[Foto’s] Kaapstad-egpaar vas oor daggalaboratorium

Die egpaar wat in hegtenis geneem is in verband met 'n daggalaboratorium in Vredehoek, Kaapstad (8 April 2016) Foto verskaf deur die SAPD

Die egpaar wat in hegtenis geneem is in verband met ‘n daggalaboratorium in Vredehoek, Kaapstad (8 April 2016) Foto verskaf deur die SAPD

ʼn 42-jarige man en sy 51-jarige vrou is Vrydagoggend in Vredehoek in Kaapstad in hegtenis geneem op verskeie aanklagte wat met dwelmhandel verband hou.

“Lede van die provinsiale speurafdeling het Vrydagoggend op die woning in Vredehoek toegeslaan,” het lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die beamptes het op ʼn hidroponiese laboratorium afgekom en beslag gelê op dwelmmiddels en toebehore wat gebruik word om dwelmmiddels mee te kweek.”

Volgens Traut het die polisie ook beslag gelê op daggaplante en gedroogde dagga ter waarde van R50 000. “Die egpaar is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel en sal Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.”

Die omstandighede rondom die egpaar se betrokkenheid in Kaapstad se dwelmhandelbedryf word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cheryl ·

Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg. Vernietig mense se lewens, praat uit ondervinding!

SNEL ·

Was my eerste gedagte ook, Cheryl. Geen gevoel vir kinders en ander se lewens.

Desire Lombard ·

Jy weet seker nie meer mense gaan dood van Brufen as dagga nie ne? Genugtig mense word wakker dagga is nie die duiwel nie!

ek ·

Verpak hulle in houer saam als, op skip na land waar hul tot dood veroordeel word vir delm vervaardiging.

Pieter.v ·

Met hul kennis van tuinbou sal dit goed wees waar hulle gemeenskaps diens kan doen en so arm mense en mense wat nie weet hoe , oplei om hul self te voorsien met groente en so ekstra geld verdien deur verkope,net hulle dophou dat daar nie dagga tussen die groente geplant word nie.

Hugo ·

Nou toe nou, ‘n paartjie met ‘n “boom-plantasie” in Vredehoek… lekker bru :) Wonder hoeveel van hierdie opstalle in die rondte is. En ek stem, daar is ander probleme wat meer aandag moet kry, soos byvoorbeeld ons agbare president.

Sean ·

Stem 100% saam met jou Desire! Verbaas jou kommentaar is nie ook verwyder nie. Kan Maroela asb. aan my verduidelik waarom my kommentaar asook ander s’n verwyder is? Of is vryheid van spraak hier ook ‘n taboe? Ek is teleurgesteld om die minste te sê. Hoekom probeer julle die waarheid oor die medisinale waarde verdoesel?

Sune van Heerden ·

Dagsê Sean

Ons moes die gesprek verwyder, aangesien die opmerkings geneig het om persoonlik beledigend te begin raak. In die geval van ʼn tweegesprek is dit nie moontlik om slegs sekere kommentaar te verwyder nie, aangesien die oorblywende kommentaar dan uit konteks is en nie meer sin maak nie.

Die oordeel om enige kommentaar te verwyder wat nie aan ons beleid voldoen nie, berus by die redaksie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.