Foto’s: JHB-vloede is “swaarste reënval in 14 jaar”

Colerainerylaan in Sandton. Foto: Facebook

Colerainerylaan in Sandton. Foto: Facebook

Die swaar reënval het ook sy tol op Johannesburgse paaie geëis en ʼn groot insinking het Vrydag in Colerainerylaan in Sandton, Johannesburg, plaasgevind.

Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die stad se nooddienste het Dinsdag aan Maroela Media gesê die insinking is oor die naweek afgebaken om veiligheid te verseker. Alternatiewe roetes is ook aangedui. Hy het gesê geen verdere vloede is Dinsdag aangemeld nie, maar Kliptown het Maandag erg onder blitsvloede deurgeloop.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het aan EWN gesê dit is die eerste keer in 14 jaar wat Gauteng sulke swaar reënval beleef.

JHB-vloed. Foto: Twitter

JHB-vloed. Foto: Twitter

Volgens die weerdiens is die reënval nie ongewoon vir die tyd van die jaar nie, maar die hoeveelheid reën wat tot dusver gemeet is, is wel ongewoon.

Die provinsie betree sy tweede week van erge reënval en talle laagliggende gebiede is oorspoel en sommige mense is uit hul huise gedwing. Lees meer hier.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.