Foto’s: Jhb-hospitaal in ligte laaie

Die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg was Vrydagaand in ligte laaie. (Foto: Twitter)

Die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg was Vrydagaand nog in ligte laaie, nadat ʼn brand die oggend by een van dié hospitaal se apteke uitgebreek het.

Die Gautengse departement van gesondheid het Vrydagaand in ʼn verklaring gesê dat brandbestryders teen 20:30 nog gespook het om die vuur te blus. Pasiënte is na ander dele van die hospitaal verskuif, sodat hulle verder weg van die vlamme is.

“Ons oorweeg dit ook om pasiënte na nabygeleë hospitale oor te plaas,” het die departement gesê.

Die brand het na wat verneem word steeds Saterdagoggend gewoed.

Die vlamme is aanvanklik vroeër Vrydag geblus, nadat dit die oggend in ʼn apteek uitgebreek het. Dit het egter later weer opgevlam. Geen beserings of sterftes is tot dusver weens die brand aangemeld nie.

“Die departement sal verdere inligting bekend maak namate die situasie ontvou.”

Intussen het die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) geëis dat ʼn ondersoek na die brand gedoen word. Volgens dié vakbond het die vlamme die apteek waar talle mediese voorraad gehou word, verwoes.

“Dit is ʼn groot verlies, aangesien daar reeds ʼn tekort aan mediese voorraad en persoonlike beskermingstoerusting in hospitale is.”

Die vakbond sê die feit dat die brand ure lank aanhou woed, is ʼn bewys dat die nodige veiligheidsmaatreëls nie behoorlik by die hospitaal ingestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sarel ·

Nog ‘n Brand…..nog ‘n ondersoek…weer geen antwoord
Daar is mos veronderstel om ‘n Brandstelsrl in werking te wees….blyk dat dit nie gewerk hey nie wasr is die Hospitaal se Velighids mense wie se werk dit is om seker te maak stelsels werk. Ag wat geen antwoorde te wzgte nir

Jack ·

Swak bestuur, swak bestuur en nogmaals swak bestuur. Die storie van die nuwe Suid-Afrika.

Stof ·

Baie dankie vir die pragtige komplimemt teenoor ons wat geroep is om in staashospitale te dien.
Ek neem dit hierdie keer, nie ter harte nie.
Mag die dag wees, in elkeen van jou gunsteling skakerings.

Jacobus ·

Wat ons het word verniel en vernietig. Die hospitaal was in sy dae ‘n baie sigbare monument vir die mediese wêreld – nóú net nog ‘n ANC wrak. Om van te huil!

Pietertjie ·

Dit was een van vele mediese monumente wat onder die ANC/SAKP deurgeloop het: net in die onmiddellike omgewing was Baragwanath hospitaal, Medunsa, JG Strijdom hospitaal, Edenvale, die lys is lank!

Ou bees ·

Lyk my tot die brandweer is useless hoe blus jy ‘n brand en maak nie seker dis heeltemal dood nie. En dit lyk baie verdag iemand moet bietjie uitvind of daar nie ondersoeke was oor bedrog met die medisyne nie. Daar is mos altyd iets agter alles in die land

Sobymykoolkop ·

Is dit nie dieselfde hospitaal waar daar tugoptrede teen gesondheidswerkers was wat onder andere ń sanksie van 60 dae sonder salaris ontvang het nie. Baie toevallig.

Carel Aaron ·

Soos ek verstaan was daar diefstal van die brandkrane se gedeeltes waarmeer dit oopgedraai moet word. Water moes van elders aangery word. Brandkrane in hospitaal en op die perseel was nie bruikbaar nie agv diefstal. Daarom kon die brand nie binne ñ uur of 3 geblus word nie.

Skande dat”pettie crime” nie gepolisieer word nie.

John ·

Sharlot Makeke het seker die verwarmer in die linne kamer aangehad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.