[Foto’s] Klag gelê ná Facebook-uitlatings

Skermskote van Thandiswa Mawisa se profiel (Foto: Verskaf)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag strafregtelike klagte by die Lyttelton-polisiestasie teen die persoon agter die Facebook-profiel Thandiswa Mawisa gelê nadat dié profiel boodskappe van haatspraak, intimidasie en aanhitsing tot geweld gepubliseer het.

Die sogenaamde Thandiswa Mawisa het ’n foto van ’n ander Facebook-gebruiker se dogter afgelaai en dit daarna só aangepas dat dit lyk asof die kind in ’n skut se visier is.

Die woorde “Bullet between the devil eyes” [sic] is onderaan die foto ingevoeg.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê hoewel AfriForum reeds honderde klagtes van haatspreek, intimidasie, rassisme en aanhitsing tot geweld op sosiale media ontvang het, is die organisasie geskok dat ’n onskuldige kind op só ’n wyse by dié debat ingesleep word.

“Ons het daarom besluit om die beëdigde verklaring onmiddellik in te dien,” Roets.

AfriForum het verder die SAPD versoek om die persoon agter die Thandiswa Mawisa-rekening te identifiseer en aan die pen te laat ry. Om die proses aan te help het die organisasie versoek dat die polisie gereelde terugvoer oor die aangeleentheid gee en ook alle hulp aangebied wat die organisasie moontlik kan gee.

“Ons het ’n toenemende geneigdheid onder mense opgemerk wat sosialemediaplatforms soos Facebook en Twitter gebruik om rassisme aan te wakker, dreigemente te rig en geweld aan te hits. Ons hoop van harte dat die polisie ’n deeglike ondersoek sal loods en die verantwoordelike persoon sal straf.”

AfriForum is tans besig om ander maniere te ondersoek om rassisme, haatspraak en ander oortredings op sosiale media hok te slaan.

Voorbeelde van rassisme, haatspraak en geweldaanhitsing kan na [email protected] gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Jaco ·

Supra sal niks se nie, want die persoon wat die haatspraak aanwakker is nie blank nie! Onthou, net blankes kan rassisities wees, dit weet ons mos almal nou al…

Emma ·

Ek hoop hy kry ook so groot boete soos Penny Sparrow gekry het. Betaalbaar in Afriforum se rekening !!

Christelle ·

Ag nee dis onnodig. Is vrede te veel gevra? Die son skyn oor almal…

Eddie ·

Baie dankie Afriforum vir julle goeie werk, ek is lid van julle en ondersteun julle 200 persent.

Jaco ·

Hi son
Ek hoop so jy is reg en dat dit ‘n vals boodskap is. Hier is net te veel onmin en onverdraaglikheid in ons land.

Kallie ·

Die kos kom van die staatstoelae wat elke maand deur die barmhartige en grote ANC gegee word

Celia ·

Ek is bitter geskok hieroor. Die ouers van daardie dogtertjie, kry regsadvies.
Ek hoop dat julle met alles wat julle kan, hierdie persoon kan vastrek wat so iets doen!. Wat so erg is, was dit n blanke persoon wat dit geplaas het en n swart kind, was die berig nou reg om die aardbol,en arrestasie reeds gedoen.Dit maak mens siek. Hoe bly mens langer in hierdie land! Ek het ook n kleinkind, klein seuntjie van amper 4.Blondekoppie netsoos die dogtertjie.
Ek wil ook graag weet, waarom na mens die moeite doen om te reageer en kommentaar te stuur, dit nooit geplaas word nie- sonder dat mens enige reels oortree.Ek is seker daar is n swartlys.

koos ·

Is dit dan nou nie vir sulke goed wat Gerrie Nel daar is nie? Iemand moet iets doen, gewone kriminele klagte hep nie!

celia ·

Ek is bitter geskok hieroor. Die ouers van daardie dogtertjie, kry regsadvies.
Ek hoop dat julle met alles wat julle kan, hierdie persoon kan vastrek wat so iets doen!. Wat so erg is, was dit n blanke persoon wat dit geplaas het en n swart kind, was die berig nou reg om die aardbol,en arrestasie reeds gedoen.Dit maak mens siek. Hoe bly mens langer in hierdie land! Ek het ook n kleinkind, klein seuntjie van amper 4.Blondekoppie netsoos die dogtertjie.
Ek wil ook graag weet, waarom na mens die moeite doen om te reageer en kommentaar te stuur, dit nooit geplaas word nie- sonder dat mens enige reels oortree.Ek is seker daar is n swartlys.

