Foto’s: Kitsvloede saai chaos in Randburg

Die foto's is deur ER24 verskaf.

Die foto’s is deur ER24 verskaf.

‘n Video en meer foto’s volg onderaan die berig.

Verskeie huise is Dinsdag in Randburg, Gauteng, beskadig nadat swaar reën kitsvloede veroorsaak het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die huise is in Getrude- en Troupantstraat in Malanshof geleë. “Inwoners het in die vroeë oggendure wakker geword en besef hul huise oorspoel,” het Bodasing gesê. “Die water het in sommige plekke sowat 3 m bo die padoppervlakte gestyg.”

Daar word verneem dat sommige inwoners hul huise deur hul dakke moes ontruim. Motors is ook etlike meters ver deur vloedwater meegesleur.

“Nooddienste is steeds op die toneel. Omliggende inwoners staan hul bure by met kos en ander noodsaaklikhede,” het Bodasing bygevoeg.

Sy het gesê drie mense is vir skok en angs behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eugene ·

Stuur seblief vi my van julle laaste gebeure in di nuus van ongelukke en fotos. Danki

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.