[Foto’s] Internet op hol oor leeu in Braamfontein

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Foto’s van ʼn leeu wat doodluiters in ʼn straat in Braamfontein, Johannesburg, afloop word wyd op sosiale media versprei en het internetgebruikers skoon op hol.

Die foto’s is skynbaar vanuit ʼn hoë gebou geneem en wys hoe ʼn mannetjiesleeu op die teerpad loop en selfs met sy voorlyf agter op ʼn motor klim. Op die foto kan heinings gesien word wat die indruk skep dat die leeu in ʼn afgesperde gebied beweeg.

Die hutsmerke #Braamlion en #Braam was sedert Maandagaand van die mees bespreekte onderwerpe op Twitter en gebruikers het bespiegel dat die leeu moontlik uit ʼn reservaat ontsnap het, dat die leeu gebruik is in die verfilming van ʼn advertensieveldtog of dat die foto’s gemanipuleer is.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die Twitter-gebruiker Voice of Wits het beweer hy het bevestiging ontvang dat die leeu deel was van ʼn advertensie wat in die gebied verfilm is.

Virgil James, ʼn woordvoerder van die Stad Johannesburg, het egter aan Maroela Media gesê dat hulle geen rekord het van ʼn produksiemaatskappy wat aansoek gedoen het om ʼn produksie te verfilm waarin ʼn leeu gebruik word nie. Maroela Media kon ook geen inligting bekom van ʼn leeu wat uit ʼn reservaat of dieretuin ontsnap het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Christo ·

Is julle seker hy het nie ‘n nr 10 Lions trui aangehad nie?

Gesiggie ·

Ag nooit klink soos a April Fools Joke”” waar sou die Leeu dan nou verdaan kom, om in n straat in n besigge gebied te loop? eenkeer by ons was daar ook so n soort gelyk storie van n luiperd wat by n winkel sentrum rondgeloop het? Storie was nie so lekker waar”’ Foto” shot… wie wil nou wie skrik maak… of dalk het hy uit die Diere tuin onsnap? is daar een naby?? of n Wildsresivaat? Nogal snaaks

Karma ·

Is Sylvester se sussie (ek dink dit is ‘n dame daardie, daar is lyk my nie enige ander fisiese tekens om anders te bewys nie!). :-)))

Natie ·

Nou ja toe ek glo nie daar was veel inbrake die aand nie hahahaha

Essie ·

Is dit nie “Beauty and the Beast” of “Lion King”nie?

Kaspaas ·

Dit is in News 24 en EWN bevestig dat dit n film produksie was.

Akram ·

Genugtig. is sylvester nog in sy kamp? miskien moet daar meer male so patrollie dedoen word. dit kan dalk die misdaad afbring. nou is die mense in die res van die wereld gelukkig. leeus loop rond is die strate van SA……

Theresa B ·

Ek hoop net as dit NIE ‘n grap is nie – dat almal nou nie weer die gewere uitpluk nie. Kan die regte mense asseblief die leeu help en tot sy redding kom?! Hierdie sement-bewoners se koppe is nie meer een lekker nie en sal sommer die arme dier van kant maak – dis mos nou die inding. GEVAAR!!! (Wens hulle wil so optree teenoor al die rowers, aanranders, verkragters en moordenaars)

Karel ·

Kyk mooi op die 1ste photo….regs is die Camera Boom swart …hahahhahahah

Charlotta ·

Lyk vir my te veel ja n leeupak wat iemand aangetrek het, kyk ja die agterbene. Mooi bene vir n leeu.

johan ·

beter leeus looprond by braamfontein want mense staak moet stop.

hessie heks ·

dit was n regte leeu. die leeu kom van The Lion Park en sy hanteerder was die heeltyd naby. die voertuig is daar geplaas – die voertuig was afgeskryf in n ongeluk. kyk die voorkant van die voertuig is beskadig. ek dink The Lion Park sal kan verduidelik presies wat en vir wie n toneel geskiet is, asook watter veiligheidsmaatreels getref is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.