Foto’s: Kabinet beëdig in Pretoria

Pres. Cyril Ramaphosa kom by die Sefako Makgatho-presidensiële gastehuis in Pretoria aan. Agter hom volg hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa se kabinet is Donderdagmiddag deur hoofregter Mogoeng Mogoeng beëdig.

Dit volg nadat Ramaphosa sy kabinet wat hom in sy termyn sal bystaan Woensdagaand in die Uniegebou aangekondig het. Die president het besluit om talle departemente te laat saamsmelt en die aantal ministers is van 36 tot 28 verminder. David Mabuza is weer as adjunkpresident van die land aangewys.

Dié seremonie waartydens die adjunkpresident, ministers asook adjunkministers beëdig is, het by die Sefako Makgatho-presidensiële gastehuis in Pretoria plaasgevind.

Sien die volledige lys van nuwe ministers en adjunkministers hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Willem ·

Raak ek nou amper opgewonde want ek lees die opskrif hulle het die kabinet in Pretoria be-eindig.

Bonita ·

Wat is sirkus. ….die mense in NZ en Australia dink ons doen stand up comedy. …rerig!!! En GEEN blanke aanstellinks vir wireless of bruin (behalwe tannie pat, …..sò sad. Our brown and whitez is so ex luded ????????????

Arno Scheepers ·

Julle weet almal hoekom ons regering n KABINET genoem word nê!!!

Louise ·

Dit is wat ek ook eerste gelees het.

Die Lands-Burgers is aan bewind!

Hahaha

Gert van Wierdapark ·

Dit het gelyk of me De Lille die hoof-“regter ‘n “High Five” wou gee! Ek reken sy gaan haar gate uit geniet in die Ministerie van Openbare Werke. Die amptenare moet maar begin oefen om hul sokkies op te trek, want sy sal wil uithaal en wys dat sy die job goed/Good sal kan doen! Sterkte auntie Pat!!

Louise ·

De Lill

ANC -> PAC -> GOOD PARTY

She’s going to have a GOOD PARTY! For a few months at last.

I don’t think this Cabinet will last 6 months.

Tokkie ·

En terwyl die sirkus aan die gang is word plaasmoorde gepleeg nog inbrake nog huisrowe en werkloosheid gaan agteruit – wat gaan hierdie klomp anders doen as hul onbevoegde voorgangers ?

sweis ·

Vergeet nie om te noem van die diskriminerende wette teen minderhede geskrap moet word

Anneli ·

Duidelik geld die rasse kwota stelsel nie by die aanstelling van ministers nie.

Louise ·

Jip

Wat van die Khoi-Khoi’s wat EERSTE hier was;
Kleurlinge
Sesotho’s
iSiSwati’s
Vhendas
Portugese
Nederlanders
Duitsers
Franse

Hahaha

Johan ·

Kyk ek hét geweet, maar dit is gestempel dat politici nie n halwe hoender omgee oor die mense van SA nie. Dit is n speletjie tussenANC en ANC lite. Die feit dat n korrupte De Lille daar so staan en glimlag was die stempel op die saak. Hopeloos vir n regverdige omgee regering, dit bly n moddergooiery tussen die kindertjies.

Issabelle ·

Sjoe …. wat “n skok om nou die nuwe lede weer in parlement te sien …. hoekom is daar so min soos 8 lede vir die parlement verklein …. ek voel Ramaphoza KON absoluut die parlement verklein het met nog meer mense wat nie hulle poste werd is nie …. daar is steeds baie vrot apples in die parlement met geraamtes in hulle kaste ….. nou gaan die daar meer sirkus wees as gewoontlik ….. hoekom kies Ramaphoza die verkeerde mense vir die parlement wat nie daar hoort nie ….. !!!!!

Louise ·

Wel, nou kan iemand as iets verkeerd gaan, nie die ANC beskuldig nie; alhoewel dit ANC Policies is wat geïmplementeer moet word??

charmaine ·

Is die vorige tannie Zuma nie al naby aftrede nie? sjoe sy lyk baie oud.
Ai en Lindiwe sy wil net mooi lyk heeltyd.
Bheki verkies die handstuk sodat almal sy JA kan hoor.
Bly vir Pravin en Tito en tannie Patricia.

Positief ·

Baie mooi funksie en maak my trots Suid-Afrikaans! Geluk aan almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.