….. dis verskuilde volksmoord. Ons moet self iets doen……

Heksie ·

Ek wonder hoe sal dit lyk as vir elke vermoorde boer n sak mieliemeel op mekaar gestapel word. Miskien sal dit n indruk maak….

Gert Johannes ·

Wanneer gaan ons besef dat die EFF in diens van die ANC is en plaasmoorde deur hulle beplan en geinisieer word om in hulle doel van grond onteining te slaag?

John ·

Ons het Sondag ñ optog teen PLAASMOORDE gehad hier in Secunda en Trichardt saam ñ paar honderd mense… Opkoms was mooi en het gewys mense gee om…. Ons het in Trichardt waar jy indraai vanaf die N17 vanaf JHB ñ groot wit kruis geplant ter nagedagtenis aan boere reeds vermoor….

Erika ·

Dit is mos verbode om die waarheid se dat dit is polities motiveerd is.. Die betrokkenes Sal aggresief nie verantwoordelikheid aanvaar nie.en daarom nie beter mense word nie
Maar daar is ook swart boere wat saam met wit boere saam werk wat ook onregverdig aan ontvangskant is van geweld En hulle Almal verskaf kos vir ons nasie Punt
As Cyril nie iets omtrent plaas aanvalle doen nie maak dit hom medepligtig daaraan . en meer verantwoorbaar . en boonop bevestig dit hy ondersteun as ANC dan eerder Die EFF wat hulle belange sal beskerm bo integriteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.