[Foto’s] Houtbaai-brand woed voort

Brand in Houtbaai (22 Februarie 2017) Foto: @VWSfires, Twitter)

Brand in Houtbaai (22 Februarie 2017) Foto: @VWSfires, Twitter)

ʼn Veldbrand in Houtbaai in Kaapstad het deurnag voortgewoed.

Minstens vyf helikopters het Woensdag die brand met waterbomme help bestry wat die oggend uitgebreek het.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se brand- en reddingsdiens het gesê ʼn groot deel van die brand is op die boonste hange van die berg wat nie toeganklik is vir konvensionele metodes van brandbestryding of voertuie nie. Volgens hom was daar ook in ʼn stadium ses brandweerwaens, twee watertenkers, 40 brandbestryders en 60 seisoenale brandbestryders op die toneel.

Volunteer Wildfire Services (VWS) het Donderdagoggend om 05:00 bevestig die brand woed steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Net een woord “vandalisme” dit is wat die pragtige natuurskoon brand en uitroei, ‘n vuurhoutjie vlieg nie vanself nie

Laurika ·

Wens ek nou so dat ek ons Gauteng reen vir hulle kon stuur…. Ons reen weg en hulle brand uit.

Yvette ·

huh Laurika! nou praat jy! Ek bly in Kaapstad, ons brand regtig uit! Verskoeiende hitte, lee damme en brandstigting oral om ons, mens kan meeste dae nie die berge sien ni net rook. Jou oe brand en orals is fyn as..
Daar is lankal geen twyfel dat dit brandstigting is nie. Ek hoop nie die brande waai oor na julle in die winter nie. Mens kan duidelik sien hoe die brande ontstaan op voetpadjies.

Estie du plessis ·

Dit kos die kaap miljoene rande om daai brande te bestry miskien wil iemand….hulle uitroei ….?????

Penellope Jones ·

Wat ek graag wil weet, hoe is dit dat nou, tydens die droogtetoestande in die Wes-Kaap en die feit dat daar letterlik nie water is om te bestry behalwe seewater nie, daar gedurig brande “uitbreek”?
Hoekom lees ons nie van brande wat op amper ‘n maandelikse basis uitbreek in ander droogte geteisterde gebiede nie? Die binneland het ook onder hewige droogte deurgeloop en dankie tog dat dit nou so heerlik daar reen, maar hoe is dit dat daar nie brande uitbreek nie? Of word dit net nerens genoem nie?
Daar is ‘n klomp vrae in mens se gemoed oor hierdie brande in die Wes-Kaap.
As ALLES nou afgebrand is in die area, wat DAN?
Mens lees dat dit goed is vir die fynbos en ek kan my nie daaroor uitspreek nie, maar wat van die wilde diertjies, spinnekoppe, slange, hasies, bokkies, skilpaaie, en al die ander wat ek nie nou aan kan dink nie en eiendom wat verlore gaan en die koste om hierdie brande te bestry?
Wat van die ongelooflike duur en bitter skaars water (sou water vanuit damme gebruik moet word)? Die damme is leeg en sou hierdie brande ontstaan as gevolg van brandstigting, dink diegene wat skuldig is daaraan dat die water waarvan hulle ook afhanklik is, bitter min is en dan nou moet gebruik word om vure te blus?

Conrad ·

Dis presies waar. Ek woon in Kaapstad. Brande vir proteas ens is gewoonlik elke 20 jaar. Dis iets natuurliks. Wat ons nou hier beleef is werklike brandstigting. Mens kan duidelik die patroon volg- dit ontstaan so al langs die voetpadjies…..
eerlik dit lyk soos die verskreoide aarde beleid om ons! rook net waar jy kyk, spierwit jy sien nie die berge nie! Party dae kan mens nie behoorlik asemhaal nie! Kan nie wag vir die winter nie, maar dan gaan die ding dalk oorwaai na julle toe daar bo!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.