Foto’s: Ingryping kom in Ottosdal ná geweld

Foto: Verskaf

Die Noordwes-regering het ingrypings in die Tswaing-munisipaliteit, wat Ottosdal, Sannieshof en Delareyville bedien, aangekondig ná geweld en oproer in die gebied die afgelope week.

Mothibedi Kegakilwe, LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake, sal Vrydag Ottosdal besoek.

Woedende lede van die gemeenskap het Woensdag die dorp tot stilstand gebring nadat hulle paaie met bande wat aan die brand gesteek is en ander voorwerpe versper het. Skole en ondernemings is gesluit en die R507 en R503 is geraak met betogers wat klippe na motors gegooi het.

Die munisipale gebou, twee vragmotors en ʼn trekker is ook tydens die geweld aan die brand gesteek. ʼn Polisievoertuig is beskadig toe dit met klippe bestook is toe betogers die landdroshof probeer teiken het.

Volgens kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, is nege verdagtes ná Woensdag se geweld in hegtenis geneem. Die verdagtes het Donderdag vlugtig in die rondgaande hof in Ottosdal verskyn op aanklagte van openbare geweld en brandstigting. Hulle bly in aanhouding tot hul volgende verskyning op 16 Julie.

Foto: Verskaf

Die geweld het Donderdag voortgeduur en volgens Tselanyane is ʼn verdere vyf verdagtes in hegtenis geneem nadat die Lestopa-gemeenskapsbiblioteek aan die brand gesteek en polisievoertuie onder meer met petrolbomme bestook is. Die verdagtes sal Maandag in die Coligny-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld en saakbeskadiging.

Volgens die betogers het hulle reeds ʼn maand gelede ʼn memorandum aan die burgemeester oorhandig, maar voel hulle hul griewe het nog nie aandag geniet nie. Munisipale werkers daag ook tans nie vir werk op nie weens die nie-betaling van hul Junie-salarisse.

Volgens Kegakilwe het die munisipaliteit aangedui dat hulle daarin geslaag het om genoeg geld in te samel om die uitstaande salarisse te kan betaal.

Fanie du Toit, VF Plus-LP en onderleier in Noordwes, het vroeër gesê die chaos in die Tswaing-munisipaliteit het nou totaal handuit geruk.

Foto: Verskaf

“Inwoners van hierdie dorpe gaan reeds jare gebuk onder swak dienslewering, maar dienslewering het nou heeltemal tot stilstand geknars.

Dit is weer eens die plaaslike ekonomie en getroue belastingbetalers wat die meeste hieronder ly. Dit is ʼn skande dat ʼn eens florerende en vreedsame plattelandse gemeenskap effektief as gyselaar aangehou word deur omstandighede wat geskep is deur ʼn onbevoegde plaaslike ANC-regering.”

Die DA het politieke faksies en wanbestuur die skuld gegee vir die situasie in Ottosdal. “Dit het verder onder ons aandag gekom dat die munisipale bestuurder, Isaac Moruti, siekverlof geneem het ná ʼn uitval met die burgemeester, Lydia Malwane. Ons kan nie langer toekyk hoe die faksies binne die ANC swak dienslewering bewerkstellig nie,” het Freddy Sonakile, die DA in Noordwes se woordvoerder vir samewerkende regering, gesê.

Die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake het gevra vir kalmte en ʼn kriminele ondersoek na die voorvalle van geweld gelas. “Vandalisme sal nie gekondoneer of verdra word nie aangesien die herbou van die infrastruktuur miljoene rande gaan kos. Geld moet bestee word waar dit die nodigste is en nie om op te bou wat doelbewus vernietig is nie,” het Faith Muthambi, voorsitter van die komitee, gesê.

Die ANC-koukus in Noordwes het ʼn beroep gedoen op betogers en munisipale werkers om Kegakilwe die geleentheid te gee om hul kwessies en ander diensleweringsaangeleenthede op te los.

“Die LUR vir samewerkende regering het sedert sy onlangse aanstelling deur die provinsie gereis om verskeie probleme wat ons munisipaliteite in die gesig staar, op te los.

“Die ANC-koukus moedig ons gemeenskappe aan om ruimte te gee vir hierdie ingryping in die belang van stabiele dienslewering,” het Tshiamo Tsotetsi, woordvoerder, gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Willehond ·

Ek stem! Gooi nog petrol! En brand dan die res af oor die goed wat hulle afgebrand het nie meer daar is nie!

James ·

Ek stem. Partykeer is ‘n ding so gebreek, dat jy hom afskryf, en van voor af uit die as begin bou.

Hoe vinniger die hele land afbrand – hoe beter.

Cherokee ·

Jy’s reg Pop. Party mense se sin vir humor is soos SA, heel bevonk.

Martie ·

Skiestog maar het julle nie die kruisie gemaak nie? Julle het mos geweet wat gaan gebeur want dit gaan al jare so. Maar NOU is julle kwaad?

T-man ·

Ek stem saam Martie. Maar dit is maar die ou gesegte van “an idiot is someone who does the same thing over and over and each time expecting different results…”

Johan ·

Die meeste betogers lewer op geen manier ‘n finansiële bydrae tot munisipale dienste nie. Maar hulle stel voortdurend toenemende eise. Hulle sal nie ophou nie. Dit is Sielkundiges se droom van gevallestudies.

