[Foto’s] Knysna-brande: Duisende ontruim wyl huise, skole afbrand

Knysna-brande (Foto: Twitter)

Sowat 10 000 mense van Knysna in die Wes-Kaap moes reeds inderhaas hul huise ontruim nadat twee brande wat Woensdag aan weerskante van die dorp uitgebreek het, steeds verwoesting saai.

James Brent-Styan, woordvoerder van die plaaslike regering, het Donderdagoggend gesê drie sterftes is reeds aangemeld.

Brent-Styan sê dié brand is die grootste en mees vernietigende van sy soort in ’n beboude gebied in die Wes-Kaap in ʼn lang tyd. Die Knysna-brande volg ook kort op die hakke van die ergste storm wat dié provinsie in die laaste twee dekades getref het.

Hoewel die Wes-Kaapse rampbestuur Donderdagoggend bevestig het dat ʼn massa-ontruiming in dié stadium nie nodig is nie, moes inwoners van onder meer Brenton, Belvedere, Welbedach, Nania, Eastford, Groen Weivelde en Knysna Heights reeds hul wonings ontruim. Talle inwoners van ʼn ouetehuis tussen Knysna en Plettenbergbaai moes ook die tehuis verlaat.

Paaie tussen dié dorpies is ook gesluit vir verkeer.

“Die nooddiensspanne monitor die situasie deurentyd en sal plaaslike inwoners betyds inlig indien bykomende ontruimings nodig is,” sê Brent-Styan.

Hy sê die Wes-Kaapse rampbestuur het reeds gevalle aangemeld van inwoners wat versuim om hul wonings te verlaat, maar dat nooddiensspanne nie sal huiwer om te doen wat nodig is om inwoners veilig te hou nie.

Maroela Media het vroeër berig die Knysna-munisipaliteit het intussen ʼn gesamentlike operasiesentrum op die been gebring by die Knysna-brandweerstasie om alle voorvalle te koördineer.

Foto: Koos Britz/WVS Wildfires/Twitter

Bykomende brandbestrydingshulpbronne is verder ook in die gebied ontplooi. Dit sluit sowat agt brandweerwaens in van die Stad Kaapstad, twee van die Overberg-distrik en 12 addisionele brandweerspanne.

Nooddienste baklei egter steeds teen sterk wind en baie rook wat die gebruik van helikopters tans nie moontlik maak nie.

Besprekings met sleutelbelanghebbendes, insluitend die Suid-Afrikaanse Lugmag, duur voort.

ʼn Aflaaipunt vir die versameling van kos, water en ander benodigdhede is by die Eden-brandweerstasie in George gevestig.

Johan van Noordwyk, ʼn inwoner van die dorp, het Woensdagaand op Facebook gesê sy gesin het heel waarskynlik alles in dié brande verloor. Van Noordwyk en sy gesin het minder as ʼn week gelede na Knysna verhuis.

“Ons neem aan dat alles afgebrand het. Meeste van die dorp brand steeds. Dis byna soos iets uit ʼn Armageddon-fliek. [Ons het] sopas Dinsdag ingetrek. [Die kinders] het die trek goed hanteer, maar nou [gebeur] dít ʼn paar dae later. Helfte van die dorp is afgebrand,” het hy gesê.

Talle brande het ook veroorsaak dat gasbottels in huise en winkels ontplof. “Gasbottels ontplof en dit klink soos Sirië. [Die] kanse dat ons huis staan, is 0, 00001%.”

Volgens berigte het nagenoeg twee skole reeds afgebrand. Gebiede wat onruim is sluit gegoede buurte en informele nedersettings in.

Lees meer op Twitter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

T ·

Dit is verskriklik. Baie sterkte aan al die mense wat geraak word hierdeur. Inwoners sowel as al die mense wat hulp verleen.

