Foto’s: Kitsbank by vulstasie opgeblaas

Die Shell-winkel ná die ontploffing. Foto: Neville Wilke / Facebook

Die Shell-winkel ná die ontploffing. Foto’s: Neville Wilke / Facebook

Drie swaargewapende rowers het Woensdagaand ʼn kitsbank en ʼn kluis in die snoepwinkel van die Shell-vulstasie in Kloofsig, Centurion opgeblaas.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die mans, wat blou oorpakke en klapmusse aangehad het, het omstreeks 20:15 toegeslaan en die kassier, kliënte en petroljoggies met vuurwapens aangehou.

“Hulle het die mense se selfone gebuit en hulle gedwing om die winkel te verlaag,” het Weilbach gesê.

Die verdagtes het springstof gebruik om die kitsbank en kluis op te blaas.

Polisie oip die toneel.

Polisie oip die toneel.

Hulle het met die selfone en ʼn onbekende hoeveelheid kontant van die toneel gevlug.

“Geen skote is gevuur nie, en niemand is tydens die voorval beseer nie.”

Die Lyttelton-polisiestasie ondersoek ʼn saak van besigheidsroof en ʼn kitsbank-bomaanval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie versoek enigiemand wat hulle in hul ondersoek kan bystaan, om die stasie by 012 644 8644 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

Kitsbank opgeblaas? Wonder hoekom!
Seker het die bank iemand se bankkaart gesluk en was dìt die enigste manier om dit terug te kry.

jjobson ·

Swaarkry is niemand se hond – geld is nou nodig vir die feesgety,ek dank die Vader niemand is beseer nie. Die rowers moet hulself eerder opblaas want vir sulke barbare is daar nie plek op aarde nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.