Foto’s: Kroningspark: Wit plakkers na ashoop geskuif

Munsieville. Foto: Gustav le Roux / Kingdom Welfare Projects.

Munsieville. Foto: Gustav le Roux / Kingdom Welfare Projects.

Die verskuiwing van nagenoeg 150 gesinne van die Kroningspark informele nedersetting na Munsieville in Krugersdorp is glo tydelik gestaak nadat bevind is dat hul nuwe tuiste glo onhigiënies, gevaarlik en nie geskik vir menslike bewoning is nie.

Die Mogale City-munisipaliteit het reeds ʼn hofbevel bekom om die inwoners te skuif en beplan om Kroningspark in ʼn multimiljoenrandse vakansieoord te omskep.

Amanda de Lange, raadslid van die Vryheidsfront Plus in Mogale City, het aan Maroela Media gesê die hofbevel bepaal dat die eerste groep inwoners van 1 November verskuif kon word en die tweede groep, gesinne met skoolkinders, teen middel Desember.

Die Rooimiere het verlede Woensdag begin om inwoners uit die park te verwyder en teen Maandag is nagenoeg 30 gesinne na Munsieville geskuif.

De Lange het egter gou ʼn stokkie daarvoor gesteek. “Die terrein waarop die hervestiging plaasvind, was ʼn ou vullishoop wat bloot gelyk geskraap is. Uit die gemors in die grond, wat duidelik nie gekompakteer is nie, blyk dit dat die gebied nie voldoende gerehabiliteer is nie. Daar is ook baie glasstukke wat ʼn gevaar vir die inwoners inhou,” het sy gesê.

“Strukture wat opgerig is, is lamlendig. Huise het min vensters en die dakke en mure het sulke groot gapings dat ʼn mens daardeur kan kruip. Die dakke is boonop met toue vasgebind omdat dit kort na oprigting begin afwaai het. Sinkplate is van so ʼn lae gehalte dat dit selfs skeur in die wind.”

De Lange het vroeër vandeesweek ʼn skrywe aan die munisipaliteit gerig waarin sy meld dat die omstandighede onhigiënies, gevaarlik en nie vir menslike bewoning geskik is nie, en dat dit teenstrydig is met die hofbevel. Sedertdien is daar nog nie weer enige gesinne verskuif nie.

“Ek weet egter nie of dit amptelik gestaak is totdat die omstandighede verbeter is nie, want ek het niks op skrif nie. Ek kry nie terugvoer van die munisipaliteit af nie,” het De Lange bygevoeg.

Sy het gesê die inwoners verwag nie voorkeurbehandeling nie en beveg ook nie die hofbevel nie. “Hierdie toestande is egter glad nie bevorderlik vir enige mens nie en ons vra net dat die mense na ʼn leefbare gebied geskuif moet word.”

Maroela het navraag by Mogale City gedoen en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Estelle ·

Dit is absoluut onmenslik om te glo dat blanke mense daar moet bly! kyk vandag bietjie hoe lyk swart plakkerkampe! Breek mens se hart!

Nina ·

Sjoe…persoonlik vind ek dit onmenslik dat ENIGE een so moet bly. Die plakkerskampe hier om ons lyk maar dieselfde en in die winter loop die piepklein Gr 1’tjies sonder enige skoene of warm truie skool toe. :(

elsie gunter ·

Dis so hartseer. Dit gee mens koue rillings. Die mense is nie diere nie. Ons laat nie eers ons diere so leef nie. Hierdie mense het n slegte hou van die lewe gekry en omstandighede dwing hul om so te leef

Fires ·

Geen mens mag in sulke haglike omstandighede leef nie, ons land en sy standaarde is besig om met rasse skrede agteruit te gaan. Mens moet iets kan doen om te help!

Iemand ·

Dis baie hartseer dat enige iemand so moet leef, en die ergste vir my is dat die regering, die mense wie dié mense en soveel ander mense se lewens moet verbeter, hul self verryk en in kastele en spog huise bly, en elke maand meer geld kry as wat hul weet om daarmee te doen. Pleks die regering en mense in power ‘n bietjie van hul salarise toedien aan die stryd teen armoede, baie van hulle kan bietjie doen sonder die Mc Donalds elke aand. Dié behuising, soos by baie ander staats behuising, is nie op standaard nie, en soos dit vir my lyk is dié nog erger as die behuising wat ander in ander plekke van die land kry.

(het een van Malema se maatskapye die kontrak gekry om die ‘huise’ op te sit?)

Bibi ·

Daar is ‘n manier wat ons kan help, daar is reeds baie mense wat al klaar ‘n bydrae gemaak het om die nuwe ‘plakkerskamp’ meer leefbaar te maak.