Saam is ons sterker ·

Thabazimbi se brandweeren noodhulp spanne wil gaan help maar het geld nodig. Hulle is al reeds gekonrak om tehoor wane hulle sal kan gaan. As daar mense is kan help om geld bytebring sal dit baie help.
Thabazimbi Krisis Beheer
FNB Thabazimbi
Tak kode 260 346
Reknr:62389502743
Verwysing Knysna Ramp
Julle kan ook Henk Havenga kontak by 0836983401

Saam is ons sterker ·

Ons staan tans op R10200. Baie dankie v julle bydrae. Maar ons kort nog heel wat. Al die geld wat oor die doelwit in gesamel word sal gebruik word on die mense tehelp wat als verloor het. Asb mense kom ons helo hulle

francois ·

Verduidelik hoe wil Thabazimbi munisipaliteit help (wat nie geld het nie) wat meer as ‘n 1000 km vanaf Knysna is? wat van George of Oudtshoorn? Dit lyk sommer op die oog af na ‘n “regerings deal”

mynkie ·

Ek het nou op Facebook gesien. Kulula is opsoek na 100 vrywilliges en borg ook vlugte vir hulle en hul toerusting. kontak hulle dalk in hierdie verband om julle mense daar te kry.

sus duda ·

mnr van noordwyk en gesin, ek wens julle sterkte God se genade toe.

Snoefels ·

Ek neem hulle nie kwalik as hulle nie hul huise wil verlaat nie, waarnatoe moet jy nou gaan as dit al plek is waar jy veilig voel ? Buitendien, jy weet nooit wie byt die situasie uit en gaan op n shopping spree deur die ontruimde huise nie

Annalien ·

Snoefels, familie in Knysna het ons reeds vanoggend ingelig omtrent ‘n bakkie wat die ontruimde en half gebrande huise plunder en “kollekteer”.

Mnr P ·

Dit verbaas dit my nie. Ons is immers in Suid Afrika… tog maak dit my baie hartseer

Michael ·

Hoop net die weskaap regering sit dinge in plek om weer so ‘n tragedie te voorkom ek kan my nie indink as s ‘n tragedie my moet tref nie.

alida ·

Michael hoe de duiwel moet die weskaap regering die tragedie voorkom. Dit is die NATUUR wat kom soos hy wil. Wat verstaan jy nie. Die weskaap regering het voor die tyd die waarskuwings uitgereik, skole gesluit en gesorg vir skuiling vir die mense wat geraak word. Liewe hemel tenmiste het hulle dit sien kom en voorsorg getref. 10/10 vir die weskaap regering. Mens kan nie ALLES op die regering plaas nie. Hierdie kom van Bo af.

Elize C ·

Sonja, soos ek verstaan van ‘n dame wat saam my werk, wie se seun ‘n Disaster Fire Fighter in Knysna is, is van die brande veroorsaak deur weerlig (as gevolg van die storm) wat die bome in die woude raak geslaan het, en as gevolg van die droogte wat alles kurk-droog is, het die woude vlam gevat. Die ontsaglike winde jaag nou als aan en maak dit bykans onmoontlik om die brande te probeer inperk, helikopters kan nie opstyg nie, en bote sukkel om uit te gaan op see of die Knysna meer om vasgekeerde mense te probeer evacuate. Sy het 2 minute terug vir my kom sê hulle het so pas eers bevestiging gekry dat haar 2 kleinkinders wat in Knysna op skool was, veilig is. Sy vrou is 75km ver van hom af na ‘n bymekaarkom-plek ge-evacuate vanaf die strand waar sy vasgekeer was. Afgesien daarvan dat hulle nie eers as gesin bymekaar is in hierdie traumatiese tyd nie, weet hulle nie of hulle ooit nog ‘n huis het nie. ‘n Man met ‘n 4×4 is gesien wat verskrikte honde wat in die strate rondloop of vasgekeer is in erwe, in sy bakkie laai om weg te neem na veiligheid. Baie baie sterkte aan almal wat deur hierdie natuur-ramp moet gaan, God se Hand van genade word oor julle gebid, sowel as veiligheid oor al die mense wat hierdie brande probeer bekamp.

CORRIE ·

My vraag ook hoe die brand ontstaan het. Bid dat God sal in gryp.
My hart gaan uit na die mense. Knysna is n pragtige plek. Sterkte aan die inwoners en redingsspanne.

Juan ·

Hulle eerste plan van aksie is om die brand eers onder beheer te kry, en mense se veiligheid te verseker.

Francois Barnard ·

Daar is nie donder weer in 60 + KM wind nie en ja daar is organisasies te blameer van nalatingskap, hou maar die nuus dop.Ons harte is stukkend oor ons vriende in Elandskraal wat dood is. GEEN BRANDSTIGTERS HIER BEROKKE NIE

lenette ·

ek het weer op die nuus gesien dat hulle 5 jong kinders gevang het wat die brande aan die brand gesteek het

Nicolene ·

Ek voel hartseer saam al daai mense, dis so ‘n pragtige deel van ons land. Sterkte aan almal wat hul huise moes ontruim.

m ·

Hierdie is n groot ramp. Sterkte aan die mense en die arme diere in hierdie toestande. Wat het hierdie brande veroorsaak.

