Foto’s: Karoo se rondloperleeu gevang

Mufasa nadat hy gevang is. Foto aan Maroela Media verskaf deur Hester Obermeyer.

Die leeumannetjie wat verlede maand uit die Karoo Nasionale Park in die Wes-Kaap ontsnap het, is gevind.

Die leeu, wat intussen Mufasa gedoop is, is Woensdag sowat 20 km buite Sutherland gevind, het Reynold Thakuli, woordvoerder van SANParke, gesê.

Volgens Thakuli is die leeu omstreeks 18:00 vanuit ʼn helikopter met ʼn verdowingspyl geskiet. Mufasa is daarna na die Sutherland-polisiestasie se aanhoudingselle geneem waar hy oornag het.

Mufasa nadat hy gevang is. Foto aan Maroela Media verskaf deur Hester Obermeyer.

Die leeu sal na die park teruggeneem word sodra ʼn krat arriveer. Hy sal ook ʼn halsband kry voor hy weer vrygelaat word.

Mufasa het op 15 Februarie uit die park ontsnap nadat swaar reënval veroorsaak het dat grond onder die heining weggespoel het. Hy het glo onder die heining deurgekruip.

Mufasa het sowat 14 diere, insluitend ʼn eland en skape, platgetrek terwyl hy op vrye voet was. Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het almal wat by die soektog na Mufasa betrokke was, gelukgewens.

Mketeni het gesê hy is veral trots op die veldwagters wat die leeu nagespoor het, sowel as die ondersteuning wat van die boeregemeenskap en organisasies soos Bidvest Protea Coin Security ontvang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

corne ·

Hy was gelukkig nie n sel gedeel nie .Dankie aan die gemeenskap wat gehelp het.

Lizelda ·

Hahaha, ja, nee ek het ook eers 2 keer gelees om te besef hulle het hom regtig in n aanhoudingsel aangehou vd nag, en lekker gelag. Baie dankie aan almal wat so lank na Mufasa gesoek het en dat hy ongedeerd is.
SanParke, asb kry vir Mufasa n vrou wat hom nie weer die bosse gaan laat inhardloop nie! :-)

Michelle ·

Wonder of die ander gevangenisse nie bietjie ongemaklik was met die meneer daar langs hulle nie☺

Juls ·

Kom ons sê so: “Die rehabilitasie program vir die gevangenes het dalk gewerk in hierdie geval”. Bring vir Mufasa na die maksimum C gevangenis by Pollsmoor en in PTA en dan doen ons ‘n toetslopie.

Gertryda ·

Bly hy is veilig
Wys jou net. Wildediere voel ingehok met enige heining groot of klein.
Hy is n free spirit.
Hy het seker by ouboet Sylvester geleer,
Kinders leer by ouers???

Netta ·

Hy loop weg want hy word uitgedruk deur bestaande trop. Hy sal moet geneem word na nuwe park met eie wyfies. Dis hoe dit werk, dis natuur om te gaan soek.

T ·

Ek besef dit moet gedoen word, maar tog kry ek die leeu jammer…

Theresa ·

Mofasa moes eet – so moenie kwaad wees vir hom nie. Julle moet hom goed behandel en kyk mooi na hom. Ek is seker dit was ook traumatiese ervaring vir hom. Ons pragtige diere is besig om stadig maar seker te verdwyn. Dit breek ‘n mens se hart.

Dis waar ·

Dis waar Theresa, ek kry die diere in hierdie afstootlike, wrede wereld ongelooflik jammer. So bly die arme dier is nie deur die een of ander trigger happy “jag entoesias” geskiet nie

Dries ·

Darem vir ‘n slag weer wonderlikke nuus! Ek is bly, dank aan almal wat ‘n bydrae gelewer het.

honourabla member ·

Nee wat die ou het n lekker tyd gehad. Net bly hy is nie doodgemaak nie.

JohanL ·

Geluk en baie dankie aan almal wat gesoek het en gehelp het. Altyd lekker om ‘n mooi en gelukkige einde aan ‘n storie te lees.

Heinrich ·

Ek sou wat wou gee om aan daai soektog te kon deelneem. Eerder dag in en dag uit in die veld as om met n baas en kliënte se simpel probleme te sukkel.

Nettie ·

@Heinrich – ek dink ek stem. Eerder dag in en dag uit in die veld met ‘n “opstroppelis” leeu in die omte, as om saam met ‘n spul snobs te werk en dom dorpenaars se dom navrae te hanteer.

Marinda ·

Hahahaha Heinrich, ek stem saam met jou.
Baie bly hy is lewend terug gevang.

jannie ·

Ek wonder of daai manne in die tronk die leeuloop probeer doen het…..

ANA ·

Hys ñ pragtige dier en hy lewe! ??
Welgedaan almal wat gehelp het ??
GOEIE NUUS DANKIE MM

Boerboel ·

Stem Saam Heinrich, hy het weggeeloop want hy was ook moeg vir sy baas daar, hoop hy kan nou weer rustig nuwe vriende kry en n’ nuwe baas.

wielie ·

Kan jy dink hoe dit klink as leeu daar wakker word en begin brul?! Ek dink n paar mense skrik hulle in n hospitaal in :)

nannie ·

Bly hy is lewendig gevind. Het darem heerlik aan die buite kosse gesmul. Glo n paar sou hulle lewers droog geskrik het as mnr gebrul het in die selle.