Baie dankie aan almal wat reeds bygedra het tot die Kleinvallei projek. Ons het reeds R2100 in ons Mobipaid-rekening ontvang, R4800 in ons PayPal rekening en R37 750 is in die Boervrouliga se bankrekening inbetaal. Ek waardeer dit opreg!

Jy kan meer lees oor Kleinvallei op ons webwerf by http://www.kleinvallei.co.za

Indien jy wil bydra kan jy dit op een van die 3 maniere doen:

1. Kliek op die Mobipaid skakel om R50 met enige Master of Visa Kaart te skenk vanaf jou sllimfoon of rekenaar.

2. Besoek die Boervrouliga se webwerf by http://www.boervrouliga.co.za en kliek op die “Donate” skakel onderaand die blad vir PayPal.

3. Betaal jou donasie via EFT of kontant in die Boervrouliga se bankrekening:

FNB Tjekrekening – 62379723995
Takkode vir Woodlands Boulevard – 230732
Swift Kode vir buitelandse oorplasings – FIRNZAJJ
Verwysing – Kleinvallei

alet ·

Daar is so baie ryk mense waarom kan daar nie van hulle hul hande en harte oop maak en grond bekom om die mense te help ,nie As ek geld gehad het sou ek dit vir hulle doen,almal se net kyk die arme blanke mense.As daar nog mense is wat omgee help hulle asb

riaan ·

Hoekom word daat nì ook vir die wittes Rdp huise gebou ni. Ons is mos nou gelyk hukm kan net swartes inlyn staan vir sulke huisies

snip ·

hoekom word da na amanda de lange verwys as net de lange. ek ken amanda baie goed. sy is n ware dame en staan op vir dit waarin sy glo.

Drieks ·

Waar is die rykstes van ons mede burgers????????
Besig om die ANC koffers te vul,,, Wens ek kon hul name hier neerskryf.

HEVW ·

Die harde realiteit is die regering beskou die blanke as n uitfaseringsfaktor. Die stryd het nou eers maar begin. n Omdraai is bykans onmoontlik. So ons weet wat is ons enigste TOEVLUG.

Japie Smit ·

Ek sien absoluut niks verkeerd met Sunette Bridges se siening; “Boeregeld vir boeremense nie!”. Dit is geensins rassisties om jou eie mense te wil help nie. Hoeveel van ons skenkings in die land bereik ooit wit mense. Ek kan jou belowe bitter min. Die meeste gaan na swart gemeenskappe. Ek skat soveel as 90% en meer. Hoekom word sy nou gekruisig. Ten minste doen sy iets. Ek haal my hoed af vir haar. Jy wat so vinger wys; “Wat doen jy?

Jannie Petzer ·

dankie tog vir die VF+. Sonder hulle hulp en bystand sou wie weet wat met die plakkers gebeur het. Die DA was natuurlik hul hande in onskuld wanneer dit kom by hulp en bystand aan Afrikaners. ’n Mens kan dan ook ’n beroep doen en sê Stem beslis VF+.

Robi. ·

Ek kannie hierdie so lekker verstaan kry nie. Al die gemurmereerdery, en dit oor WAT? My eerste vraag so wees, hoekom plak hulle? As hulle nie gelukkig hieromtred is nie.

Hotwire ·

Robi hulle is mense met geen keuses nie, sonder hoop en met niks geld nie.

Hotwire ·

Die regering MOET vir hulle ook hophuisies bou met gratis krag en water.

Tony Cronje ·

My dear brothers and sisters. Is it not a shame that people should live like this. My biggest prayer is that God may open a door that I may start farming with vegetables to produce vegetable seeds that can be distributed free to needy communities that they may grow their own food. I wonder what God thinks when He looks down and sees people turn a blind eye on the needy. What Would Jesus Do. How many people wear that band on their arm but do not do what Jesus would do.

Blessings

Sollie ·

Tony – admiration for you. Don’t sit and wait – DO. Jesus slept in the open veld and not in the best places to show that He walked amongst the poor. Try to make your place as much of a home as you can. As jy eers in is, is dit steeds beter as ‘n tent, probeer self regmaak waar jy kan en WYS almal ons Afrikaners kry jy nie onder nie.

Adele Kruger ·

This particular camp is not interested in growing their own food, been there done that. I do agree however, that the living conditions in Munsieville leaves a lot to be desired! Not all the squatters are going to Munsieville though – there seems to be two or three alternative destinations of which one is a place organised by Sunette Bridges. Poverty is never as straight forward as supplying food and shelter, it is far more complex. Making the assumption that all people in squatter camps are desperate and malcontent is a serious mistake. There are, in fact, many of them that prefer their current situation to actually working for a living. Keeping in mind that they “earn” an average of between R172 and R500 a day, over and above the many donations to the camp by the kindhearted, it should be no surprise that to actually work for an income holds no appeal.

