Foto’s: Inwoners gewaarsku ná sinkgat verder inval

Foto: Facebook via Laudium Disaster Management

Centurion-inwoners is gewaarsku om die gebied rondom die R55 naby Laudium te vermy waar ʼn sinkgat gevorm en nou nóg verder ingeval het.

Laudium-rampbestuur het in ʼn verklaring op hul amptelike Facebook-blad gesê inwoners word aangeraai om weg te bly van dié gebied, aangesien die grond tans baie onstabiel is en moontlik nog verder kan inval. Die rampbestuur-eenheid meen die sinkgat is tans tussen 6 m en 8 m diep.

Volgens rampbestuur het die sinkgat tot teen die R55-noord versprei, maar is die R55-suid steeds oop vir verkeer. “Die R55-suid is steeds veilig om te gebruik en die sinkgat sal gemonitor word in geval dit verder inval. Tans is die skade aan die pad beperk tot die gedeelte wat reeds vroeër gesluit is,” lui die verklaring.

Foto: Facebook via Laudium Disaster Management

“Ingenieurs was vanoggend [Sondag] op die toneel en verdere insakking van die sinkgat is baie moontlik. Inwoners en motoriste word versoek om uiters versigtig in die gebied te wees en sou enige induikings op die padoppervlak opgemerk word, kan die Laudium-rampbestuur by 060 791 1911 in kennis gestel word.”

Maroela Media het vroeër berig nóg ‘n sinkgat het voorverlede Donderdag deur die loop van die aand op die M24 (Stefanus Schoeman)-pad tussen die R55 en Valhalla naby Erasmia ingeval ná swaar reënval oor Pretoria.

Mpho Borodi (30), ʼn weermaglid, was die oggend omstreeks 04:25 op pad werk toe op dié pad. Hy het gesê dit was donker en hy het nie die gat gesien nie en met sy motor in die gat beland. Hy was ongedeerd en kon self daarin slaag om uit sy motor en die sinkgat te kom.

Ina Strijdom, die DA-raadslid van die wyk, het toe aan Maroela Media gesê die pad gaan vir ʼn onbepaalde tydperk vir verkeer gesluit wees totdat die sinkgat heeltemal herstel is. Kenners, senior amptenare en ʼn geoloog was op die toneel om die omvang van die probleem en die onmiddellike stappe vas te stel.

Motoriste word aangeraai om intussen van Wierdaweg en Hendrik Potgieterweg gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vermeendes ·

Maak asb daai pad oop net vir die bloulig brigade, hulle kan lekker voet in die hoek daar ry.

CJ ·

Wat wed ek almal dat hierdie sinkgat tjop-tjop gevul en gefix gaan word – nie soos die sinkgat ‘n paar km verder in Jeanlaan nie. Kyk watter raadslede gaan die meeste lawaai maak in die raadsvergaderings (en hul sin blitssnel kry): dié wyk by Laudium s’n (geld praat mos hard, of wat sê ek nie alles nie?) of dié van die Lyttelton wyk by die besige h/v Gerhardstr en Jeanlaan? Hier het besighede al toeka handdoek ingegooi ná ‘n gesloer van ‘n “ewigdurende proses” net om aan die gang te kom en ná ‘n tydperk waar veral restaurante ernstige verliese gely het (steeds ly?). Soos die Engelsman sou sê: Watch this space!

PJC ·

As ek in so ń omgewing bly sal ek nou darem baie vinnig ń paar toetsgate op my eiendom boor om seker te maak ek sit nie op ń sinkgat nie.

marous ·

Berig sou goed gelees het as die weermaglid die befaamde wit hater majoor was en hy nog steeds in die gat gesit het

Filip ·

Dit is nie dieselfde sinkgat wat voor verlede Donderdag ingeval het nie. Die 2 sinkgate is ongeveer 2 kilometer uitmekaar. Die een is op die R 55 en die ander een wat MM na verwys is ol die M 24.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.