William ·

Met al die brande in die land wil ek eintlik dink baie van hulle word opsetlik gestig.
Al die areas waar die welvarende mense bly.
Onthou Hazyview so paar jaar gelede?..
Ons het is Harrismith area dieselfde ervaar met heelwat verlies van lewens.
As die wind waai, gaan jy nie daai brand stop nie.

Rein ·

Kan ons nie dalk saamstaan om die familie van Van Noordwyk te help nie?? Dis vreselik hulle het alles verloor. Dalk is daar moontlikhede vir iets soos n GoFundMe page??

Yolande Castle ·

Rein… ek weet op Pick n Pay se online shopping kan jy donasies stuur. Daar is ook ‘n hulpfonds gestig. As jy facebook het, soek Knysna Fires 7th June.

Alida ·

Daar is baie ander gesinne wat ook hulp nodig het. Die wat kan moet asb skenkings maak in enige vorm. As jy niks oorhet nie is enigiets welkom.

Rein ·

Hoe kan ons skenkings maak na die families? Ek kan nerens informasie daaroor vind nie.

Lizelle ·

Kontak gerus vir Nanette Kotzé – 0839984821 vir verdere inligting.

Jacqueline ·

Knysna Fires 7th June – skakels na alle hulp groepe en fondse is daar te kry. Ons ry more vanaf Morgan Nissan Northcliff met 2 bakkies, ‘n bussie, 2.5m trailer en ‘n 8 ton trok. Skenkings kan na Nissan toe gebring word voor 11:00 asseblief. Enige iets is welkom.

Koos ·

Elize een kant kry vloed ander kant kry brand. Lyk my die genadeis eerder (alweer) woede!

Helen ·

Wat word gedoen vir die wat nou vasgekeer is weens vure buite die dorp? Daar is mense en diere op plase en kleinhoewes naby in Rheenendal en Caratara? Innige simpatie vir almal se verlies, dit is werklik ‘n ramp.

Jean ·

WAT DOEN ZUMA? Moet die president van ‘n land nie dalk ‘n noodroep of ‘n noodtoestand verklaar nie? Nou stoei private organisasies om water en hulp te gaan aanbied? WAAR IS ONS PRESIDENT??

anne ·

Die president is seker besig om sy “firepool” in werkende toestand te hou ingeval ‘n spark dikant toe waai met die stormwind. Hy moet mos paraat wees vir enigiets *(tong in die kies) *

Hannes ·

WATTER PRESIDENT !!!!!!, hy wag seker om te ky wa kan hy gaan steel.

Mosselbaai Inwoner ·

Dis n baie goeie vraag Jean. Dis regtig n baie groot verlies vir die arme mense in Knysna. Kry hulle regtig baie jammer. Hoop regtig Zuma tree in. Die wind is baie erg hier met geen reen nie.

antonie ·

mense moet asb. nie vuur maak buite as die wind so sterk waai Nie. Ek is jammer vir die mense wat alles verloor het, maar ek het ook al gesien dat die veld elders in die land opsetlik aan die brand gesteek word in die winter

Anoniem ·

Zuma kon kontant en ‘n huis oorhandig aan een van die slagoffertjies wat onlangs in Kaapstad vermoor is, se ma.
Hy het self haar familie besoek, hulp aangebied ek is seker hy het nog nie ‘n vinniger gelig om
hulp aan te bied of om die area te besoek nie.

Anoniem ·

Dit is waar wat Wimpie vanoggend op Bokradio gesê het, die media doen nie genoeg om die mense bewus te maak van die Knysna fiasko nie.
Die gemeenskap van Knysna het dringende hulp en ondersteuning nodig!!

Yolandie ·

Dit is vreeslik. Sterkte aan al die families wat hierdeur geraak word ?

