‘n Drawwer het Maandagoggend ‘n ongewone besoeker op Houtbaai se strand aangetref.
Janice Gianna Wagner het die Kaapse Kobra opgemerk toe sy gaan draf het en die slang dadelik “Princess” gedoop. “Hbay Beach jogging with my Pet snake Princess Silky,” het sy by een van die foto’s wat sy op Facebook gelaai het, geskryf.
Die foto’s is wyd op sosiale media versprei nadat Wagner dit op die Facebook-groep, Hout Bay Organised, gedeel het. Onder andere deur die bekende atleet Ryan Sandes en sy vrou, die bekende persoonlikheid Vanessa Haywood.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Wel dis iets heel te mal nuus,maar as daai een kom af koel het,sal daar beslis nog kom baai met die aankoomende sommer,hoop om meer te hoor van hulle.
Was dit baie warm? Wat dink slang-kenners…is dit normaal? Ek ken die spreekwoord dat waar daar 1 slang is, daar is nog ´n slang. Ek het 9 jaar terug op een van die berg-paaie bo-kant Houtbaai in ´n Pofadder in vas geloop. Ek het my lam geskrik. Dus glo ek 100% die storie.
Te oordeel aan die rigting van die skaduwees in hierdie foto’s is dit nie in die oggend geneem nie. Dit lyk of die skaduwees in ‘n suidoostelike rigting lê, wat toon dat die son in die noordweste moes gewees het, wat in die middag gebeur, nie in die oggend nie.