Minstens agt persone is Donderdag dood en nege beseer in ʼn ongeluk tussen ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor in KwaZulu-Natal.
Volgens Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat, het die ongeluk op die R612 tussen Bulwer en Donnybrook plaasgevind. “Dit is nog te vroeg om presies te kan sê wat gebeur het,” het sy gesê.
Robert McKenzie, woordvoerder vir die provinsiale nooddienste, is twee van die beseerde pasiënte in ʼn kritieke toestand, en sewe is in ʼn ernstige toestand. “Die voorste gedeelte van die minibustaxi se dak het oopgeskeur,” het hy verduidelik.
Verskeie paramedici van verskeie ambulansdienste het reageer.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, is ʼn baba een van die sterfgevalle.
Die polisie stel ondersoek in.
Bulwer is ongeveer 60 km wes van Pietermaritzburg.
Daar gaan nie ‘n dag verby dat daar nie ‘n Taxi betrokke is in groot ongelukke met hoe lewens verliese! Dit is so jammer die Taxi drywers kan nie vas gevat word nie!
Ek sekondeer! Daar sal baie lewens gespaar word as hierdie taxibestuurders vasgevat word; hulle bestuur aspris en doelbewus gevaarlik wat tot groot padwoede en baie sterftes lei!
Ek wil nie ‘n uitspraak maak nie voordat al die feite nie bekend is nie. Die padgedrag van die taxie-bestuurders kan toeskryf word aan geldgierigheid. Meeste van die kere deur hulle base aangeblaas.