[Foto’s] Kerkplein kry ʼn nuwe baadjie mét Oom Paul

'n Kunstenaarsvoorstelling van die nuwe plein.

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die nuwe plein.

Opknappingswerk het Maandag in en om Kerkplein, in Pretoria se middestad, begin om dié historiese plein ʼn nuwe baadjie te gee, met Paul Kruger se standbeeld wat bly.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, het gewaarsku sekere paaie sal weens die opknappingswerk om die plein vir verkeer en voetgangers gesluit word in die nege maande wat dit gaan vat om die projek te voltooi.

ʼn Paar parkeerplekke by die plein gaan ook heeltemal verwyder word. Motoriste word aangeraai om parkades en parkeerplekke om die plein te gebruik.

Toegang tot Kerkplein, deur Paul Krugerstraat, asook die aangrensende Palace-, Mutual- en Parliamentstraat en Banklaan gaan van middel Oktober heeltemal vir verkeer gesluit word. Motoriste word aangeraai om dan van alternatiewe roetes gebruik te maak.

“Wanneer die projek afgehandel is, sal motoriste nie meer ʼn gedeelte van Paul Krugerstraat, wat om die plein strek, kan gebruik nie. Net A Re Yeng-snelbusse en noodvoertuie sal dié pad kan gebruik, sodat voetgangers die breër sypaadjies kan gebruik,” het Mashigo gesê.

Volgens Mashigo sal die plein ʼn heel nuwe voorkoms kry, met bome, opgeknapte grasperke en straatbankies, wat by die moderne landskap inpas. “Die herontwerp sal tot die prag en vernuwing van die middestad bydra,” het hy gesê.

Hy het gesê daar is geen sprake dat Paul Kruger se standbeeld verwyder gaan word nie en dit sal die middelpunt van die plein bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Oupa ·

Weet iemand al hoeveel die spulletjie die belastingbetalers gaan kos? Ek onthou nog hoe die Metroraad nét voor Kersfees deur bankrotskap in die gesig gestaar is…

Gerda ·

Hoekom begin hulle nie eerder met opruiming van al die vullis wat langs die pad gestrooi word opruim nie. Daar is soveel vuil plekke in die dorp wat n nuwe blaaitjie nodig het.

jaco ·

dis 2017 en alles wat mooi was vir wit mense in die ou SA word links en regs verwyder, verander of sleggemaak as rassisme en ander lelike goed. En hier word kerkplein verander MET BEHOUD VAN paul kruger se standbeeld. Boere, julle gebede vir reën gaan meer as net verhoor word. hier kom strome water uit die hemel.

TM ·

Ek sien nie ‘n probleem met wat hulle doen nie. Ten minste gaan my belangsting-geld aan iets wat ek kan sien en wat Pretoria mooier maak. Ja ek stem saam daar is baie plekke wat aandag nodig het, maar magties moet tog nie oor alles kla nie. Hierdie is ten minste ‘n goeie begin.

Johan II ·

Net so TM. Ten minste kan ons sien waar ons geld gaan….nie net hoe ry die duur swart motors in die dorp rond nie.

Alki ·

Ek stem ook vir die opknappingswerk wat hulle wil doen. Ek loop daagliks oor die plein na my busstop, een dit sal wonderlik wees, daar is talle waterlekasies en modderpoele op die grasperk gedeeltes, en die plein is erg verwaarloos deur die vorige regime wat aan bewind was in die TM. Die plein oor die algemeen kort ‘n goeie skoonmaak. Kan nie wag vir die eindproduk nie, ek sal met plesier ook ‘n ompad loop as hulle die paaie gaan sluit tydens die opknappingswerk.

pieter ·

Wee n bewys ons mense kan net kla en kla oor dinge.Maak nie saak wat iemand doen nie kla sal ons kla lyk my dis ma in ons kultuur. Doen so voort maak die stad mooi.Ek is hier in Krakow en wat n plesier om deur hulle tuine met standbeelde te loop en alles is so skoon en netjies.

Deirdre ·

Waarom Jakarandas? Sal die inheemse Vanwykshout nie mooier wees?

wdp ·

Nou hoekom is die 4 boere krygers nie op die voorstellings nie ? wie gaan dan vir Oom Paul teen die EFFers beskerm?

Agnes ·

Dit is gaaf om te sien dat ons middestad weer aandag kry maar groot asseblief, verwyder al die rondlopers , smouse, bedelaars en rondhangende niksnutte daar, sodat n mens in veiligheid dit kan geniet, dit is gevaarlik om daar rond te beweeg. So ons sal dit nie kan geniet, nie eens sal ons die verbeterings kan aanskou nie, te gevaarlik

Irene Myburgh ·

Ek is baie bly oor die verandering. Ek wonder maar net wat gaan hulle doen met al die boemelaars wat elke aand op die plein slaap dit lyk soos een groot “hotel” hulle le langs mekaar in rye. Die plein was al voorheen af gespuit om alles skoon te maak maar dit lyk en ruik net weer so sleg.

Gaan hulle dalk sekuriteits persone op die plein he wat hulle weg jaag of gaan hulle al die gelde spandeer en dan slaap en bevuil die mense dit maar net weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.