Foto’s: Koop Jhb-huis vir R92 miljoen, kry ʼn Rolls-Royce

Gatsby (Foto: Chas Everitt)

ʼn Huis in Houghton, Johannesburg, is in die mark vir R92 miljoen – en ʼn Rolls-Royce is by die prys ingesluit.

Die huis, bekend as Gatsby, word deur Chas Everitt-eiendomsagente verkoop en die Rolls-Royce word ingesluit as die huis bó die vasgestelde reserweprys verkoop word.

Gatsby is ontwerp en gebou deur die wêreldbekroonde Pellerade Design Group en sou oorspronklik as ʼn “privaat hotel” dien vir Afrika-koninklikes. “Die huis het dus ʼn rits weelderige ontvangslokale en ʼn luukse privaat nagklub, tesame met sy eie spa, biblioteek, gimnasium, konferensiefasiliteite, verhitte binnenshuise swembad en oefenswembad buite,” lui die bemarkingsdokument van die eiendomsagent.

Die 2 000 m² huis is op vier vlakke gebou met groot vensters om seker te maak jy kry die beste panoramiese uitsig. Die huis het agt slaapkamers en suite, luukse afwerking en ʼn internasionale versameling van seldsame kunswerke. Die huis het 11 badkamers, ses motorhuise, ses parkeerplekke, 1 woonstel en blyplek vir ʼn huishulp op die 4 196 m² erf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Deloris ·

Al het Ek die geld…. Nee dankie hou verby
… Niemand kan tuis wees of voel daar nie!

Pim ·

Ek hou glad nie van die binnekant van die huis nie. Dis so ‘over the top’. Die tuine en uitsig is al wat regtig mooi is, maar jy kan dit ook kry vir baie minder.

Wanda ·

Werelds…….ek maak my skatte in die hemel bymekaar, dit ks net geloof

Bambi ·

Skenk die huis vir dwelmverslaafdes rehab en straatmense!! Eks naar as ek sulke weelde sien en 90% mense leef in haaglikste omstandighede!!!

Carina ·

O nee genade, dis heeltemal oordoen. Lyk of die huidige eienaar net te hard probeer “impress”. Genade, een slaapkamer is groter as my hele huis! Die enigste mooi goed hier is die buite swembad, uitsig en die motor. Die res kan julle maar hou.

Annie ·

Sal die huis vat maar die kunswerke sal ek verkoop (glad nie my smaak) en ja ek weet die Rolls Royce is veronderstel om ‘n status simbool te wees maar ek sal hul tegemoet kom.. gee liewers vir my ‘n BMW of ‘n lekker 4×4 waar al my kinders se skooltasse en als lekker kan inkom…

johan ·

Jammer die huis is nie in Pretoria nie sou hom onmidelik koop,hou maar die kar en die meubels lyk n bietjie so so sou nuwe meubels ook moes kry

daleen ·

Ag wat, gee die huis maar vir mal ema hy kan dit maar verniet kry

Trompie ·

Ek vat eerder daai geld en bele dit oorsee, want een van die dae sal daai mooi ou huis nie meer soveel werd wees nie.

Lollie ·

Al wat daardie plek kan bekostig is een van SA se ministers of Eskom se hoof of selfs die slim man wat homself help met die Lotto geld.
Dink net as jy in daardie kasarm van ń plek bly en jy moet van punt A na punt B loop met ń kers of ń flits. Eskom gaan hom nie voorkeur gee nie. Dink in elk geval net die instandhouding gaan jou ń miljoen ń maand kos. Nee dankie vir my!

ELMARIE ·

Seker jy kan solar en generator bekostig as jy 92miljoen op n plek spandeer ????

Frans ·

Met grondeiening gaan dié huis dalk nie lank in die nuwe eienaar se besit wees nie. Die regering gaan dié huis óók wíl besit, máár eers nádat dit deur iemand anders gekoop is.

Ingrid ·

Hoekom verkoop die eienaar????
Wat sal die ERF BELASTING beloop?
O genade NEE!!!!

Bees ·

Dit is smaakvol, net baie overpriced. Was eers vir R120 000 000.00 in die mark. Lyk my hulle raak desperaat.

Mischka ·

Tienie, ek stem saam. Wie stof af en was die vloere. Wonder hoe lyk die kombuis?

Gee maar vir my! ·

Ek sal die kar vir jou vat, gee glad nie om om my medemens uit te help in ‘n moeilike situasie nie.

Ruby ·

Nie vir my nie dankie, ‘n wit gekalkte vissersman huisie in Wes Kaap is wat ek begeer.

Jessica ·

Ah no thank you i have this kind of money i rather waste it on traveling the world, this is a museum not a house, old fashion and over done, car is brokken anyway that’s way they include it in the house, to much work to clean and maintain it, leave it empty just the way it is, no normal person with a clear mind state will buy it. Not even to talk about all the domestic’s you’ll need to tidy up and do the day by day cleaning, i love my comfortable home i have, and no stress to have on the daily basis to clean up or fix anything in the property inside and outside with maintaining the garden to, far too much. Let the owner keep it 100% he still owes so much money to the bank anyway on this stupid house his trying to make a huge profit on, donated it and convert it to a children’s home.

Neusie ini lug ·

My tipe huisie ek sal net die klavier se bankie met ‘n wit een vervang …. ha ha ha

NET EK ·

Sal n hele maand vat om skoon te maak dan begin die volgende maar en weer skoonmaak …. wanneer gaan ek rus? uhm nee dankie ….

Gatsby ·

1. Vir daardie prys moet al die meubels ook ingesluit word;
2. die AGENT wat daardie huis verkoop, se kommissie gaan so groot wees, hy/sy sal nooit weer hoef te werk nie.

VanAfrika ·

Nee wat, ek dink van julle is bietjie huigelaars oor die huis. Daar is niemand wat kan nee sê vir so n prag van n huis nie. As die Liewe Heer my seën met so iets sal ek nie nee sê nie, maar dan moet die waardie van die huis my bankrekening counter sodat ek die leefstyl kan handhaaf.☺ Man dit kan net lekker wees om in die oggend in so n huis wakker te word.
Maar bygesê, as ek R92 mil het koop ek eerder vir elkeen van my susters en broer n huis met daardie geld of ek koop n land vir ons Afrikaners sodat ons soontoe kan trek en in vrede kan lewe. Dit sal dan “money well spend” wees.

Anni ·

Ai Ai, ek sit en beleef myself in di huis. Sal net van Al daai aaklike beelde ontslae raak, plus di Matte in kamer, glad en Al te lig na my smaak. Ook ni Mal oor skilderye ni. Is lekker om te droom

Paleis ·

Asemrowend maar is dit regtig nodig en onderhoud sal ‘n fortuin kos. Met hoeveel “werkers” wat heeldag opgepas moet word. Sal werk vir gastehuis.

liefie ·

Met ‘n bietjie van jou eie smaak kan mens die plek lekker maak. Ek al enige tyd daar bly. Die Rolls kan hulle hou. My Sandero ploeter nog voort.

Willi ·

Net een woord, “belaglik” as ek soveel geld gehad het was ek lankal landuit met my geld. Wie wil nou ooit in hiedie land bele met sy duister en onseker toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.