Spreuke 3:5 ·

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.

adri du plessis ·

Micheal met water, vuur en wind kan enige iemand hoe voorbereid wees, maar as die natuur oorneem is dit nie in enige mens se hande om voorbereid te wees as jy mooi luister sal jy hoor die kaap se sorm is die ergste in 30 jaar die hele wes kaap is geraak ons het erge wind gehad baie skade en die vure is vereger deur die wind nou se jy vir my as die wind so waai watter venster moet wie en watter voorbereide regering toemaak

Griki ·

Maroela, Johan van Noordwyk se kommentaar op fb kon nog nie plaasgevind het nie. Dis nou eers Donderdagoggend.

Landi Slatter ·

Dagsê Griki,

Dankie vir jou kommentaar. Dankie vir jou valkoog, die berig is reeds gewysig!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Ai ·

Hoe het die brande ontstaan? Weerlig of is mense hande verantwoordelik?

Wens ek was nader, sou graag wou help. Kry almal in daardie omgewing bitter jammer.

Jaco ·

Ag nee! Dis aaklig!!! Daai arme mense en diere! My innige simpatie aan al die mense wat geraak is! :-(

Voorlaaier ·

So pas verneem my niggie se huis totaal afgebrand…..Sy bly maar i maand in Knysna…..Dinge lyk lelik daar mense!!…. Ek dink ni ons besef di erns van di saak ni!

Malan ·

Ons harte breek saam met al die mense daar. Dit moet baie traumaties wees vir mens en dier. As leek wonder ek, kan daar nie “VOORBRANDE” gemaak word op “wind-stil” dae nie?? Baie sterkte en genade en buurmanskap aan julle almal!

OumaLien ·

Sjoe, dis erg. Ek kry die mense wat alles verloor het uit my hart jammer. Ek wonder net hoeveel troetel- en ander diere is haweloos of het verskrik weggehardloop. Is daar iemand of ‘n organisasie wat daarmee help? Wonder maar net…..

OumaLien ·

My hart bloei vir die inwoners wat skade gelei het. Ek wonder of daar mense of ‘n organisasie is wat na die verskrikte en/of beseerde troetel- en ander diere omsien?

Sarie Smit ·

My hart gaan na almal uit in die omgewing wat deur die brande geraak is – mens en dier. Ek het pas ‘n sms ontvang dat dit daar begin reen het – ek vertrou hierdie inligting is waar want ek glo net God kan hierdie brande onder beheer bring.

Petra ·

Ek wonder of William Smith, die wonderlike wiskunde fundi van “a word or two”, die tv program jare gelede en sy gesin veilig is. Sover ek kan onthou woon hulle daar oorkant die Knysnameer en dis dig bebos daar
Petra

dj ·

bestuurder vani bakkie wat voordeel wil trek uit knysna tragedie ek vra jou mooi gaan laai elke item by verplunderde huise AF Dan Hoef jy nie vir die res van jou lewe DTE dink aan wat jy aan hulpelose mense gedoen heti….as jy dalk n gewete het. God slaap nie vir onregverdiheid, glo my .

naomi ·

+27 60 502 2536 help knysna whatsapp groep gestig. Skakel moekie, daar word landswys skenkings en vragte gereel vir kosvoorrade ens. Mag die Here elkeen ryklik seen wat skenkings gee

Siestog de Jager ·

Hi Malan,
Jy bly duidelik nie in ‘n plantasie of bosgebied nie. Jy kan watse voorbrande maak, maar ‘n sterk wind kan ‘n spark maklik 4km ver neersit. As dit so droog is, vat daai spark blitsig vlam in die droee gras. Jy sukkel jou gat af om so vuur onder beheer te bring.

Annwen ·

Weerlig ja..weerskante van die dorp? Wonder net of dit nie aangehelp is nie..maar ons gebede is met die slagoffers wat so baie verloor het. Sterkte en seen.

mp ·

Voorbrande help nie…… veral nie as daar sterk winde is nie.. Des. gesien hoe n veldbrand oor die teerpad spring buite Mosselbaai!

Gerrit ·

Hoekom word die weermag nie uitgestuur soontoe nie? Het ons nog iets soos ‘n weermag?

Letisha van der Vyver ·

Hoe begin n mens, my hart gaan uit na die mense daar, n prag dorp, vriende en familie daar… mens voel so hulpeloos… ek kan net indink hoe hulle voell om te weet hulle kan als verloor.. van die mense het al als verloor… ek dink so aan daardie mense wat al klaar geliefdes verloor het…

Nadine Langley ·

Hello, as most of you are aware, fires have absolutely destroyed the beautiful city of Knysna.
Many people have lost absolutely everything they own and are lucky to have escaped the flames with their lives.

