Foto’s: Kaapstad-meubelfabriek in ligte laaie

Die rookwolk hang oor Kaapstad. Foto: Foto: @megan_wakefield op Twitter.

ʼn Brand het Dinsdagoggend by ʼn meubelfabriek in Kaapstad uitgebreek.

Volgens Theo Layne, woordvoerder van die stad se brand-en-reddingsdiens, is brandbestryders omstreeks 09:00 na die fabriek in die Epping- industriële gebied ontbied.

Ses brandweerwaens, twee watertenkers en ʼn noodvoertuig is na die toneel ontbied.

“Die hele stoorkamer is aansienlik beskadig, insluitend die stoorkamer asook die vervaardigings- en vertoonarea.”

Sover vasgestel kan word, is geen beserings aangemeld nie. Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Verskeie paaie om die stoorkamer was vir verkeer gesluit weens swak sigbaarheid.

ʼn Donker rookwolk kon kilometers ver gesien word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.