Foto’s: Kerk op Redelinghuys in brand verwoes

Die NG kerkgebou op Redelinghuys in die Wes-Kaap is in ‘n brand verwoes. (Foto: Facebook)

Die NG kerkgebou op Redelinghuys, ʼn dorpie in die Wes-Kaap, is heeltemal verwoes nadat ʼn brand vroegoggend daar uitgebreek het.

Bertus Senekal, brandweerhoof van die Weskus-distriksmunisipaliteit, het gesê nooddienswerkers is omstreeks 07:23 na die kerk ontbied, nadat omstanders klaarblyklik rook by die kerktoring sien uitborrel het.

“Die gebou was reeds in ligte laaie toe ons daar aangekom het. Daar was sigbare krake aan die buitemure en die dak het al inmekaargesak,” het Senekal gesê.

Dit het brandbestryders nagenoeg twee uur geneem om die vlamme te blus. Die vlamme het nie na enige ander geboue versprei nie.

Senekal het gesê niemand is in die brand beseer nie en die kerkgebou was klaarblyklik leeg toe die brand uitgebreek het. Die struktuur is ook baie onstabiel en toegang tot die perseel word vir veiligheidsredes beperk.

Volgens Senekal sal lede van die polisie se forensiese ondersoekeenheid nou die toneel fynkam om ʼn oorsaak vir die brand te probeer vasstel.

Bouwerk aan die kerk het in 1918 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Liberale plan ·

Die plan van die nuwe wereldorde is om als wat Christelik of Westers is stelselmatig af te breek. Ons moet opstaan.

Antoinette ·

dit is vir my snaaks hoeveel kerke waarvan ek weet al die afgelope jaar afgebrand het ??????

marous ·

Hierdie is niks anders as ‘n finale aanslag op die Afrikaner nie . Gaan kyk hoeveel NG kerke is die afgelope paar maande afgebrand . Die opdrag is duidelik – Vernietig hulle taal . Vernietig hul kultuur . Vernietig hul reg op beskerming .Vernietig hulle vooruitsigte om te deel in die samelewing . Vernietig hul geloof en dan is hulle minder as niks . Hulle weet egter niks van vergelding nie ….en dit gaan kom , vir seker .

Willem Grobler ·

Jy is reg. Die revolusionêre aanslag word – soos met plaasmoorde – onder ‘n manteltjie genaamd “misdaad” weggesteek.

Talie ·

Ag nee dis mos brandstigting!!!!! Dit raak waarlik n patroon. Dis om van te huil.

Jack Daniel ·

So tragies!!!
Al Ons histories’ geboue gaan daarmee heen.
Lack of maintenance! Tot in Ons kerke!
Hartseer.

Donderstorm ·

Mense gaan kyk bietjie op wat beteken al die simbole in SA kerke soos wat hul in sit in die geboue in bv obelisks en dan wonder julle nog hoekom ons in die land dit so sleg het

Deon ·

Alle tekens van Kolonialisme moet verwyder word . Dit is deel van die Pan African en OAU se beleid .

Vra Net ·

Hoe lank het dit die brandweer geneem om daar uit te kom?
Is hulle nie ver van die Kerk af in ‘n ander dorp nie?

JP Coetzee ·

My oupa ds. David Johannes de Villiers was leraar vanaf 1906 tot 1920 in Redelinghuys en het 5 Oktober 1918 die hoeksteen gelê – volgens ons familie geskiedenis het die kerkraad op 1 Julie 1918 “dit gewaag om met die bou van die kerk ‘n begin te maak. Die heer L.A. Simon is aangestel as argitek en boumeester. Die gemeente het ywerig gehelp, sommige het sand aangery, ander klippe, party het stene gemaak en nog ander het materiaal vanaf Het Kruis aangebring – alles met die wa en osse” Het nog heelwat informasie oor die bouproses – dit is ‘n baie hartseer saak. Ek was self lanklaas op Redelinghuys, maar volgens die foto’s het die dorpenaars deur die kerk gronde pragtig onderhou.

Peet Schabort ·

Geagte JP, tree in verbinding met die argief van die NG Kerk asook die Genealogiese Genootskap van SA. Jou inligting mag nie verlore gaan.

Henriette ·

My Ma het daar groot geword, aangeneem en voorgestel in die Kerk, my Oupa se begrafnis diens was ook vanuit die Kerk. Dit is hartseer dat dit in brand vernietig is.

? leser ·

elke imbisiel wat ook kerke afbrand is ‘n lafaard, jys nie ‘n Christen nie
julle gaan ons as suid afrikaners, wit mense, boere, se moed nie breek nie, die Here sal met julle afreken, jy beskadig nie die Huis van die Here nie
julle gaan nog kruip, terug na die mense wat die land van niks af opgebou het tot 1994

Manie van Worcester ·

Ek het nog nerens gehoor dis brandstigting, is ons nie bietjie haastig nie. Tog is dit beduidend dat spesifiek ng kerke afbrand.

Kind van God ·

Baie jammer oor die mooi ou kerkgebou . Maar gelukkig bly ons die Kerk ons mense wat God dien nie n gebou nie. Slegs louwarm geloof kan vernietig word. As ons geloof vastaan op Jesus die hoeksteen se die Woord dat geen storm ons sal laat val nie.

MW ·

Van die ou kerke se argitektuur is aremrowend. Dis deel van die land se geskiedenis en ons erfenis. Miskien moet daar ‘n punt van gemaak word om die elektrisiteit gereeld na te gaan . Aan die ander kant, as die brande opsetlik veroorsaak word kom die vraag weer op, wat het die brandstigters om te wys?

Nollies ·

Dit noodsaak 24 uur Multi Cam Surveillance by alle belangrikke plekke en kerke land wyd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.