[Foto’s] Kylie hou pa Joost se naam hoog

Kylie van der Westhuizen op haar perd. Foto: Via Facebook

Kylie van der Westhuizen op haar perd. Foto: Via Facebook

ʼn Dag nadat die land tydens ʼn hartroerende gedenkdiens op Loftus Versfeld afskeid geneem het van die Springboklegende Joost van der Westhuizen, het sy dogter Saterdag sy naam op die sportveld hoog gehou.

Amor Vittone, ma van Joost se twee kinders, Jordan (13) en Kylie (10), het Saterdag op haar Facebook-blad gesê Kylie het aan die eerste ronde van ʼn interskole kwalifiserende perdespring-kompetisie deelgeneem en “vir haar pa gery”.

“Sy het vierde gekom in die 90 cm-spoed-klas. Ek het trane van blydskap, my engel, baie geluk,” het Amor gesê en foto’s van Kylie op haar perd gedeel.

Joost is in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte (MNS), gediagnoseer. Hy is Maandag in die ouderdom van 45 jaar oorlede.

Amor het Vrydag tydens die gedenkdiens ʼn emosionele huldeblyk gelewer.

Sy het gesê Joost het die afgelope sewe jaar hard baklei. “Ek glo hy het so hard baklei vir sy kinders. Hy wou so lank moontlik leef. Hy het vir hulle liefde gegee. Hy was so opgewonde oor Jordan se geboorte.” Sy het aan Jordan gesê hy was net oud genoeg om aan sport deel te neem toe sy pa siek geword het.

“Hy het jou egter soveel meer gegee wat binne jou sal voortleef. Jou dryfkrag, sensitiwiteit en leierskap het jy alles by hom gekry en moet dit nooit vergeet nie.” Amor het ook vir Kylie ʼn boodskap gehad. “Jy was jou pa se klein prinses en hy was gek oor jou. Jou goedhartigheid, stil natuur, dapperheid en aansteeklike lag het van jou pa af gekom en mag jy dit nooit vergeet nie.”

Sy het onder meer gesê sy, die kinders en Joost het mekaar byna daagliks gesien. “Ek sal nie ontken dat ek bang is nie. Die groot taak lê nou vir my voor om ons kinders alleen groot te maak. Ons is steeds geskok, ons is hartseer en ons rou. Ons het geweet die dag kom, maar jy kan nie voorberei nie. Hy is nou vry van die siekte en van sy lyf.”

Buiten Amor en sy kinders, laat hy sy pa, Gustav‚ ma, Mariana, en broers, Pieter en Gustav, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

humor ·

Sioux oor een ding is ek bly en dit is jou ssort is gelukkig in die minderheid.

Marlene ·

Liefde en voorspoed vir julle, Amor. Dit gaan nie maklik wees nie. ??

Ann ·

Trots op Kylie!! Hullewas oneindig lief vir hulle pa, en dis vir my wonderlik dat hulle Joost se naam hoog hou. Doen so voort!! Julle mag jul pa onthou!!!

CQ ·

Sioux… jy weet hierdie mense gaan soek nie publisiteit nie…. Dir is die Media wat die aasvoels is!
En jy is nog meer gemeen!

Estelle ·

Sioux dit is nie mooi om so sarkasties te wees nie. Die kinders is deur n moeilike tyd dus gun hul asseblief nou geluk en vrede. Dit moes baie moed gekos het vir Kylie om so gou na Joost se afsterwe aan n kompetisie deel te neem maar sy het dit spesiaal gedoen uit liefde vir haar pappa. Kylie jy is pragtig en jou pappa sou baie trots op jou wees. Bou voort op wat pappa en mamma jul gegee en geleer het. Ek dink aan jul almal en jul is in my gebede.

Justice ·

Maroela het goedgunstelik Sioux se ongepaste kommentaar verwyder – dankie daarvoor.

Amanda ·

Pragtig Kylie die lewe gaan aan my pop glo my jou pappa is baie trots op jou en jou mamma is ń yster vrou wat altyd daar sal wees vir jou en Jordan Liewe Jesus laat dinge met ń doel gebeur maak jou ouers altyd trots.

S ·

Baie geluk Kylie en ons weet dat jou pappa n trotse engel daar Bo is op sy klein prinses. Ons weet dit moes n moeilike dag gewees het vir jou en die familie maar met jou trots en familie se ondersteuning weet ons jy sal nog hoe hoogtes nog bereik. Hou so aan en wens jou alle sukses toe met jou perdry. Amo en Jordan en familie vir jul se ek sterkte en onthou Ons Hemelse Vader sal julle beskerm en troos deur die hartseer en moeilike tye. ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.