Sophia la cock ·

Kan maar net bid vir sulke mense, mense hou tog op om kwaad met kwaad te vergeld dit bring niemand enigsins iets goeds in die sak nie. Ek glo darem dat die meeste van ons in vrede wil leef.

Chris Fourie ·

Hierdie sal weer ‘n stil dood sterf, ek hoop ek is verkeerd! Al wat ek weet is dat Bloedrivier ‘n druppel in die emmer gaan wees, en dis naby.

al ·

As jy mooi sy teksboodskap lees, is dit presies wat hul doen deur gewapende roof, verkragting en moord op plase.
Hierdie is van die ergste vorm van haat en rassisme ineengevleg.
En wie sit agter dit? Politieke leiers wat dit onder hul volgelinge propageer.

Lollie ·

Afskuwelik verby! Asb MM, hou ons op hoogte want as ons dit nie op MM lees nie sal ons nooit daarvan te hore kom nie. SAUK saai nie sulke goed uit nie want waar is die blankes tog in tel? Ander media gee dit ook nie want dan is hulle seker in die sop. Ek dink daar is BAIE waarvan ons nie te hore kom nie want as ons alles moet weet gaan daar beslis ń oorloggie uitbreek!

EksalnooitweerLeopold Kritiseernie Belowe ·

Dis n fop fb rekening.
Maar neuk die man steeds op al is hy wit.

(Wonner of hierdie naam ook geblok gaan word)

Just me ·

Thank heavens something is being done. I saw this post recently and I sent a post out asking why something is not being done about this person and their hate speech which is far worse than anything I have heard from anybody else.

JAB ·

Hierdie man praat so baie kry hom in ondervra hom, hy weet baie van plaasmoorde lyk my na n “master planner” op die gebied van Plaas aanvalle!!!!!!!!

latie ·

onthou net ons moes aan die HERE vergeet nie en HY slaap nie lees daar 1 johannes 4:19-20 bid daai persoon in die naam JESUS CHRISTUS amen.

Frikkie ·

Daar word so baie gepraat van blankes wat uitlatings maak wat net grens op haatspraak. Die blankes word uitgewys en moet dan aangekla word. Direk daarna is daar hengse betogings, brandstigting en beskadiging van eiendomme en persele, wat gaan nou gebeur. Wat sal tog nou saak maak nog ‘n saak wat onder die mat in sal verdwyn, geen uitspraak of enige verdure media dekking nie soos in baie ander gevalle in die verlede. Here asseblief help ons as blanke burgers van Suid Afrika om nie dieselfde uitspake te maak as wat nou weer die geval is nie. Ons pleit ook by U, dat geregtigheid sal geskeid en hy/hulle sal boet vir uitsprake wat ander se lewens in gevaar stel en bedreig. Al wat ons kan vra is waarom staan ons regering nie op teen sulke mense nie of het die regering dalk net nie meer die wil en mag om op te tree teen reg en regverdigheid nie

Andre ·

Ek wil nog sien wat word van die een net soos die ander honderde sake ???

pieter ·

dit is regtig soos suid Afrikaners wedersyds voel,word wakker hierdie bom gaan ontplof.

E.K. - ek sê net! ·

Siek verby! Taalgebruik in die fb “post laat my dink dis nie ‘n swart persoon nie. Wat wil so een nou bereik? Mense moet liefs nie sommer jul kinders op sosiale media plaas – kyk hoe word ‘n fot hier misbruik!

