Foto’s: Krewe kruip uit die see

Krewe by Elandsbaai tydens die rooigety (Februarie 2015) Foto: @KeitMash op Twitter.

Krewe by Elandsbaai tydens die rooigety (Februarie 2015) Foto: @KeitMash op Twitter.

Ongeveer ʼn halfton kreef het uit die see by Elandsbaai noord van Kaapstad uit die see gekruip, het Eyewitness News Saterdag berig.

“Die krewe het uitgekruip weens ʼn daling in die suurstofvlakke,” het Lionel Adendorf, woordvoerder van die departement van visserye in die Wes-Kaap, aan EWN gesê. Dit is nie duidelik of die krewe Vrydag of Saterdag uit die see gekom het nie.

EWN het berig die daling in suurstofvlakke word veroorsaak deur ʼn rooigety wat sowat 80 km ver langs die Weskus strek. Rooigety ontstaan wanneer alge, wat natuurlik voorkom, buite beheer begin blom en dan gifstowwe afskei wat dodelik is vir visse en ander mariene diere. Die reuklose chemikalieë kan respiratoriese nood, soos hoes en hyging, in mense aanwakker.

Adendorf het gesê owerhede versamel die oorlewende krewe en plaas hulle in water wat nie hierdeur geraak word nie. Hy het gesê die rooigety duur dalk voort tot Mei.

Lees alle vorige berigte oor die rooigety op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JZ ·

Ja dit is apartheid se skuld, apartheid moes nooit die Anc met die Besigheid vertrou het nie,hulle kan nie eens die Anc self reg bestuur nie,nog te nimmer vir Eskom.

jz ·

Jammer die antwoord hoort by “man sterf as gevolg van beurtkrag”

John ·

As hierdie krewe weet wat ek weet sal hulle nooit uitgeloop het nie.

Pierre Celliers ·

Arme goed! probeer lewe deur die see te verlaat, dan kom die mens, en
sit hulle kamstig in skoon water, net om geld uit hulle te maak. Behoort na die Rooi gety weer terug see toe, maar ons weet dit gaan nie gebeur nie!

Majoos ·

So jammer om te hoor van die man wat nog so jonk was (DIT IS JONK!) en agv beurtkrag moes sterf…….ja wat se mens ne-hulle beheer als en ons sit magteloos en wees die prooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.