Sollie ·

Yep, Adele, absolutely true. I still say these are better than tents, just need a bit of fixing and it’s much drier inside. Just use the hadn at the end of your arm and make it liveable yourself and show some PRIDE. Moenie net altyd hulp vra, probeer tog iets self doen! WHY so many kids? Weet hul nou nog nie geboortebekering is gratis beskikbaar nie?

Estelle ·

So baie mense het so baie om te se maar so min help! Venecia voed die kamp al jare lank een keer n maand met lekker warm gekookte en voedame kos en elke maand is dit n gesukkel om genoeg fondse in te samel. Meeste van die tyd kom die geld uit haar eie sak!

Estelle ·

So baie mense het so baie om te se maar so min help! Venecia voed die kamp al jare lank een keer n maand met lekker warm gekookte en voedame kos en elke maand is dit n gesukkel om genoeg fondse in te samel. Meeste van die tyd kom die geld uit haar eie sak!

Karlie ·

Mense ons kerk is betrokke by die groep my mond het oopgehang toe ek sien hoe die mense nie hulle lewens standaarde wil verbeter nie alles wat vir hulle gegee word soos kos , klere en meubels word verkoop vir drank volgens hulle is dit die ryk mense wat na hulle moet omsien hulle stel in geenwerk belang nie ons kerk het nou na jare se werk onttrek weens hulle houdig.

Sollie ·

Karlie – 100%. Party mense kan mens jammer kry maar ongelukkig nie almal nie. Party WIL sleg wees – of hul wit swart of watter kleur ookal is! Ons het die klomp ookal gehelp en dis ‘n feit dat heelwat mense gesien het wat word van hul donasies – so, jammer, nie weer nie. Daar is ander organisasies wat regtig hulp nodig het en so dankbaar is vir elke liewe ding.

Venecia ·

Ek gee die kamp een Keer n maand kos van domasies en vriende en familie dit is n skande dat mense so Moet leef niks elektrisiteit en die kinders Lui daaronder n skande vir die 6 jr wat ek help het niks verander Daar niks nie

Venecia ·

Ek gee die kamp een Keer n maand kos van domasies en vriende en familie dit is n skande dat mense so Moet leef niks elektrisiteit en die kinders Lui daaronder n skande vir die 6 jr wat ek help het niks verander Daar niks nie

Venecia ·

Ek help uit by die kamp vir 6 jaar niks het verander Daar dit is n skande been elektrisiteit niks mense lewe u. Hoglike omstandighede.
Wie suffer die kinders war nie Gevra het om Daar te wees n skande maar die bietjie wat ek doen sal ek aan hou doen met die hulp van vriende en familie

Venecia ·

Ek help uit by die kamp vir 6 jaar niks het verander Daar dit is n skande been elektrisiteit niks mense lewe u. Hoglike omstandighede.
Wie suffer die kinders war nie Gevra het om Daar te wees n skande maar die bietjie wat ek doen sal ek aan hou doen met die hulp van vriende en familie

fanie ·

Is vir my snaak daar word 1000 ne RDP huise elke jaar gebou maar ongelukkig is dit nou nie vir ons blankes nie . Wonder waar kom rasisme nou in ???

louise ·

My simpatie met ons blankes in die haglike omstandighede waarin hul, hul bevind. Ons moet in gedagte hou dat alle mense nie dieselfde ‘dink’ vermoe’ het, Van die kamp bewoners kon vroee’r in verskillende Staats departement werk, daar was duisende van hul as bodes, kruiers ens. Van ons mees geletterde mense sukkel om werk te kry!! Hierdie mense is totaal gestroop van menswaardheid, self respek, hoop, n toekoms!!! Dis te verstane dat daar n vergryp aan drank is…gevoel van hulpeloosheid, hopeloosheid, NIE meer omgee….hul ploeter voort in hul eie menslike veragting….Dit is n siele reis wat baie nie kan, wil of sal verstaan…n Pyn wat jou menswees totaal op vreet en niks maak meer saak nie!!! My empatie aan elkeen van hul….Dis ons mense…PUNT Shalom ~L

Anoniem ·

Iets het in het in hulle lewe gebeur wat hulle daar gekry het. Kom ons doen ‘n beroep op ons miljoeners wat ontwikkelaars is om hier te help. Daar is definitief baie van hulle. Dit hoef hulle
nie miljoene te kos om net hierdie mense beter huisies en badkamer geriewe te gee nie.
Daar is baie rassisme as dit by die RDP huisies kom.

cecilia ·

Ek was vanoggend daar en het gehuil toe ek tuis kom. So bou Zuma sy Kandla museum is daar nie nog van sy boumateriaal oor dan help ons die blankes met die Munsieville museum ek is seker hy sal nie met sy 12 vroue in so n Shack woon nie. My hart is seer en voel gebreek vir die mense daar ek voel geen Afrikaner ongeag ras of kleur kan so bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.