[Foto’s] Kaapse winkelsentrum ontruim weens brand

Die Cape Quarter-winkelsentrum in Groenpunt (Foto: Verskaf)

Die Cape Quarter-winkelsentrum in Groenpunt (Foto: Verskaf)

ʼn Bekende winkelsentrum in Kaapstad moes Dinsdagoggend inderhaas ontruim word ná ʼn brand op die eerste verdieping uitgebreek het.

Theo Layne, die stad se nooddienste-woordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die brand het Dinsdagoggend by die Alforno Café and Bistro van die Cape Quarter-winkelsentrum in Napierstraat in Groenpunt uitgebreek.

Layne sê die brand het by die geleidingsmateriaal, wat die uitlaatpyp met die dak heg, van die pizza-oond ontstaan. Dit is egter nog nie bekend wat die brand veroorsaak het nie.

“Die gebou is ontruim voor die nooddienste op die toneel aangekom het. Nooddienswerkers het daarna vinnig geslaag om die brand grootliks te blus, en die mense is weer in die sentrum toegelaat,” het hy gesê.

Layne het ook gesê daar is geen beserings opgedoen nie. “Daar is egter baie vuur-, rook- en waterskade aan die winkel, maar die omvang van die skade is nog nie bekend nie. Verdere ondersoek sal hopelik ʼn verklaring kan gee vir die oorsaak van die brand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.