Foto’s: Kind se arm sit in swembadpyp vas

Die negejarige kind se arm in die swembadpyp Foto: ER24

Die negejarige kind se arm in die swembadpyp Foto: ER24

ʼn Negejarige seun van Bloemfontein se arm het Vrydag in ʼn skoolswembad se suigpyp vasgesit.

“Paramedici het langer as drie ure gespook om die kind se arm te bevry,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hulle kon uiteindelik ʼn deel van die pyp afsny en die seun is na die Mediclinic Bloemfontein geneem vir dringende behandeling.”

ʼn Gedeelte van die pyp was steeds aan die kind se arm toe hulle met hom hospitaal toe gejaag het.

Die kind is onder verdowing geplaas en verskeie gereedskap, insluitend ʼn skuurmasjien, moes gebruik word om die pyp te verwyder. Die prosedure het twee ure lank geduur.

“Die seun en sy arm is in ʼn stabiele toestand,” het Rossouw bygevoeg.

Dit is nie duidelik hoe die kind se arm in die pyp beland het nie.

Die pyp wat afgesny is van die negejarige kind se arm Foto: ER24

Die pyp wat afgesny is van die negejarige kind se arm Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JoeV ·

“Dit is nie duidelik hoe die kind se arm in die pyp beland het nie.” Seun van nege jaar; hy’t sy arm daar ingedruk!
Was self nege jaar oud lank terug.

Oppas net met die mannetjie naby dorsmasjien belde en goed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.