Here is the good news!!
YOU can make a difference!!

Mitchells Brewery and Capital Craft have teamed up to create donation points in Gauteng.

Capital Craft will be accepting any donations during their business hours (10:30am-12:00am) ; tinned food, blankets, clothing, anything you can offer.
The truck will be leaving on Saturday, so please make your donations asap!

I have attached links to Capital Craft so you will have their location and contact info:

http://www.capitalcraft.co.za

Menlo Park:
Capital Craft Beer Academy
Greenlyn Village Centre, SHOP NO. 20 Cnr Thomas Edison & 12TH Street East, Menlo Park, Pretoria, 0102
012 424 8601
https://g.co/kgs/g2Cz5f
https://www.facebook.com/capitalcraftfestival/

Centurion:
Capital Craft
1 Logan Ave, Highveld, Centurion, 0157
012 665 1969
https://g.co/kgs/qvJwbE
https://www.facebook.com/capitalcraftcenturion/

Dieter ·

‘n Miljoen van ons was bymekaar in Bloem fontein en het gebid en volgens 2 Kronieke 7:13 en 14 “As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reen is nie, of as Ek VUUR STUUR OM HULLE BOSSE ENHUISE TE BRAND, en My volk oor wie My Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na My wil en draai terug van hulle bose wee af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land herstel.” Dis tyd dat ons nou terug draai na God en ophou om ander gelowe op gelyke voet met ons Christelike geloof te stel, uit so genaamde korrektheid sodat God ons land kan heel. As ons dit nou werklik doen sal Hy ons sewe voudig terug gee wat van ons geneem is. Draai terug draai terug, God wag vir ons nie net die miljoen nie maar almal. Hy wag vir jou en my. Mag die liefde van die Here Jesus Christus julle almal omvou en ons land herstel. Ek se weer HY WAG.

Tina Buys ·

Kan iemand asseblief laat weet of die pragtige unieke kerkie by Belvidere wel ook afgebrand het?

alida ·

Dit is nou die tyd dat Builders Warehouse en al die groot hardeware winkels begin om boumateriaal te skenk sodat die mense net weer ‘n dak het. Makro en al die groot supermarkte kan gerus ook maar gaan aflewerings doen. Dit mense kort komberse, warm klere en kos. Ek doen ‘n beroep op almal om ‘n kombers of ‘n truitjie vir ‘n kind by PEP te gaan koop en by die punte te gaan aflaai. Vergeet nou maar eers hoe die brand ontstaan het, feit is dit het alles vernietig. Die ondersoekwerk en skadebepalings sal later gedoen word.

Andries Buys ·

Menslik gesproke – skrikwekkend! Ons moet die soewereine God se hand agter Sy vaste raadsplan hier raaksien.
God beskik, God gee en neem, God beproef Sy gelowige kinders, God straf die goddelose … verstaan ons dit aldag? Verseker nie … ons ken nou net ten dele (1 Kor 13:9), eers eendag sal ons alles weet en verstaan (vers 10).
Job is as opregte, vroom, godvresende gelowige ook beproef en hy het baie hartseer beleef en was ook depresief hieroor … maar onthou dié teks uit Job 1: moet agv teespoed niks ongerymds aan God toeskryf nie ((Job 1:22). Moeilik is dit, maar hou vas aan jou geloof al maak God nie nou sin nie (Een van James Dobson se boektitels – lees gerus hierdie boek, gebasseer op Skrifwaarhede).
Ons is ook deur twee inbrake en n botsing in die afgelope 2 maande … ander wil sê dis straf, nee, dis God se werk om ons geloof te toets en te versterk (1 Petrus 1). Daaraan twyfel ek nie.
Sterkte vir almal wat beproef word – glo in God, Sy Seun Jesus Christus het ons reeds verlos – al gaan ons dood, ons hemelse woninge is splinternuut, waar geen brand sal wees nie, hierdie mooi huis berei Jesus Christus vir ons voor.
Ons enigste Troos in lewe EN DOOD is Jesus Christus … dis GENADE … dis ons grootste GESKENK! Bly naby God! Andries Buys

jeanne Hugo ·

Skenk ASSEBLIEF kos vir die arme diere!!! My hart is stukkend….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.