[Foto’s] ‘Jong mense’ steek bus in Kaapstad aan die brand

Foto: Facebook via 1Second.

Die stad Kaapstad het die afbrand van ʼn MyCiti-bus in die Joe Slovo-park in Milnerton ten sterkste veroordeel.

Die voorval het Sondagmiddag plaasgevind.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het gesê die nege meter lange bus is net ná 14:00 deur ʼn groep jong mense op die 261-roete bestorm en aan die brand gesteek. Die bus is heeltemal vernietig.

Geen beserings is aangemeld nie en die busbestuurder kon ongedeerd ontsnap.

“Die motief vir hierdie sinnelose en skokkende aanval in onbekend. Ons benodig al die inwoners om saam met ons te staan en die gewelddadige aanvalle te veroordeel. Daar is absoluut geen verskoning of regverdiging vir hierdie kriminele gedrag wat ons vordering rakende ʼn meer inklusiewe en toeganklike stad ondermyn nie,” het Herron laat hoor.

Die stad het gesê finansiële hulpbronne is beperk en om dit te vernietig wat reeds gebou is, weerhou almal van toegang tot werk en geleenthede asook skole en klinieke.

Foto: Facebook via 1Second.

“Die gemeenskappe wat afhanklik is van openbare vervoer ly die ergste hieronder. Lae-inkomstefamilies bestee gemiddeld 43% van hul maandelikse salaris aan vervoer,” het Herron gesê.

Volgens Herron werk die stad onverpoos om die koste van openbare vervoer te verlaag en meer toeganklik te maak vir die behoeftiges. “Diegene wat net na willekeur openbarevervoer-infrastruktuur vernietig as hulle ontevrede is, ontneem wetsgehoorsame inwoners van hul reg op bekostigbare, toeganklike en veilige openbare vervoer.”

Hy het die polisie gemaan om die skuldiges vas te trek en aan die pen te laat ry. Die MyCiti-busse op die 261-roete word tydelik na ander roetes herlei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leendert ·

Dus het ons regtig politieke en maatskaplike chaos in die land. Is net polisie optrede die antwoord?

Koos ·

Vang daai klomp arsenaal beheptes. Stuur vir hulle Indië se slums toe om vir 6 maande te gaan uithelp , sodat hulle almal kan leer wat dit is om werklik arm te wees sonder hoop. Die waar RSA so alles gee vir een klomp ,maak van hulle ondankbare, eiesinnige, “spoiled brats” (bedorwe brokkies) wat selfsugtig is teenoor ander wat werklik nie sonder busse kan klaar kom nie. Ek sal sommer die klomp daar in Indië in reël en dan moet julle sommer werklikheids programme maak oor hoe die klomp hul houding sal verander en hoekom. Soos daai program van die ondankbare Engeland tieners wat oorsee na gesinne gestuur is om te leer hoe om te funksioneer.

Tersia ·

Skort die diens op in daardie gebied. Verander bus roetes. Die jong klomp het nie vervoer nodig nie en so ook besluit namens die ander bus gebruikers.

Hanna ·

Skort busdienste na daardie gemeenskap op totdat hulle die misdadigers uitlewer. Glo my, hulle weet wie die skuldiges is! Probleem opgelos. Wens ons het so n busdiens in die Strand /Gordonsbaai area gehad.

Grootvoet ·

Ek eis ‘n volkstaat waarbinne ek en my gesin saam met mede-Afrikaners in rus en vrede kan leef, vry van hierdie tipe barbaarse gedrag!!

Adam ·

“Afrikaners” en “rus en vrede” kry jy nie in dieselfde plek nie, in elk geval nie op aarde nie.

Johan. H. ·

Se net weer vir my , Hoekom verdien die lotte nou weer Respek???

Sann ·

Goeie dag MM. Ek sien gereeld dat daar aanhalingstekens by sommige woorde/terme gebruik word in julle berigte. Kan julle asb vir my verduidelik waarom dit so gedoen word. In hierdie geval is dit ‘jongmense’.

Janie Monsieur ·

Dagsê Sann.
Dankie vir jou navraag. In gevalle waar daar nog nie enige bewyse in ‘n hof voorgehou is nie, mag die media nie aannames maak oor enige voorval nie. Deur die woord in aanhalingstekens te sit, verwys bloot daarna dat die persone, in die geval die groep jong mense, nog as vermeende oortreders beskou word.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Uvonka ·

Nee kyk, die “jongmense” is ‘n special kind of stupid!!!!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Indien die owerhede weet wie die “JONGMENSE” is wat die bus aan die brand gesteek het is dit wenslik dat hierdie skuldiges aan hul mense gegee word om self met hul af te reken want natuurlik sal die inwones van die gebied onder die afbranding daarvan ly. En moet nie die bus vervang nie. Duidelik het hul dit nie nodig nie en is hul seker dankbaar die liewe Vader het vir hul twee voete gegee om die mee te loop en nie afhanklik is van alternatiewe vervoer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.