Foto’s van ʼn leeu wat doodluiters in ʼn straat in Braamfontein, Johannesburg, afloop word wyd op sosiale media versprei en het internetgebruikers skoon op hol.
Die foto’s is skynbaar vanuit ʼn hoë gebou geneem en wys hoe ʼn mannetjiesleeu op die teerpad loop en selfs met sy voorlyf agter op ʼn motor klim. Op die foto kan heinings gesien word wat die indruk skep dat die leeu in ʼn afgesperde gebied beweeg.
Die hutsmerke #Braamlion en #Braam was sedert Maandagaand van die mees bespreekte onderwerpe op Twitter en gebruikers het bespiegel dat die leeu moontlik uit ʼn reservaat ontsnap het, dat die leeu gebruik is in die verfilming van ʼn advertensieveldtog of dat die foto’s gemanipuleer is.
Die Twitter-gebruiker Voice of Wits het beweer hy het bevestiging ontvang dat die leeu deel was van ʼn advertensie wat in die gebied verfilm is.Virgil James, ʼn woordvoerder van die Stad Johannesburg, het egter aan Maroela Media gesê dat hulle geen rekord het van ʼn produksiemaatskappy wat aansoek gedoen het om ʼn produksie te verfilm waarin ʼn leeu gebruik word nie. Maroela Media kon ook geen inligting bekom van ʼn leeu wat uit ʼn reservaat of dieretuin ontsnap het nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Is julle seker hy het nie ‘n nr 10 Lions trui aangehad nie?
Ag nooit klink soos a April Fools Joke”” waar sou die Leeu dan nou verdaan kom, om in n straat in n besigge gebied te loop? eenkeer by ons was daar ook so n soort gelyk storie van n luiperd wat by n winkel sentrum rondgeloop het? Storie was nie so lekker waar”’ Foto” shot… wie wil nou wie skrik maak… of dalk het hy uit die Diere tuin onsnap? is daar een naby?? of n Wildsresivaat? Nogal snaaks
Is Sylvester se sussie (ek dink dit is ‘n dame daardie, daar is lyk my nie enige ander fisiese tekens om anders te bewys nie!). :-)))
Nou ja toe ek glo nie daar was veel inbrake die aand nie hahahaha
Is dit nie “Beauty and the Beast” of “Lion King”nie?