
Die NG kerkgebou op Redelinghuys in die Wes-Kaap is in ‘n brand verwoes. (Foto: Facebook)
Die NG kerkgebou op Redelinghuys, ʼn dorpie in die Wes-Kaap, is heeltemal verwoes nadat ʼn brand vroegoggend daar uitgebreek het.
Bertus Senekal, brandweerhoof van die Weskus-distriksmunisipaliteit, het gesê nooddienswerkers is omstreeks 07:23 na die kerk ontbied, nadat omstanders klaarblyklik rook by die kerktoring sien uitborrel het.
“Die gebou was reeds in ligte laaie toe ons daar aangekom het. Daar was sigbare krake aan die buitemure en die dak het al inmekaargesak,” het Senekal gesê.
Dit het brandbestryders nagenoeg twee uur geneem om die vlamme te blus. Die vlamme het nie na enige ander geboue versprei nie.
Senekal het gesê niemand is in die brand beseer nie en die kerkgebou was klaarblyklik leeg toe die brand uitgebreek het. Die struktuur is ook baie onstabiel en toegang tot die perseel word vir veiligheidsredes beperk.
Volgens Senekal sal lede van die polisie se forensiese ondersoekeenheid nou die toneel fynkam om ʼn oorsaak vir die brand te probeer vasstel.
Bouwerk aan die kerk het in 1918 begin.
- (Foto: Facebook)
- (Foto: Facebook)
- (Foto: Facebook)
- (Foto: Facebook)
- (Foto: Facebook)
- (Foto: Facebook)
- (Foto: Facebook)
- (Foto: Facebook)
- (Foto: Facebook)
- (Foto: Facebook)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
Wat ‘n ramp, dit is so tragies.
dit is vir my snaaks hoeveel kerke waarvan ek weet al die afgelope jaar afgebrand het ??????
Hierdie is niks anders as ‘n finale aanslag op die Afrikaner nie . Gaan kyk hoeveel NG kerke is die afgelope paar maande afgebrand . Die opdrag is duidelik – Vernietig hulle taal . Vernietig hul kultuur . Vernietig hul reg op beskerming .Vernietig hulle vooruitsigte om te deel in die samelewing . Vernietig hul geloof en dan is hulle minder as niks . Hulle weet egter niks van vergelding nie ….en dit gaan kom , vir seker .
Dit begin ‘n patroon word. Tragies.
So tragies!!!
Al Ons histories’ geboue gaan daarmee heen.
Lack of maintenance! Tot in Ons kerke!
Hartseer.