Foto’s: Klein Libertas-teater verwoes in brand

Die Klein Libertas-teater in Stellenbosch is op 13 Junie 2015 in 'n brand verwoes Foto: Henk Fourie, Facebook

Die Klein Libertas-teater in Stellenbosch is op 13 Junie 2015 in ‘n brand verwoes Foto: Henk Fourie, Facebook

Die bekende Klein Libertas-teater in Stellenbosch in die Wes-Kaap is Saterdagoggend in ʼn brand verwoes.

“Die gebou se dak het ingeval en daar is erge strukturele skade aan die gebou,” het Vernon Bowers, woordvoerder van die Stellenbosch-munisipaliteit, Sondag aan Maroela Media bevestig. “Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.”

Volgens Bowers moes die brand tussen 03:00 en 06:00 uitgebreek het, aangesien die eienaar tussen 06:00 en 07:00 by die teater opgedaag het. Die verhoog was aan die brand. “Die brandweer is omstreeks 07:00 ontbied.” Dit het die brandweer minder as ʼn uur geneem om die brand te blus. “Die Wynland-brandweerdiens is ook ontbied om seker te maak dat die brand gou onder beheer gebring kon word en dit nie kan versprei nie.”

Hy het bygevoeg dit sal honderde duisende rande kos om die gebou weer te herstel.

Niemand is beseer nie.

Teatergangers het hul skok en misnoeë op die teater se Facebook-blad uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Ja, veral omdat daar nou gepoog word om Afrikaans ook in daardie deel van ons land “uit te vee”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.