Hartseer ·

Wag tot hulle saamstaan in die land en elke dorp begin brand dan is ons eers in ons maai in

fred ·

Hartseer ek wag ook vir oomtblik dat hulle gaan organiseer en saamstaan en as n groot golf van verwoesting aanspoel….ek sien elke dag hier in Centurion by die ingang van die upmarket estates tientalle mense dit en wag vir n piece job…wonder wat hulle denk van die swartes wat met duur luukse duitse karre in en uitry terwyl hulle in die koue vir n jobjie moet bedel….hielank gaan hulle dit nog vat???

Phillip ·

Lekker brand af dan is daar geen dienste nie dit gaan lekker in die branddende SA van ons sal hier stop anders brand ek my vingers

Muffin ·

Presies wat Johan se. Hulle dra niks by nie maar verwag die meeste en rig die meeste skade aan.

Sonja ·

Ja, tyd dat net die wat bydra tot ekonomie kan stem. Nog n droom is dat daar strenger teen sulke opstande opgetree sal word en brandstigters en klomp wat klippe gooi en skade aanrig lang tronkstraf sal kry… net n droom.

Piesanglander ·

Munisipale werkers word nie betaal nie, maar raadslede het seker hul salarisse gekry! Gaan nou erger as met opstande in 1976 en 1986, maar die mense stem mos hiervoor! Die land brand , stakings, werkloosheid en dienslewering wat nie bestaan nie, hoeveel breinselle het jy nodig om te besef jy kry waarvoor jy stem?

Gert van Wierdapark ·

Die “koeel is deur die kerk” in ons Kakistokrasie, en wie moet ons bedank!? Die a en see se 25 jaar van droogmaak! Diegene wat niks het om te verloor nie, (want hul het feitlik niks) behalwe die jare lange verkiesing-beloftes! Die beloftes is nou seker maar net oorgeskuif na pres CR se “Pie in the Sky” Droom-stad! Die moontlikheid van ANARGIE is n moontlikheid as die politici in beheer()?), wie dit ook-al is, nie wakkerskrik voordat die Nag-merrie ons tref nie!

Veer ·

Mnr die president, jy het nog nooit beheer gehad in hierdie land nie! Waar is jy?!

Awie Opperman ·

Hennie, dis net ‘n grap as dit nie jou dorp is nie. Dit is wel belaglik dat ons dit toegelaat het om so ver te gaan. My vrae aan elke burger is: Gaan jy wag tot jou dorp of stad volgende is? Wat doen jy om ‘n bydrae te maak tot ‘n beter toekoms vir ons kinders? Raak betrokke by organisasies wie selfbeskikking ten doel het, kies een, enige een. Ons kan nie net toekyk hoe ons land voor ons aangesigte vernietig word nie.

Deon ·

Die lysie van selfbeskikkers raak min. Ek praat nou nie van die kulturele selfbeskikkers nie.

Positife, Nê!! ·

Alles sal mos wonderlik “reg kom”, nê…? moet net nie durf “negatief” wees deur te sê dat “daar sal niks van kom nie”, nê? Wonderlike vooruitstrewende hool inderdaad.

Deon ·

Vrae kan ook gerig word aan Afrikaner belangegroepe wat reken ons moet net vasbyt en werk aan selfbeskikking in ons dorpe en woonbuurte, m.a.w. ‘n soort van onafhanklikheid. Feit is, die land brand en die vlamme kom al hoe nader. Nuwe planne moet gemaak word, blitsig. Die water begin kook en die paddas kan nie meer uitspring nie.

Jannie van Niekerk ·

Daardie kiesers is of verstandelik vertraag, of geestelik versteurd. Dieselfde ANC en EFF vir wie hulle verkiesing na verkiesing stem is dieselfde ANC en EFF wat sulke swak dienslewering gee. Verstommend hoe onnosel party mense kan wees.

Andre Stander ·

‘Afrika Vooruitgang’

Deur vandag te betoog en te verwoes omdat daar nie betroubare vervoer infrastruktuur is nie; omrede die busse wat jy gister gebrand het, nie vandag beskikbaar is om jou te vervoer nie.

Lientjie ·

Soos die gesegde sê ” cust your nose to spite your face “

Bekommerd ·

Hierdie is nie n grap nie en nou is die tyd om met almal wat gatvol is te vergader en n munisipaliteit op die been te bring buite die anc wat kan en wil regeer. Dit sluit die police ook in. Al kos dit wat. Laat die inwoners hulself reggeer.

Jimmy ·

Die meerderheid van die inwoners is nie eers instaat om na hulself om te sien nie. Hulle kan beswaarlik lees en skryf, is sieklik en honger, en leef op staatstoelaes. Ons leef in Afrika, nie Europa nie.

Han ·

As elkeen wat oor ‘n saak ongelukkig is vuurhoutjies gaan uitpluk en brande stig, is SA kort voor lank ‘n totale ashoop. Gelukkig pas party mense SELFBEHEERSING toe, omdat hulle aan die gevolge dink! Sommiges doen eers en dink dan (as hulle enigsins kan).

Dropkick ·

Daai drie dorpe kan nie meer gered word nie. Vra almal wat onlangs daar moes deur. Baie ander sal volg. Mense in bestuursposte wat nie die vermoë het om twee ure vooruit te beplan nie. Van bo tot onder..deur die bank..vrot

George in Bloem. ·

“Those who vote for a corrupt incompetent government are not victims but accomplices.”

Clipper ·

Die anc is ‘n reaktiewe regering omdat daar niemand is wat weet hoe om ‘n besluit te neem nie. Alles moet eers vernietig word voor hulle iets doen. Soos in die Kaap, eers 2000 moorde voor hulle die weermag inbring al vra DA dit al jare lank

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.