Foto’s: Krugermunte tydens plaasaanval gebuit

Een van die vertrekke in David en Ina Naude se huis wat op 26 Maart 2015 deur die aanvallers geplunder is Foto: Die Spoorsnyers, Facebook

Een van die vertrekke in David en Ina Naude se huis wat op 26 Maart 2015 deur die aanvallers geplunder is Foto: Die Spoorsnyers, Facebook

Vyf verdagtes het onder andere glo Krugermunte gebuit toe David Naude (62) en sy vrou Ina (62) Donderdagaand op hul plaas Tobias Zynloop in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangeval is.

“Die verdagtes het omstreeks 23:30 by die huis ingebreek terwyl die egpaar geslaap het,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, Saterdag aan Maroela Media gesê. “Die verdagtes het glo die egpaar met ʼn mes en ʼn koevoet gedreig.”

Volgens Otto het die verdagtes geld geëis en die egpaar met ʼn elektriese kabel vasgebind en in die badkamer toegesluit. “Die egpaar is ook met ʼn ysterstaaf aangerand. Hulle het nie ernstige beserings opgedoen nie,” het sy bygevoeg.

Otto het gesê die verdagtes het die huis geplunder en ongeveer R1 000 kontant, ʼn televisiestel, twee selfone, juwele, ʼn .38 Special-rewolwer en Krugermunte ter waarde van R30 000 gebuit. Sy het gesê David is ʼn muntversamelaar.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Otto bygevoeg.

Die Spoorsnyers, ʼn groep vrywilligers wat die polisie bystaan en hul plaaslike gemeenskap ondersteun, het op Facebook gesê Ina kon ʼn skêr in die badkamer in die hande kry om hulself te bevry. Sy het daarna glo die veiligheidshek in die gang met ʼn byl oopgekap waarna hulle na die polisie kon gaan om hulp te kry.

Volgens die Spoorsnyers het die aanvallers toegang tot die huis verkry deur die voordeur en veiligheidshek met die koevoet oop te dwing. Die sleutel van die veiligheidshek in die gang het aan ʼn hakie in die muur gehang en die verdagtes het ʼn lang stok en draad gebruik om dit af te haak en die hek oop te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jan ·

Gaan seker die Krugermunte by ” scrapmetal dealer” verkoop !

HEVW ·

Gelukkig nie gemoor nie. Het net n koevoet en n mes gehad, maar nou het hulle n . 38 special rewower en nou gaan die poppe dans. MENSE KAN JUL DAN VERDOMP NIE HOORRRRRR NIE. Maak tog ook n beter plan met die sleutels van die veiligheidshek in die gang. En wat van n alarmstesel om jul uit die slaap uit wakker te ruk.

Asjas ·

Die sleutels in die gang is ‘n aanduiding dat hierdie ‘n inside job was. Hoe het hulle geweet om stok en draad saam te bring? Dis nie dat mense nie wil hoor nie, maar ons leef in sulke tronke deesdae dat as jy skielik uit jou huis moet kom kan jy nie want die sleutels is so weggesteek dat jy dit self nie kan kry nie en wanneer jy die sleutels het moet jy ses slotte en tien hekke oop sluit! Ons kan nie eers meer deure of veiligheids hekke ooplos wanneer jy kuiermense het nie, hulle is so arogant, hulle stap net in.

Dave ·

heehahee.. ‘rewower’ klink om een of ander rede heel van pas. :-)

CHRISTA ·

Ons regering, polisiedienste en regstelsel moet begin wakker word. Mense gaan nie meer al hierdie misdaad verdra nie. Hulle gaan begin om reg in eie hand te neem, want die mense wat wet en orde moet handhaaf DOEN dit nie. Misdadigers het meer regte en voorregte in ons land as hulle slagoffers!!!

Dave ·

Maroela.. Maroela.. Maroela.. lees jul self… Die ‘verdagtes’ hèt ondermeer krugermunte gebuit (nie na bewering nie maar hulle het dit wel gedoen…. Is hulle steeds net ‘verdagtes’ as hulle alles dit gedoen het? Dit is logies dat julle julself moet beskerm vir in case dit more ontmasker word as ‘n ontydige April Fool grappie maar… ag ek dink julle is net so gefrustreerd daarmee as die lesers. (en nòu het hulle nog ‘n rewower ook!) :-)

Sune van Heerden ·

Dagsê Dave

Dankie, ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dave ·

Haai Sunè, dit was grappig gesè..:-) Wysiging was nie werklik nodig. Het bloot gewys op die oordrewe versigtigheid wat ons almal moet toepas en hoe dit gelees word. Julle is steeds ons almal se gunsteling koerant.

CHRISTA ·

Dave daar is so ‘n skrikwekkende tekort aan onderwysers. Wil jy nie aansoek doen nie? OF IS JY ALREEDS IN DIE POS AANGESTEL? Hahaha!!!

Dave ·

Christa, ek hoop jy het dit met dieselfde glimlag gesê as diè waarmee my kommentaar gedoen is.. :-)

Cindy ·

As jy so iets doen dan dink Ek jy is die selfsugtige mens op aarde dink glad nie aan sy medemens nie.. Sommer net vark al het jy aan depressie gely kon jy iemand daaroor ge praat het.. As die waar is wat hulle sê hy wou self moord pleeg is hy Absolute vark my mening.

Mariana v T ·

Ek probeer nog verstaan hoekom mense veiligheids hekke in gange insit, waarnatoe hardloop hul as inbrekers duskant die hek inkom. Sleutels, selfone en rewolwers voel ek moet onder jou kussing of matras wees waar jy spoedige toegang tot dit het. Rewolwers en ammunisie in kluise verstaan ek ook nie, hoekom hou mense dit aan as hul dit toesluit saans. Ek sou voorstel mens sit sekuriteits lig in j gang met beweging sensor en n ogie wat alarm laat afgaan, dan kan inbreker hom vasloop in skielike ligte en lawaai dink hy sal dan 2 keer dink voor hy voortgaan. Want dan is sy tyd beperk.

franklin ·

Die sleutels in gang die Kruger munte .38 rewolwer. Dis n persoon na aan familie. Dat niemand niks hoor nie. Verstommend 23:30.

Mariana v T ·

Ai ai Afrikaners wat baklei op sosiale media kan jul oor niks saam stem ons moet saam staan nie kerm oor nietighede soos spelfoute en artikels wat ons self wil “edit” nie. Lees die artikel en lewer kommentaar dis al. Die oormeerderheid inwoners in SA stem nie altyd met mekaar saam nie maar as een van hul n “brainwave” kry staan hul almal saam ongeag hul menigs dis hoekom ons minderheid altyd aan die verloor kant is. Soek oplossings vriende nie interne snedige bytery nie. Ai ai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.