[Foto’s] Kaper doodgeskiet, een vas ná hoëspoed-jaagtog

Die Polo wat gekaap is. Foto's: Verskaf

Die Polo wat gekaap is. Foto’s: Bron

ʼn Vermeende kaper is Dinsdag in KwaZulu-Natal doodgeskiet en een is in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoed-jaagtog met die polisie wat toevallig in die omgewing ʼn spesiale operasie uitgevoer het om kapings te bekamp.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê beamptes van die Bayview-polisie in Chatsworth, wes van Durban, was omstreeks 04:45 in die omgewing toe hulle ʼn verdagte grys Volkswagen Polo opgemerk het.

“Die Polo het teen ʼn hoë spoed gery. Die beamptes het die motor agternagesit. Die insittendes van die Polo het op die polisie losgebrand toe hulle besef het hulle word agtervolg. Die polisie het teruggeskiet en een verdagte noodlottig gewond,” het Zwane gesê.

Een verdagte is in hegtenis geneem en ’n ander een kon daarin slaag om te voet te ontsnap nadat die motor waarin hulle was, gebots het.

Daar is reeds vasgestel dat die Polo in die Chatsworth-omgewing gekaap is. Die polisie het op ʼn vuurwapen beslag gelê. “Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit met ander misdrywe verbind kan word.”

Die 27-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Chatsworth-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van vermeende gesteelde eiendom, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en poging tot moord.

Zwane het gesê daar word vermoed dat die mans met ander kapings in die omgewing verbind word. Die soektog na die ontsnapte man duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theresa B

Skitterend…..!!!!!! Net jammer al 3 moes “noodlottig” gewees het.

GES

Iets om voor dankbaar te wees. Twee skuimbolle is nou uit sirkulasie gehaal. Ek hoop nie die polisiebeampte wat geskiet het gaan vervolg word nie.

AmY

Goed vir hulle!

Delta Mike

Welgedaan aan die SAPS manne, dit is hoe daar met kriminele gewerk moet word.

Christine

Fantasties, SAPD!!! Wonderlik dat daar nog MANNE in blou is, wat hul eed van Servamus et Servimus (het ek dit reg aangehaal?) voluit beoefen. Dit is verdeksels hoog tyd dat ‘the powers that be’ begin besef dat SA se oop grense en se beleid om alle Afrikane in SA te verwelkom, ‘n groot oorsaak is tot die hoë misdaadvlakke in die land. Dit gaan nie oor wie of wat nie, maar die feit dat mense met hoop in die land inkom – hoop om werk te kry, hul families te kan onderhou en veilig te wees en dan realiseer dit… Lees meer »