[Foto’s] Krejcir se luukse eiendomme onder die hamer

Krejcir se luukse huis in Bedfordview. Foto: michaeljames.co.za

Krejcir se luukse huis in Bedfordview. Foto: michaeljames.co.za

Radovan Krejcir se luukse multimiljoenrandse eiendomme gaan opgeveil word.

Die Tsjeggiese voortvlugtige se eiendomme sal op 28 November opgeveil word terwyl hy steeds agter tralies is in die Zonderwater-gevangenis.

’n Bewaringsbevel is uitgereik vir Krejcir se berugte vierverdiepinghuis in Kloofweg in Bedfordview en sy grasdakhuis op die oewer van die Vaalrivier. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in Mei verlede jaar die bevel in die hooggeregshof in Pretoria bekom teen Groep 2 Beleggings en 15 ander respondente wat glo met Krejcir verbind word.

Die bevel het verseker dat Krejcir se bates, sowel as sy vrou s’n en verskeie saketrusts en -entiteite onder kuratorskap geplaas word. Die SAID het aangevoer dat Krejcir Groep 2 Beleggings gebruik het om die luukse eiendomme te koop en dat die maatskappy bloot ʼn front was om twyfelagtige transaksies aan te gaan.

Daar word ook beweer dat Krejcir nie sy inkomste volledig verklaar het nie en ʼn netwerk van maatskappye gebruik het om nie inkomstebelasting te betaal nie. – Met vergunning van The Times vir TMG Digital

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

MM ·

Hoe is jy ‘n voortvlutige as jy in die tronk is Maroela Media.
Waarheen vlug hy nou .>>>>> van die een selk na ldie ander?

Sune van Heerden ·

Dagsê MM

Soos aangedui in die berig is Radovan Krejcir ‘n “Tsjeggiese voortvlugtige”. Hy het, kort nadat hy in Junie 2005 in Tsjeggië in hegtenis geneem is, ontsnap en uit die land gevlug. Hy het dus nie sy vonnis in Tsjeggië uitgedien nie en Suid-Afrika het in 2007 sy versoek om uitlewering afgekeur. Ek hoop dit klaar die onduidelikheid op.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Martin ·

MM, miskien moes jy die vorige berigte gelees het. Die storie is al ‘n paar jaar aan die gang.
Versoning Maroela. Party ouens vat maar lank.

Reinhardt Hoffmann ·

Sjoe, ek kan net aan die “dodgy” (tog lekker) partytjies dink wat in DAAI huis aangegaan het ..
;-)

Eish! ·

Ai toggie, gee vir ons tog asb mooi foto’s van die huise. Sal seker die naaste wees aan so iets as wat ek kan kom.

Anoniem ·

Ek kan nou sien hoekom het die kaders hom nie gedeporteer nie sodat hulle sy eiendomme kan konfiskeer en baie geld maak uit die deal. Ironie van die saak is dat die een skelm vat van die ander. Indien hy betyds gedeporteer was sou baie lewens gespaar gewees het. Wins vir banana republiek en verlies vir familie van vermoordes.

Manie ·

Haha ha jy vat die woorde so uit my mond uit. Wat het geword van integriteit tussen rowers!!!

Griki ·

Wat op aarde maak ‘n mens met so ‘n kasarm van ‘n huis?

pop ·

Gee maar vir my so kasarm en ek wys jou wat doen mens met hom. Jy geniet en geniet en geniet!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.