
Rebecca Monyeki.
Vier verdagtes, waaronder die slagoffers se huishulp, het Woensdag vlugtig in die hof verskyn in verband met ’n plaasaanval in Thabazimbi waartydens Petro Res (59) doodgeskiet is.
Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Rebecca Monyeki (38), die huishulp, Dickson Moyo (31), Amos Munyau (26) en Silas Ndlovu (44) het in die Thabazimbi-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en huisroof in verband met die voorval verlede Vrydag. Monyeki en Ndlovu is getroud.
“Die saak is tot 8 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Die verdagtes se aansoek om borgtog is afgekeur en hulle bly in aanhouding,” het Otto bygevoeg.
Maroela Media het vroeër berig Petro, haar man Bruno (70), en ʼn vriendin is op 18 September op hul plaas, Matlopi, deur ʼn groep oorval en in die egpaar se instapkluis toegesluit. Petro is in die kop geskiet en haar man in die arm voordat die verdagtes van die toneel gevlug het.
Die drie persone is eers ure later deur besoekers in die kluis gevind. Petro het reeds aan die skietwond beswyk. Vyf vuurwapens is tydens die aanval gesteel.
Die polisie is steeds op soek na nóg vyf verdagtes wat glo met die aanval verbind word.
- Rebecca Monyeki.
- Dickson Moyo
- Silas Ndlovu
- Amos Munyau
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Laat hulle sommer net so voor die muur bly slaan, bring die vuur-pelleton in, en gee hulle elkeen wat hulle verdien ,vir hulle bose dade
Die gesig van ‘n moordenaar, wat gaan in so ‘n persoon se kop aan “om sy hand in iemand ander se liggaam te steek” met die doel om hom dood te maak. Vandag moor en steel ek en volgende week staan ek weer en bedel.
Ek as man van die huis is die huishulp, help my vrou met als…dis immers net reg. Sodoende het ons nie nodig om n “huishulp” te he nie…hulle gaan ingee aan die versoeking, kort voor lank!
Die mense wat haar werk verskaf het, wat gesorg het dat sy eet en vir haar familie kan sorg, die word koelbloedig uitgemoor. Wat het sy nou daaruit gekry??
As mevrou Petro nou kon praat sou sy julle almal seker uitgeskel het omdat julle durf vinger wys na Rebeccatjie, wat al so lank by haar werk en o so goed is. Familielid van my is al twee keer beroof maar wee my as ek vra wie die hek dan vir die rowers oopgesluit het as net die huishulp tuis was. Wee my. En hulle het jong kinders…