Thea Gerber ·

En wat op aarde laat jou dink dit is ‘n blanke wat dit geskryf het? Die taalgebruik? Word wakker. Hierdie mense praat lankal nie meer Fanagalo nie, hulle is absoluut bedrewe in Engels, hulle eie taal en Afrikaans. Meer as wat ons kan sê. Dit is omdat ons hulle so onderskat dat ons telkens derde kom.

Mosselbos ·

Ek is van mening dit is n vals profiel geskep om wit mense aan te hits om onverantwoordelik op te tree teen swart mense. Kyk die taalgebruik dit maak nie sin. Wees asb kalm en laat die ware storie eers ondersoek word.

se iets ·

Ek lees net AfriForum maak klaagtes en alles, maar NOOIT NOOIT NOOIT, lees ek iewers dat daar wel iets aan die mense gedoen word of in die hof verskyn nie

Gideon Roos ·

Sulke dreigemente en uitsprake is onaanvaarbaar, ongeag wie dit plaas en op wie dit geteiken is.

Afrikaanse Knaap ·

Wat my altyd opval is dat geen politikuste hulleself teen hierdie gedrag uitspreek nie. As jy nie jouself teen ‘n konsep uitspreek nie, stem jy tog daarmee saam?

Het nie woorde nie ·

GENOEG IS NOU GENOEG!!! HOE LANK GAAN HUL AANHOU DIS SO SIEK WORD SKOON NAAR VAN DIE GOED WAT HUL SE. DIT KAN NIE SO AANGAAN NIE!!!!!!!!!!

Blits ·

Die taal gebruik kan wees van iemand wat nie baie tussen die ore het nie, sulke dinge bly onaanvaarbaar of dit nou swart teen wit is of wit teen swat, dit bly verkeerd maak nie saak hoe jy daarna kyk nie en sulke mense moet in die tronk gegooi word sonder parool, hulle is indirek ook skuldig aan talle moord en verkragtings teen wit mense

Kay ·

hierdie is eerder sameswering tot moord … Dis tronkstraf … nie net ‘n boete nie … Hoop hulle vang die ou

Regtig Kabous? ·

Niemand is so blind soos een wat nie wil sien nie….. Kabous….

Suanette Ludick ·

Ek sal bly wees as al die mense aan die pen gery word. Dit hits beslis rassisme aan en ons kinders en vroue is die tykens.

Gawie ·

…en die DA het stilstuipe, maar dat die eienaar van n gastehuis nou besluit wie in sy gastehuis welkom is..?!
Duidelik konsentreer hulle net op die massas se ondersteuning vir die volgende verkiesing.

JB ·

Waarom raak die amptelike opposisie in die parlement nie betrokke by sulke haatmisdade nie?? Hul skitter in hul afwesigheid.

Rina Kotze ·

Die persoon wat dit geskryf het moet net asb onthou dat wanneer daar nie meer boere oor is nie, daar nie meer kos gaan wees nie.

Sy straf sal dan wees om te sterf van hongerte, hy en sy familie.

So oppas aan diegene wat plaasmoorde aanmoedig en aanhits!

Geen boere, geen kos op jou tafel!!!

Steve Stephansen ·

Pasop vir valse haatspraak wat deur witmense opgesit word om rassehaat aan te wakker. Ek skrik gelukkig nie vir strooi soos die nie want ek glo nie enige regdenkende mens sal so optree nie….

Mariana ·

Wel, luister maar net hoe die massas deur politici opgesweep word teen die blankes (boere veral) en dan sal jul verstaan. Die ANC moet deflekteer van hoe swak hul SA bestuur en die arme “voetsoldate” is te dom om te besef hul word opgesweep en gebruik vir al die vuilwerk. Kyk maar net na sg “dienslewering” proteste. Wie se huise word afgebrand? Coligny….Die plaaslike dokter ens..ens..dis propaganda vd regering wat dit veroorsaak…blankes is verantwoordelik vir als wat verkeerd loop in die land…laai die donkie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.