Jepetto ·

Wonder wat die ander sel bewooners gese toe hulle hoor hier kom a leeu oornag

Rupert Ashford ·

Dink nou net as daar ‘n dronkie in een van Sutherland se selle oornag het, en hy word die volgende oggend wakker met so ‘n buurman. Nie ‘n druppel weer oor sy lippe vir ten minste 2 dae nie!!! :-)

SjN ·

Hy gaan seker vanoggend voor die landros verskyn om aansoek te doen vir borg , hoop hy word nie te swaar gestraf nie. Hy hou almal daar in die omgewing op hul tone.

VanAfrika ·

Yes, yes, yes!!!! hulle het hom nie geskiet nie. Dankie tog , dit was my vrees want mense is mos trigger happy. Gee hom vir John Varty, hy sal bly wees om hom te huisves. Hierdie is my gunsteling game ranger, beskerm altyd ons kat spesie.

Miekie ·

Mufasa hoop jy is reg. Was seker nie baie lekker om in ‘n sel te slaap nie net baie bly jy lewe nog. Aan al die mense wat aan soektog deelgeneem het en Mufasa gered het baie dankie. Julle verdien medaljes. Amper ‘n maand en almal het geduldig gebly.

Lizelda ·

Hahaha, ja, nee ek het ook eers 2 keer gelees om te besef hulle het hom regtig in n aanhoudingsel aangehou vd nag, en lekker gelag. Baie dankie aan almal wat so lank na Mufasa gesoek het en dat hy ongedeerd is.
SanParke, asb kry vir Mufasa n vrou wat hom nie weer die bosse gaan laat inhardloop nie! :-)

jean ·

Wonderlik!…..Ag, kan hulle hom nie maar ook aanskuif Addo toe nie?….enige plek waar hy veilig sal wees en ‘n vroutjie sal vind. Sooo bly jy praat nie uit die sterre Mufasa! Mag jou hemel op aarde wees.

Laetitia ·

Die een vir Leon Schuster
daar’s ,n leeu in my sel. LOL

Joey ·

Wil ook uit skree dankie tog so bietjie goeie nuus. ???? Bly hy is veilig ? kyk die man het n paar mense vir n rukkie Besig gehou.

Hennie ·

Nou blinddoek hulle die leeu! Plaas hulle gee hom ‘n kans om te sien wie is die culprit wie hom gevang het . . .

Iens ·

Wens hy kon eerder na Kevin Richardson (lion whisperer) gaan. Daar sou hy verseker wees van n goeie lewe en baie goeie behandeling.

aj ·

Ek sou verkies dat die leeu vryloop … is bereid om te help betaal vir elke skaap ens wat hy vreet!

Daar’s ‘magic’ waar die grootkatte rondloop!

Lindtjies ·

Die beste was toe die omroeper op Radio Pretoria vanoggend gesê het, veronderstel iemand word afgetrek vir dronkbestuur en hy blaas en is oor die limiet. Hy word dan selle toe gevat. As hy die oggend wakker word en sien die leeu hier neffens hom. Die ou sal belowe om nooit weer te drink nie.

anni ·

Gelukkig het mufasa gratis slaapplek en kos in di polisie sel

Erich ·

Baie bly hy het sy avontuur oorlewe en gaan veilig terug na die park.
Dankie aan almal wat n bydrae gelewer het.
Gaan daar nou n fonds gestig word om vir sy etes te betaal?

Jou Karoo Beaut!!! ·

Mufasa jy is ‘n stunning Beaut. Hoop hulle het vir jou lekker kos gegee in die polisieselle.

Mag jy ‘n lang en gesonde lewe as ‘n Leeu hê.

jaco ·

is die gat in die heining al reggemaak? of staak die regstellende aksie werkers wat dit moet regmaak vir net NOG handouts?

Ellisras ·

Kan daar asb nog ‘n leeu “losgelaat” word. In hierdie tye van slegte nuus is die vermaaklikheid waarde groter as enige skade wat hy maak. Dit is goeie posetiewe nuus.

Erna ·

Ja-nee kan sien aan sy uitstekende kondisie dat daar genoeg kos daar buite was. Bly dat hy nou veilig is.

Ronel Nortje ·

Ek is eerlik verbaas – het gedink hulle sou hom dood skiet. Baie, baie bly dis nie die geval nie!

Jan van Niekerk ·

Hoop hulle het Mufasa se regte aan hom veduidelik voordat hy opgesluit is. Sal interesant wees om die klagstaat te sien. Sterkte aan die staatsaanklaer en landros wat die saak gaan behartig.

Alta ·

dis net baie vreemd dat daar geen hok op bystand was nie – hoe het hulle gedink – nou is die arme leeu net meer getraumatiseer

Japie ·

As die leeu terug geneem word gaan die trop mannetjies hom dood maak. Dit is hoekom hy gevlug het in die eerste plek. By n oorname van n trop deur nuwe mannetjies word die oues of dood gemaak of verdryf en alle welpies of jong leeus dood gemaak. Wreed maar waar. Dit is hoekom leeus bestuur moet word om hulle te bewaar. Na Botswana dit gestaak het het hulle getalle met sewentig persent gedaal. Weens die menslike snel groeiende bevolking is diere in parke in gehok. Leeus bly hulle eie grootste vyand en oorskot mannetjies moet verwyder word en verkieslik in oop en yl bevolkte gebiede van leeus hervestig word soos Mosambiek. Weens menslike oorbevolking moet diere bestuur om hulle te bewaar. Die Caprivi en Suid Oos Angola is goeie voorbeelde daarvan asook Mosambiek. Die daling van Afrika se leeu getalle is baie kommer wekend. Kruger se leeus is besig om uit te sterf ween TB en Miltsiekte in droe tye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.