[Foto’s] ‘Koevoet-bende’ in Kaapstad aangekeer

Foto: SAPD Wes-Kaap

Foto: SAPD Wes-Kaap

Vier lede van ʼn vermeende koevoet-huisbraakbende is in Parow in Kaapstad in hegtenis geneem.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ondersoek ingestel na die aktiwiteite van ʼn koevoetbende wat in die noordelike voorstede bedrywig was. “ʼn BMW waarvan die nommerplate gereeld verander is, is uitgeken as ʼn motor wat tydens die misdade gebruik is,” het Van Wyk gesê.

Verskeie polisie-eenhede het Vrydagoggend omstreeks 11:00 reageer op inligting en die motor by ʼn huis in Frans Conradierylaan in Parow opgespoor. “Die polisie het die huis betree en vier mans wou vlug, maar hulle is in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op verskeie gesteelde goedere, insluitend ʼn tweerigtingradio van die polisie, platskermtelevisiestelle, fietse en ʼn groot bedrag kontant.”

Huisbraak-gereedskap, insluitend ʼn koevoet, hamer en handskoene, is in die BMW op die perseel gevind. Vier persone, onderskeidelik 27, 37, 41 en 42 jaar oud is in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte wat verband hou met huisbraak, het Van Wyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elisabeth ·

Hoe is dit moontlik dat ADT hulle beskerm? Was die huis gehuur om ‘n eiendom van een van die moontlike diewe?

Sidney ·

Aan wie behoort die huis? Het die regmatige eienaars geweet of vermoede gehad van hul bedrywe? Ek huur net uit aan huurders wie salaristrekkers is. Wie is die huurders? Hoe het hul hul huur betaal? ADT aan wie behoort die huis? Wie het ADT betaal? Dit is die vrae wat speurders moontlik sal vra. Hulle snuffel elke greintjie inligting uit, moontlik lei dit tot inhegtenisname van ander sindikate.. Mense hou goeie moed… “Remember – Crime does not pay.” Alle skelms se dae is getel.

KarenG ·

Doempie, daar is ‘n ADT bordjie aan die voorkant van die huis.

André ·

Dis snaaks dat misdadigers wat gevang word, nie herken wil word op fotos nie. Dis soos duiternis wat die lig vrees.

André Kruger ·

Die huis is waarskynlik n huurhuis, en ADT het niks daarmee te doen nie. Daar is baie mense wat voorheen by ADT was en steeds die borde op hul huise het…dis n probleem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.