[Foto’s] Krejcir steek glo wapen in oefenmasjien weg

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die departement van korrektiewe dienste het Maandag bevestig dat hy ʼn ontsnappingspoging van die Tsjeggiese sakeman, Radovan Krejcir en twee ander gevangenes, gefnuik het.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement, het gesê die drie het uit die Zonderwater-gevangenis in Cullinan buite Pretoria probeer ontsnap. Wolela het gesê die departement stel ondersoek in of enige beamptes by die ontsnappingspoging betrokke was.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Volgens Wolela is ʼn klopjag Saterdag op verskeie selle in die gevangenis gedoen en beslag is gelê op selfone, ʼn mes, skokapparate en uniforms van die departement, sowel as ʼn vuurwapen en ammunisie.

Lt.genl. Solomon Makgale, nasionale polisiewoordvoerder, het intussen gesê luukse voertuie het reeds gereed gestaan om Krejcir na ʼn helikopter te neem waarmee hy sou landuit vlug. Volgens Makgale is beslag gelê op ‘n 9mm-pistool, wat glo aan iemand behoort het wat reeds in 1999 oorlede is.

Makgale het gesê die vuurwapen en vier selfone was in ʼn oefenmasjien versteek. Volgens hom is ook op ʼn skroewedraaier beslag gelê wat gebruik is om die oefenmasjien uitmekaar te haal en die wapen te versteek. Makgale het gesê vier selfone is ook in die oefenmasjien versteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

HEVW ·

Hierdie man is n gebore misdadiger. Hy moet permanent, dag en nag in boeie wees. Tog heel duidelik in die binnekring is daar medepligdes.

Francois ·

Ek wonder net of die mense in die karre ook gearrester is

Winston ·

Wonder nie oor die soort goed nie. Dis SA
Die soort krimineel moet proffessioneel hanteer word, maar hy het ook menseregte wat bekangriker is. Shame

Hennie ·

‘n Mens hoor dikwels dat daar soveel bendes in die tronke is en dat hulle soveel beheer buite die tronke uitvoer. Wie regeer nou eintlik die land, politici of tronk bendes? Hier het ons ‘n voorbeeld daarvan dat enigiets in die tronk bekom kan word, is dit werklik so moeilik om dit te bekamp of het ons maar weereens te doen met ‘n onwilligheid en mense met ‘n onvermoeë wat in sleutel posisies aangestel is? Of is die mense in sleutel posisies deel van die bendes?

Gironki ·

Ongelukkig speel menslike gierigheid (beamptes wat omgekoop kan word) en die aanloklikheid van groot somme omkoopgeld ‘n groot rol in korrupsie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Hiedie man is baie gevaarlik dit wys jou net tot wat hy instaat is ons gaan nog baie van hom hoor . Ek hoop regtig waar ons owerhede is opgewasse om hom intoom te hou

Martin ·

Hierdie ouens beter hoop hy vind nie uit wie het gepraat nie.

Christo ·

Heel moontlik is daar n beamte oorgesien vir betaaling van omkoopgeld en het op sy manier wraak geneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.