Foto’s: Klaskamers in brand verwoes

Die MJ Mgidi Secondary School ná die brand. (Foto: Verskaf)

’n Gedeelte van ’n hoërskool in Soshanguve noord van Pretoria, is Woensdagaand gedurende ’n brand verwoes.

Verskeie meubelstukke van die MJ Mgidi Secondary School het tot as verbrand toe ’n brand vermoedelik in twee mobiele klaskamers ontstaan het.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê die brandbestryders kon gelukkig die vlamme onder bedwang bring voordat die brand na die res van die skool kon versprei en verdere skade aanrig.

Dit is nie in die stadium duidelik hoeveel die skade beloop of hoe die brand ontstaan het nie.

Mabona sê niemand is gedurende die voorval beseer nie en die polisie stel ondersoek in.

Die MJ Mgidi Secondary School ná die brand. (Foto: Verskaf)

Die MJ Mgidi Secondary School ná die brand. (Foto: Verskaf)

Die MJ Mgidi Secondary School ná die brand. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JM ·

Net wonderlik hoeveel brande deesdae oral uitbreek. Darem net te toevallig.

Piet ·

Deur die people afgebrand!!!!Wil nie skoolgaan nie want anc regering gee toelaes en als verniet!!!!!Vivvvvaaaaa anc!!!!

Hardekwas ·

Brand kaders, brand. Hoe meer julle brand, hoe gouer gaan die plek tot niet.

Pieter ·

En more kla hulle weer omdat hulle onder ‘n boom moet sit en skoolgaan!!

Swerwer ·

Ja, want sien as hul kla lok dit simpatie in die buiteland want ai tog, dit is apartheid se skuld dat die gebou/hospitaa/skool so maklik aan die brand gesteek kon word. Apartheid het nie die hospitaal/skool/gebou gebou wat ANC bestand is nie. Die ou klomp aparheid boggers

Shakespeare ·

As jy nie wil leer nie, brand af. Afrika op sy beste.

Miskruier ·

Is dit al wat die meerderheid in die land kan doen…afbreek en verwoes

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.